duimnael|links|320px|Die gebou van die Paarlse NG gemeente (die Strooidakkerk) is die oudste NG kerkgebou wat steeds in gebruik is. Die gemeente is die derde oudste.
duimnael|160px|Ds. T.J. Herold, leraar van 1823 tot 1831, die elfde leraar. duimnael|160px|DS. G.W.A. van der Lingen, leraar van 1831 - '69, twaalfde leraar. duimnael|160px|Ds. P.G.J. Meiring, leraar van 1907 tot 1921. duimnael|regs|160px|Ds. J.F. Mentz, leraar van 1931 tot 1947, waarna Hennenman. duimnael|160px|regs|Dr. J.L. de Villiers was medeleraar van 1950 tot 1956. Hy was later jare lektor aan die Kweekskool op Stellenbosch. duimnael|regs|160px|Ds. J.A. Hurter, leraar van 1970 tot 1973. Hy het van 1947 tot sy aftrede op 31 Julie 1988 agt gemeentes bearbei, buiten Piet Retief en Oos-Londen heel aan die begin van sy loopbaan, almal in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland. duimnael|regs|160px|Dr. Ernst van der Walt was medeleraar van die gemeente van 1973 tot 1978.
Die NG gemeente Paarl is die derde oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Die gemeente het vroeër as Drakenstein bekend gestaan en staan ook soms as Strooidakkerk bekend na aanleiding van sy kerkgebou.
Die gemeente se ontstaan is 'n voortvloeisel van die koms van die Franse Hugenote na Suid-Afrika in 1688. Hulle het aanvanklik geressorteer onder die NG gemeente Stellenbosch, maar in 1691 is hulle tot 'n afsonderlike gemeente, destyds Drakenstein, gevorm.
Die eerste plek van samekoms was iewers in die buurt van Simondium geleë in 'n geboutjie van hout en klei wat sommige beskryf het as 'n "vuile hokje" of "'n gevaarte". Hier het ds. Pierre Simond, wat saam met die Hugenote Kaap toe gekom het, in keurige Frans gepreek, tot hy in April 1702 sy laaste preek aan die Kaap gehou en na Europa teruggekeer het.
Onder leiding van ds. Petrus van Aken is in 1717 tot die oprigting van 'n behoorlike kerkgebou oorgegaan, gedeeltelik met behulp van 'n legaat van die bekende Henning Huising. Dit het waarskynlik aan die noordekant van die teenswoordige kerkgebou, waar die graf van ds. R.N. Alting (predikant van 1784 tot 1800) is, gestaan. In 1805 is die huidige kerkgebou in ou Kaaps-Hollandse styl opgetrek, wat vandag nog as die Strooidakkerk bekend staan en die oudste kerkgebou in Suid-Afrika is wat steeds as sodanig gebruik word.
Die Pinksterbidure, wat vandag 'n gebruik in die hele NG Kerk is, het ontstaan uit 'n gebedsweek tussen Hemelvaartdag en Pinkstersondag in 1861.
Enkele leraars Pierre Simond, 1691 - 1702 (terug na Europa) Petrus van Aken, 1714 - 19 Desember 1724 (oorlede in die amp) Lambertus Slicher, 1725 - 2 Junie 1730 (oorlede in die amp) Salomon van Echten, 1738 - 7 Januarie 1753 (terug na Holland) Petrus van der Spuy, 1753 - 1781 (emeriteer; oorlede in 1809) Robert Nicolaas Aling, 1784 - 24 April 1800 (oorlede in die amp) Petrus Johannes van der Spuy, 1806 - Maart 1807 (oorlede in die amp) Jean Guillaume Louis Gebhardt, 1810 - 12 Oktober 1825 (oorlede in die amp) Gottlieb Wilhelm Anthonie van der Lingen, 1831 - 7 November 1869 (oorlede in die amp) Gilles van de Wall, 1870 - 1874 en 1875 - 1895 (emeriteer; oorlede op 2 Januarie 1896) Pieter Gerhardus Jacobus Meiring, 1907 - 1921, toe leraar van die Kerkbode David Frederik van der Merwe, 1918 - 1941 (waarna eerste leraar van Paarl-Vallei tot Maart 1951) Daniel Gerhardus Malan, 1921 - 1931 (waarna hoogleraar aan die Kweekskool) Joachim Frederik Mentz, 1931 - 1947 Frederik Daniel Jacobus Brand, 1946 - ? Hendrik Daniel Alphonso du Toit, 1948 - ? Jan Lodewyk de Villiers, 1950 - 1956 Tobias Johannes de Clerq, 1956 - 1962 Dawid Willem de Villiers, 1953 - 1960 Siebie Sieberhagen, 9 September 1960 - 1964 Willem Johannes Louw, 6 Desember 1963 - 23 November 1969 Schutz Marais, 25 Julie 1964 - 1988 Johannes Albertus Hurter, 1970 - 1973 Dr. Ernst van der Walt, 1973 - 1978
Bronne Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika