Konstantyn I (Latyn: Flavius Valerius Constantinus; Grieks: Κωνσταντῖνος, Konstantinos; 27 Februarie omstreeks 272 - 22 Mei 337), ook bekend as Konstantyn die Grote, was van 306 tot 337 n.C. keiser van die Romeinse Ryk en die eerste een wat die Christelike geloof aangeneem het. Hy is in Naissus, Dacia Mediterranea (nou Niš, Serwië) gebore as die seun van Flavius Constantius, 'n Romeinse weermagoffisier van Illiriese oorsprong wat een van die vier heersers van die Tetrargie was. Sy ma, Helena, was 'n Griek en Christen van 'n lae status.

Konstantyn het met lof onder die Romeinse keisers Diocletianus en Galerius gedien. Hy het sy loopbaan begin deur veldtogte in die oostelike provinsies te voer teen barbare en Perse, voordat hy in 305 n.C. na die weste herroep is om saam met sy pa in Britannia te veg. Ná sy pa se dood in 306 het Konstantyn keiser geword. Hy is deur sy leër goedgekeur en het eindelik as oorwinnaar uit die stryd getree in burgeroorloë teen die keisers Maxentius en Licinius. Hy het in 324 die alleenheerser geword.

Ná sy troonbestyging as keiser het Konstantyn verskeie hervormings ingestel om die ryk te versterk. Hy het die regering herstruktureer deur die burgerlike en militêre owerhede te skei. Om inflasie hok te slaan het hy die solidus, 'n nuwe goue muntstuk, ingestel wat vir meer as duisend jaar die standaard vir Bisantynse en Europese geldeenhede geword het. Die Romeinse weermag is herorganiseer om uit mobiele eenhede (comitatenses) en garnisoentroepe (limitanei) te bestaan, en so is interne bedreigings sowel as barbaarse invalle teengestaan. Konstantyn het geslaagde veldtogte gevoer teen die Romeinse grensstamme soos die Franke, Alemanne, Gote en Sarmate en het gebiede wat deur sy voorgangers geïgnoreer is, met burgers met 'n Romeinse kultuur hervestig.

Konstantyn was die eerste Romeinse keiser wat hom tot die Christendom bekeer het. Hoewel hy 'n groot deel van sy lewe as 'n heiden gelewe het, het hy die Christendom in 312 begin verkies en eindelik 'n Christen geword. Hy het 'n invloedryke rol gespeel in die uitvaardiging van die Edik van Milaan in 313, wat verdraagsaamheid teenoor die Christendom in die Romeinse Ryk voorgestaan het. Hy het die Eerste Konsilie van Nicea in 325 byeengeroep wat die verklaring van die Christelike geloof bekend as die geloofsbelydenis van Nicea tot gevolg gehad het.

Die Heilige Grafkerk is in opdrag van hom gebou op die beweerde terrein van Jesus se graf in Jerusalem. Dit is beskou as die heiligste plek in die hele Christendom. Hoewel sommige geleerdes sy geloofsoortuigings en selfs sy begrip van die Christendom bevraagteken, word hy in die Oosterse Christendom as 'n heilige vereer en het hy baie gedoen om die Christendom deel van die hoofstroom- Romeinse kultuur te maak.

Die tydperk van Konstantyn het 'n besonderse epog in die geskiedenis van die Romeinse Ryk gemerk, asook 'n deurslaggewende oomblik in die oorgang van die klassieke antieke tyd na die Middeleeue.Gregory, A History of Byzantium, 49. Hy het 'n nuwe keiserlike woning in die stad Bisantium laat bou en dit herdoop tot Konstantinopel, na homself (nou Istanboel). Dit het daarna vir langer as duisend jaar die hoofstad van die ryk geword (moderne historici verwys na die latere Oos-Romeinse Ryk as die Bisantynse Ryk). Sy onmiddelliker politieke nalatenskap was dat hy die tetrargie vervang het met die de facto-beginsel van dinastiese opvolging deur die ryk aan sy seuns en ander lede van die Konstantynse dinastie na te laat. Sy reputasie het floreer tydens die leeftyd van sy kinders en vir eeue ná sy bewind. Die Middeleeuse kerk het hom beskou as 'n toonbeeld van kuisheid, terwyl wêreldse leiers gedink het hy was 'n simbool van keiserlike legitimiteit en identiteit.Van Dam, Remembering Constantine at the Milvian Bridge, 30.

Van die Renaissance af was daar kritieser beskouings van sy bewind vanweë die herontdekking van anti-Konstantynse bronne. Die neiging in moderne geskiedenis is 'n poging om die uiterstes van vorige sienings te balanseer.

