Kemal AtatürkIdentiteitskaart 1934 (tot 1934: Mustafa Kemal Pasha, Ottomaanse Turks: مصطفى كمال پاشا, Turks: Mustafa Kemal Paşa; 1881 – 10 November 1938) was ’n Turkse weermagoffisier, revolusionêre staatsman en stigter en eerste president van die Republiek van Turkye. Hy het later die bynaam Atatürk, "Vader van die Turke", gekry.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Mustafa Kemal het bekend geword as ’n uiters bekwame militêre offisier deur die enigste onoorwonne Ottomaanse aanvoerder te wees tydens die Eerste Wêreldoorlog.Zürcher, Turkey : a modern history, 142 Ná die neerlaag van die Ottomaanse Ryk het hy die Turkse nasionale beweging in die Turkse Onafhanklikheidsoorlog gelei. Hy het die magte van die Geallieerdes verslaan en dit het gelei tot die bevryding van die land en die stigting van Turkye. Tydens sy bewind het hy ’n program van politieke, ekonomiese en kulturele hervormings deurgevoer. Hy het die voormalige Ottomaanse Ryk in ’n moderne, demokratiese en sekulêre staat verander. Vroue het byvoorbeeld stemreg gekry, en Arabiese skrif is deur die Romeinse alfabet vervang.

Vroeë lewe Atatürk is in die winter of lente van 1881 as Mustafa gebore in 'n Turkse Yörük-familieFalih Rıfkı Atay, Çankaya: Atatürk'ün doğumundan ölümüne kadar, İstanbul: Betaş, 1984, p. 17.Vamik D. Volkan & Norman Itzkowitz, Ölümsüz Atatürk (Immortal Atatürk), Bağlam Yayınları, 1998, , p. 37, dipnote no. 6 (Atay, 1980, s. 17)Şevket Süreyya Aydemir, Tek Adam: Mustafa Kemal, Birinci Cilt (1st vol.): 1881–1919, 14th ed., Remzi Kitabevi, 1997, , p. 31.Cunbur, Müjgân. Türk dünyası edebiyatçıları ansiklopedisi, 2. cilt (2004), Atatürk Kültür Merkezi Başkanlığı: "Babası Ali Rıza Efendi (doğ. 1839), annesi Zübeyde Hanımdır, baba dedesi Hafız Ahmet Efendi, 14–15. yy.da Anadolu'dan göç ederek Makedonya'ya yerleşen Kocacık Yörüklerindendir."Kartal, Numan. Atatürk ve Kocacık Türkleri (2002), T.C. Kültür Bakanlığı: "Aile Selânik'e Manastır ilinin Debrei Bâlâ sancağına bağlı Kocacık bucağından gelmişti. Ali Rıza Efendi'nin doğum yeri olan Kocacık bucağı halkı da Anadolu'dan gitme ve tamamıyla Türk, Müslüman Oğuzların Türkmen boylarındandırlar."Dinamo, Hasan İzzettin. Kutsal isyan: Millî Kurtuluş Savaşı'nın gerçek hikâyesi, 2. cilt (1986), Tekin Yayınevi.Mustafa Kemal Atatürk – memorial museum in village Kodzadzik in Municipality Centar Zupa in Thessaloniki (toe bekend as Saloniki, Turkse uitspraak: Selanik) in die Masedoniese streek van die Ottomaanse Ryk. Sy tweede naam, Kemal (wat "volmaaktheid" of "volwassenheid" beteken), is deur sy wiskunde-onderwyser aan hom gegee uit erkenning van sy akademiese prestasies. In sy vroeë jare het sy ma, ’n toegewyse Moslem, hom aangemoedig om ’n godsdienstige skool by te woon. Dit was teen sy sin en hy het nie lank gebly nie. Later het sy pa hom na die Şemsi Efendi- private skool gestuur. In 1896 het Mustafa by ’n militêre hoërskool in die Ottomaanse stad Manastır (die huidige Bitola in Macedonië) ingeskryf. In 1899 het hy by die Oorlogskollege in Istanboel ingeskryf, waar hy in 1902 gegradueer het. Op 11 Januarie 1905 het hy aan die Oorlogsakademie gegradueer.

Militêre loopbaan Ná sy graduering het hy luitenant en later kaptein geword. In 1908 het hy ’n rol gespeel in die Jong-Turke-revolusie wat die mag van Abdülhamid II oorgeneem het. Nadat hy in ’n paar oorloë geveg het, is hy in 1913 aangestel as militêre attaché in Sofia en in 1914 bevorder tot Luitenant-Kolonel.

duimnael|links|200px|Mustafa Kemal in Gallipoli saam met sy soldate, 1915 In 1914, in die Eerste Wêreldoorlog, het hy tydens die Slag van Gallipoli die voorste aanvoerder geword deur korrek te skat waar die Geallieerdes sou aanval en sy posisie te verdedig tot hulle terugtrek. Daarna het hy in Edirne gedien tot in Januarie 1916. Hy is toe na die Kaukasus gestuur, waar hy dapper teen die Russe geveg het tot met die uitbreek van die Russiese Rewolusie in 1917.

