Patricia Lewis (gebore 22 September 1967) is 'n bekende Suid-Afrikaanse TV-aanbieder, aktrise en sangeres met haar kenmerkende lang blonde hare. Haar eerste album, "Don't tempt me" is in 1992 uitgereik. Sy het ook verskeie TV-programme soos Toyota Top 20, Blonde Ambisie en Supersterre aangebied.
Biografie Lewis is in Gauteng gebore waar sy aan Hoërskool Mondeor matrikuleer. Sy is in Mei 2003 met Mark Whitfield getroud. Hulle het een seun. Sy is in 2009 met kanker gediagnoseer.Who's Who SA , besoek op 22 Maart 2010.
Musiek Lewis se debuutalbum, Don't Tempt Me, is in 1992 vrygestel. "Ek Is Lief Vir Jou", het verkope van 125 000 behaal. "Wie Sou Jou Kon Liefhê Soos Ek" het goue status bereik op die dag toe dit vrygestel is. Lewis het duette met talle plaaslike en internasionale bekendes, waaronder David Hasselhoff, Kurt Darren, Bles Bridges en Jim Reeves opgeneem.
Film en televisie Na 'n loopbaan as model, speel Lewis in verskeie televisieprogramme, sowel as in 'n internasionale film saam met Oliver Reed. Lewis is die skepper van die realiteitsangkompetisie Supersterre , waarvan die derde seisoen in 2010 uitgesaai is. Sy het uit die openbare lewe getree nadat kanker by haar gediagnoseer is in 2009. Na vier jaar keer Lewis terug na die televisie as deelnemer aan die bekende uitgawe van MasterChef South Africa vroeg in 2015. Later is sy 'n deelnemer aan die derde seisoen van Strictly Come Dancing in 2007. Patricia is 'n gas op die vyfde seisoen van KykNET se Republiek van Zoid Afrika.
Diskografie Duet (1998; met Jurie Els) Wie sou jou kon liefhê soos ek? (1998) Ek Is Lief Vir Jou (1998) Jy's die een (1999) Vir ewig en altyd (2000) Sings Olivia Newton John (2002) Die DVD: 21 grootste treffers (2004) Spesiale dubbele uitgawe, CD 1: Sings Olivia Newton John / CD 2: 'n Nuwe lewe CD (2004) 10 goue jare: die grootste treffers (2006) Net soos in drome (2008; hervrygestel, sluit duette saam met David Hasselhoff in) Net soos in drome (2008) 'n Nuwe lewe Vir ewig en altyd (spesiale uitgawe) Don't tempt me
Verwysings
Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Eksterne skakels Patricia Lewis se amptelike webwerf
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse televisieaanbieders Kategorie:Geboortes in 1967