Vroeë lewe thumb|220px|links|Oorblyfsels van die luuksepaleis wat Konstantyn naby sy geboortedorp, Naissus, laat bou het.

Konstantyn is op 27 Februarie, moontlik omstreeks 272 n.C., gebore op die dorp Naissus (vandag Niš in Serwië), wat deel was van die provinsie Dardania van Moesia.Barnes, Constantine and Eusebius, 3, 39–42; Elliott, Christianity of Constantine, 17; Odahl, 15; Pohlsander, "Constantine I"; Southern, 169, 341. Sy vader was Flavius Constantius. Sy familie het waarskynlik die naam "Flavius" aangeneem nadat hulle burgerskap van een van die Flaviese keisers gekry het, want dit was algemeen vir "nuwe Romeine" om die naam van hulle voormalige meesters aan te neem. Sy oorspronklike volle naam, of dié van sy vader, is onbekend.

Konstantyn het waarskynlik min tyd deurgebring saam met sy vader,fMacMullen, Constantine, 21. wat 'n offisier in die Romeinse weermag was. Constantius is beskryf as 'n verdraagsame en polities bedrewe man,Panegyrici Latini 8(5), 9(4); Lactantius, De Mortibus Persecutorum 8.7; Eusebius, Vita Constantini 1.13.3; Barnes, Constantine and Eusebius, 13, 290. en hy het deur die range gevorder totdat hy in 284 of 285 die goewerneurskap van Dalmatia van keiser Diocletianus gekry het.Barnes, Constantine and Eusebius, 3; Lenski, "Reign of Constantine" (CC), 59–60; Odahl, 16–17.

Konstantyn se moeder was Helena, 'n Griekse vrou van 'n lae stand van Helenopolis van Bitinië.Drijvers, J.W. Helena Augusta: The Mother of Constantine the Great and the Legend of Her finding the True Cross (Leiden, 1991) 9, 15–17. Dit is onbekend of sy wettig met Constantius getroud of bloot sy houvrou was.Barnes, Constantine and Eusebius, 3; Barnes, New Empire, 39–40; Elliott, Christianity of Constantine, 17; Lenski, "Reign of Constantine" (CC), 59, 83; Odahl, 16; Pohlsander, Emperor Constantine, 14. Hy het hoofsaaklik Latyn gepraat en met sy openbare toesprake het hy Griekse vertalers nodig gehad.

In Julie 285 het Diocletianus Maximianus tot medekeiser verklaar. Elke keiser sou sy eie hof en miltêre en administratiewe afdelings hê en elk sou regeer met 'n aparte pretoriaanse prefek as hoofluitenant.Barnes, Constantine and Eusebius, pp. 8–14; Corcoran, "Before Constantine" (CC), 41–54; Odahl, 46–50; Treadgold, 14–15. Maximianus het in die weste regeer en Diocletianus in die ooste. Die verdeling is bloot pragmaties genoem; amptelik was die ryk "onverdeelbaar",Bowman, p. 70; Potter, 283; Williams, 49, 65. en albei keisers kon vryelik deur die ryk beweeg.Potter, 283; Williams, 49, 65. In 288 het Maximianus vir Constantius as sy pretoriaanse prefek in Gallië aangestel. Constantius het Helena verlaat en in 288 of 289 met Maximianus se stiefdogter, Theodora, getrou.Barnes, Constantine and Eusebius, 3; Elliott, Christianity of Constantine, 20; Lenski, "Reign of Constantine" (CC), 59–60; Odahl, 47, 299; Pohlsander, Emperor Constantine, 14.

Diocletianus het die ryk in 293 weer verdeel en twee caesars aangestel om oor verdere onderverdelings van oos en wes te regeer. Elkeen sou ondergeskik aan sy augustus wees, maar met algehele gesag oor sy grondgebied regeer. Die stelsel sou later die Tetrargie genoem word.

Diocletianus se eerste aanstelling as caesar was Constantius; sy tweede aanstelling was Galerius, 'n boorling van Felix Romuliana. Volgens Lactantius was Galerius 'n wrede, dierlike man. Hoewel hy soos die Romeinse aristokrasie 'n heiden was, was hy vir hulle vreemd en hafbarbaars.Lactantius, De Mortibus Persecutorum 7.1; Barnes, Constantine and Eusebius, 13, 290. Op 1 Maart is Constantius aangestel as caesar en na Gallië gestuur om teen die rebelle Carausius en Allectus te veg.Barnes, Constantine and Eusebius, 3, 8; Corcoran, "Before Constantine" (CC), 40–41; Elliott, Christianity of Constantine, 20; Odahl, 46–47; Pohlsander, Emperor Constantine, 8–9, 14; Treadgold, 17.

