duimnael|Hokkiewedstryd by die Pretoriakampus Die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) is 'n tersiêre opleidingsinstansie wat in Tshwane geleë is. TUT het in 2003 ontstaan nadat drie groot technikons saamgesmelt het, naamlik: Technikon Noord-Gauteng, Technikon Noord-Wes en Technikon Pretoria.

Kampusinligting Daar is meer as ses kampusse onder die naam Tshwane-Universiteit vir Tegnologie. Arcadia-kampus Kunste (Arts)-Kampus Ga-Rankuwa-kampus Nelspruit-kampus Pretoria-kampus (vroeër Technikon Pretoria) Polokwane-kampus Soshanguve-kampus (vroeër Technikon Noord-Gauteng (TNG) Witbank-kampus https://www.tut.ac.za/

Die universiteit bestaan uit die volgende sewe fakulteite:

Bestuurswetenskappe (Sluit in die TUT Besigheidsskool) Kuns en Ontwerp Ekonomie en Finansies Ingenieurswese en die Beboude Omgewing Geestesweetenskappe Inligting en Kommunikasie Tegnologie Wetenskap

Visie Om die leidende hoër onderwys-instelling met 'n entrepreneuriese etos te wees wat kennis en tegnologie bevorder, en professionele loopbaan-opvoeding van 'n internasionale standaard bied, wat relevant is vir die behoeftes en aspirasies van Suid-Afrika se mense.

Bekende alumni Arnold Vosloo, akteur. Dikgang Moseneke, voormalige Adjunkhoofregter en regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. Elzabé Zietsman, sangeres en aktrise. Izak Davel, akteur, sanger, danser en model. Lutho John, akteur en TV-aanbieder. Moloto Mothapo, woordvoerder van die ANC. Nianel, sangeres, skrywer en motiveringsspreker. Peter Magubane, fotograaf. Robert McBride, voormalige hoof van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit se verkeerspolisie. Steve Hofmeyr, sanger, akteur en skrywer. Tanya van Graan, model en aktrise. Ton Vosloo, nie-uitvoerende voorsitter van Naspers. Tsepo Ramosebi, hoof van inligtingstegnologie aan die presidensie. Wimpie van der Merwe, skrywer en rolprentregisseur. Zelda la Grange, voormalige privaatsekretaresse van Nelson Mandela.

Sien ook Tshwane Pretoria

Verwysings

Eksterne skakels

Tshwane-Universiteit vir Tegnologie Aangaande die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie, TUT

Kategorie:Geboue en strukture in Pretoria Kategorie:Suid-Afrikaanse universiteite