Op 13 November 1918 het Mustafa Kemal teruggekeer na ’n beleërde Konstantinopel (hedendaagse Istanboel), die Ottomaanse hoofstad. Britse, Italiaanse, Franse en Griekse magte het begin om Anatolië te beset met die doel om die Ottomaanse Ryk te verdeel. Die beleg van Konstantinopel en İzmir het gelei tot die stigting van die Turkse nasionale beweging en die uitbreek van die Turkse Oorlog vir Onafhanklikheid.

Onafhanklikheidsoorlog duimnael|links||200px|President Kemal Atatürk Mustafa Kemal het ’n weerstandsbeweging op die been gebring teen die okkuperende magte. Op 8 Julie het hy uit die Ottomaanse weermag bedank. Hy het ’n beroep gedoen dat ’n nuwe Turkse parlement verkies word met sy setel in Ankara.Ahmad, The Making of Modern Turkey, 50 In Februarie 1920 het die Britse magte die Ottomaanse parlement ontbind. Kemal het die geleentheid gebruik om die Groot Nasionale Vergadering (GNV) uit te roep. Op 23 April 1920 het die GNV geopen met Kemal as speaker. Op 10 Augustus 1920 het die Ottomaanse grootvisier Damat Ferid Pasha die Verdrag van Sèvres onderteken wat sou lei tot die verdeling van die Ottomaanse Ryk. Kemal het aangedring op algehele onafhanklikheid en die beskerming van die belange van die Turkse meerderheid. Hy het die GNV oorreed om ’n leër op die been te bring. Dié het aan drie fronte teen die Geallieerdes geveg: in die Frans-Turkse, die Grieks-Turkse en die Turks-Armeense Oorlog. Op 5 Augustus 1921 het die GNV Kemal bevorder tot bevelvoerder van die leër, wat die Geallieerdes verslaan het. Op 24 Julie 1923 is die Verdrag van Lausanne onderteken en op 29 Oktober 1923 is die Republiek van Turkye gestig.

Hervormings duimnael|220px|Mustafa Kemal Atatürk besoek 'n skool op 1 Februarie 1931. Van hierdie oomblik af het Kemal begin om sy land kragdadig te hervorm. Turkye was 'n ouderwetse en ondoeltreffende Oosterse land, wat spottend die "siek man van Europa" genoem is. Atatürk sou sy land in 'n moderne Westerse nywerheidstaat verander. Kemal het eers baie van die tradisionele instellings van die Turkse regeringstelsel afgeskaf. Met die republiek is die gesag van die sultans beëindig.

Vroue het meer regte gekry en die gebruik om hul gesigte met sluiers te bedek, is verbied. Die ingewikkelde Arabiese alfabet is deur 'n Latynse alfabet vervang, en 'n algemene onderwysstelsel is ingevoer. Die hoofstad is van Istanboel (Konstantinopel) na Ankara verskuif. Hierdie hervormings het Kemal opgevolg met 'n aantal praktiese maatreëls om die land se voorspoed te verseker.

Die nywerheid en handel is aangemoedig en doeltreffender boerderymetodes is ingevoer. Hoewel Kemal drie keer tot president herkies is, het hy nooit al sy hervormingsplanne deurgevoer nie. Hy het byvoorbeeld nie toegelaat dat die demokratiese grondwet, wat reeds opgestel was, volledig deurgevoer word nie. Maar toe hy in 1938 op agt-en-vyftigjarige leeftyd sterf, was dit met die wete dat hy Turkye binne enkele jare omvorm het tot'n volwaardige staat volgens die standaarde van die twintigste eeu.

Persoonlike lewe Op 29 Januarie 1923 het Mustafa Kemal met Latife Uşaklıgil getrou en op 5 Augustus 1925 is hulle geskei. Hy het nooit weer getrou nie. In sy leeftyd het hy sewe dogters en ’n seun aangeneem.

In 1937 het dit duidelik geword dat sy gesondheid agteruitgaan. Vroeg in 1938 het hy ernstig siek geword. Hy is na Istanboel vir behandeling en is gediagnoseer met sirrose van die lewer weens alkohol. Hy is op 10 November 1938 op 57-jarige ouderdom in die Dolmabahçe-paleis dood.Atatürk'ün Hayatı (Atatürk's Life). Departement van kultuur (Turkye). Hy is aanvanklik in die Etnografiese Museum in Ankara begrawe, maar op 10 November 1953, 15 jaar ná sy dood, is sy oorskot na ’n enorme mausoleum verskuif met ’n uitsig oor Ankara.

Verwysings

Bronnelys

KENNIS, 1982, , volume 1, bl. 72

Eksterne skakels

Kategorie:Presidente van Turkye Kategorie:Eerste Ministers van Turkye Kategorie:Turke in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Turkse militariste Kategorie:Maarskalke Kategorie:Geskiedenis van Turkye Kategorie:Geboortes in 1881 Kategorie:Sterftes in 1938