Septimius Severus (Lucius Septimius Severus Augustus;In die Klassieke Latynse inskrifte is Severus se naam weergegee as LVCIVS SEPTIMIVS SEVERVS AVGVSTVS. 11 April 146 – 4 Februarie 211), ook bekend as Severus, was Romeinse keiser van 193 tot 211 n.C.. Severus is gebore in Leptis Magna in die provinsie Africa. As 'n jong man het hy deur die gebruiklike opeenvolging van benoemings opgang gemaak tydens die bewinde van Marcus Aurelius en Commodus. Severus het 'n magsgreep uitgevoer kort na die dood van Keiser Pertinax in 193 n.C., tydens die jaar van die vyf keisers. Ná die afsetting en om die lewe bring van die destydse keiser Didius Julianus, het Severus 'n stryd gevoer teen wedywerende aanspraakmakers, die generaals Pescennius Niger en Clodius Albinus. Niger is in 194 n.C. verslaan met die Slag van Issus in Cilicië.Birley (2000), p. 113 Later daardie jaar het Severus 'n kort strafkampanje gevoer oorkant die oostelike front, waardeur die Koninkryk van Osroene as 'n nuwe provinsie geannekseer is.Birley (2000), p. 115 Severus het Albinus drie jaar later verslaan met die Slag van Lugdunum in Gallië.Birley (2000), p. 125

Ná konsolidasie van sy bewind oor die westelike provinsies, het Severus 'n verdere kortstondige en meer suksesvolle veldtog in die ooste teen die Partherryk gevoer, en hul hoofstad Ctesiphon in 197 n.C. geplunder, wat die ryk se oosfront tot aan die Tigris uitgebrei het.Birley (2000), p. 130 Daarbenewens het hy die Limes Arabicus in Arabia Petraea vergroot en gefortifiseer.Birley (2000), p. 134 In 202 n.C. het hy 'n veldtog in Africa en Mauretanië gevoer teen die Garamantes. Hul hoofstad Garama is verower en die Limes Tripolitanus is langs die suidelike front van die ryk uitgebrei.Birley (2000), p. 153 Laat in sy bewind het hy na Britannia gereis, die Hadriaanse muur versterk en die Antoninemuur herbeset. In 208 n.C. het hy die verowering van Caledonië (moderne Skotland) van stapel gestuur, maar hierdie oogmerk is verydel toe hy laat in 210 n.C. noodlottig siek word.Birley (2000), p. 170 – 187 Severus is vroeg in 211 te Eboracum oorlede,Birley (2000), p. 187 en is opgevolg deur sy seuns Caracalla en Geta. Met die opvolging van sy seuns, het Severus die stigter van die Severiese dinastie geword, die laaste dinastie van die ryk voor die krisis van die derde eeu.

Sien ook Lys van Romeinse keisers

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Septimius Severus

Kategorie:Geboortes in 146 Kategorie:Mense in die 2de eeu Kategorie:Mense in die 3de eeu Kategorie:Romeinse keisers Kategorie:Sterftes in 211