Toe sy pa die posisie kry, het Konstantyn die vernaamste kandidaat geword om hom op te volg. Hy is na die hof van Diocletianus, waar hy sy pa se regmatige opvolger was.Barnes, Constantine and Eusebius, 3; Lenski, "Reign of Constantine" (CC), 59–60; Odahl, 56–57.

In die ooste Konstantyn het 'n formele opvoeding aan Diocletianus se hof ontvang. Hy het onder meer Latynse letterkunde, Grieks en filosofie bestudeer.Barnes, Constantine and Eusebius, 73–74; Lenski, "Reign of Constantine" (CC), 60; Odahl, 72, 301. Die kultuuromgewing in Nicomedia was oop, vloeibaar en sosiaal mobiel; Konstantyn kon met beide heidense en Christelike intellektuele meng. Hy het dalk die klasse bygewoon van Lactantius, 'n Christelike kenner van Latyn in die stad.Barnes, Constantine and Eusebius, 47, 73–74; Fowden, "Between Pagans and Christians," 175–76. Omdat Diocletianus Konstantyn nie heeltemal vertrou het nie (nie een van die lede van die Tetrargie het hulle kollegas heeltemal vertrou nie) was Konstantyn 'n soort gyselaar om goeie gedrag deur Constantius te verseker. Tog was Konstantyn 'n prominente lid van die hof: Hy het in Asië vir Diocletianus en Galerius geveg en in 'n verskeidenheid tribunale gedien; hy het in 296 veldtogte teen die barbare aan die Donau gevoer en in 297 in Sirië onder Diocletianus teen die Perse geveg, sowel as in 298-299 onder Galerius in Mesopotamië.Constantine, Oratio ad Sanctorum Coetum, 16.2; Elliott, Christianity of Constantine., 29–30; Lenski, "Reign of Constantine" (CC), 60; Odahl, 72–73.

Teen laat 305 het hy 'n tribuun (verteenwoordiger) van die eerste orde geword, 'n tribunus ordinis primi.Elliott, Christianity of Constantine, 29; Lenski, "Reign of Constantine" (CC), 61; Odahl, 72–74, 306; Pohlsander, Emperor Constantine, 15. Contra: J. Moreau, Lactance: "De la mort des persécuteurs", Sources Chrétiennes 39 (1954): 313; Barnes, Constantine and Eusebius, 297.

thumb|links|180px|'n Kopbeeld van keiser Galerius. Konstantyn het teen die lente van 303 van die oosfront na Nicomedia teruggekeer, net betyds om die begin van Diocletianus se vervolging van Christene te aanskou, die ergste een in die Romeinse geskiedenis.Constantine, Oratio ad Sanctorum Coetum 25; Elliott, Christianity of Constantine, 30; Odahl, 73. Laat in 302 het Diocletianus en Galerius 'n boodskapper na die orakel van Apollo by Didyma gestuur met 'n navraag oor Christene.Lactantius, De Mortibus Persecutorum 10.6–11; Barnes, Constantine and Eusebius, 21; Elliott, Christianity of Constantine, 35–36; MacMullen, Constantine, 24; Odahl, 67; Potter, 338. Konstantyn het later onthou hy was in die paleis teenwoordig toe die boodskapper terugkeer en Diocletianus sy hof se eise vir algemene vervolging aanvaar.Eusebius, Vita Constantini 2.49–52; Barnes, Constantine and Eusebius, 21; Odahl, 67, 73, 304; Potter, 338. Op 23 Februarie 303 het Diocletianus opdrag gegee dat Nicomedia se nuwe kerk verwoes, sy geskrifte verbrand en beslag op sy skatte gelê word. In die daaropvolgende maande is kerke en geskrifte verwoes, Christene amptelike range ontneem en priesters gevange geneem.Barnes, Constantine and Eusebius, 22–25; MacMullen, Constantine, 24–30; Odahl, 67–69; Potter, 337.

Dit is onwaarskynlik dat Konstantyn self aan enige vervolging deelgeneem het.MacMullen, Constantine, 24–25. In sy latere geskrifte het hy hom probeer voordoen as gekant teen Diocletianus se "moorddadige edikte" teen die "aanbidders van God",Oratio ad Sanctorum Coetum 25; Odahl, 73. maar niks dui daarop dat hy dit destyds daadwerklik teengestaan het nie.Drake, "The Impact of Constantine on Christianity" (CC), 126; Elliott, "Constantine's Conversion," 425–26. Hoewel geen Christen van sy tyd Konstantyn uitgevra het oor sy gebrek aan optrede tydens die vervolgings nie, het dit regdeur sy lewe 'n politieke aanspreeklikheid gebly.Drake, "The Impact of Constantine on Christianity" (CC), 126.