duimnael|350px|Die Topkapı–paleis gesien vanaf die Bosporus. duimnael|350px|Panoramiese uitsig oor die See van Marmara vanaf die paleis. duimnael|200px|Skaalmodel van Seraglio-punt met die Topkapı-paleiskompleks.
Die Topkapı-paleis (Turks: Topkapı Sarayı) of in Ottomaanse Turks: طوپقپو سرايى, gewoonlik getranslitereer as "Topkapi") is ’n paleis in Istanboel, Turkye. Dit was vier eeue lank die amptelike woning van die Ottomaanse sultans, van 1465 tot 1856.
Die paleis is ook gebruik vir staatsgeleenthede en koninklike vermaak en is vandag ’n groot toeriste-attraksie. Dit huisves ook die heiligste relieke van die Moslem-wêreld, soos die profeet Mohammed se mantel en swaard. Topkapı-paleis vorm deel van die monumente van die "historiese gebiede van Istanboel" wat in 1985 ’n Unesco-wêrelderfenisgebied geword het – dit word beskryf as "die beste voorbeeld[e] van ensembles paleise van die Ottomaanse tydperk."
Aanvanklike bouwerk het in 1459 begin op bevel van sultan Mehmet II, die veroweraar van die Bisantynse Konstantinopel. Die paleis is ’n kompleks wat bestaan uit vier binnehowe en talle geboue. Op die hoogtepunt van sy bestaan as keiserlike paleis het tot 4 000 mense daar gewoon en het dit ’n groter gebied as tans beslaan met ’n lang kuslyn. Dit is deur die eeue uitgebrei, met baie restourasies soos ná die aardbewing van 1509 en die brand van 1665. Daar was moskees, ’n hospitaal, bakkerye en ’n munt. Die direkte vertaling van die naam is "Kanonpoort-paleis"; dit is genoem na ’n poort daar naby wat nie meer bestaan nie.
Topkapı-paleis het teen die einde van die 17de eeu algaande minder belangrik geword toe sultans verkies het om meer tyd in hulle nuwe paleise aan die Bosporus deur te bring. In 1856 het sultan Abdülmecid I besluit om die hof na die nuwe Dolmabahçe-paleis te skuif – die eerste paleis in die stad wat in ’n Europese styl gebou is. Sekere funksies, soos die koninklike tesourie, moskee, biblioteek en munt het egter in die Topkapı-paleis gebly.
Ná die einde van die Ottomaanse tydperk in 1921 is die paleis op 3 April 1924 in ’n museum van die Ottomaanse tydperk verander. Dit het honderde kamers, maar net die belangrikstes is vir die publiek oop. Dit is vol voorbeelde van die Ottomaanse argitektuur en bevat groot versamelings porseleinware, klere, wapens, juweliersware, Ottomaanse miniatuur-skilderye, manuskripte met Islamitiese kaligrafie en muurbeelde.
Geskiedenis duimnael|Bisantynse oorblyfsels in die Tweede Binnehof. Die paleis staan op die Seraglio-punt (Sarayburnu), ’n kaap met ’n uitsig oor die Goue Horing, See van Marmara en Bosporus. Die terrein is heuwelagtig en een van die hoogste punte naby die see. Tydens die Griekse en Bisantynse tydperke het die stad se akropolis daar gestaan. Daar is ’n Bisantynse ondergrondse watertenk in die Tweede Binnehof wat regdeur die Ottomaanse tydperk gebruik is, asook die oorblyfsels van ’n klein kerk, die sogenaamde Paleis-basilika. Die nabygeleë kerk, die Aya Eirene, word nie as deel van die Bisantynse akropolis beskou nie, al staan dit in die Eerste Binnehof.
Ná die Ottomaanse verowering en die val van Konstantinopel in 1453 was feitlik net ’n bouval oor van die Groot Paleis van Konstantinopel. Die Ottomaanse hof is aanvanklik in die "Ou Paleis" gevestig, waar die Universiteit van Istanboel nou staan. Sultan Mehmet II het ’n beter plek gesoek en besluit op die terrein van die Bisantynse akropolis. Hy het in 1459 opdrag gegee dat ’n nuwe paleis daar gebou word. Dit is aanvanklik die Nuwe Paleis (Yeni Sarayı) genoem om dit te onderskei van die ou paleis. Dit is in die 19de eeu hernoem na "Topkapı", na die Topkapı-poort en -kuspaviljoen wat nie meer bestaan nie.
Uitleg duimnael|links|200px|Uitleg van die Tweede tot die Vierde Binnehof. duimnael|links|200px|Die Mandjiemakerskiosk.
Sultan Mehmet II het die basiese uitleg van die paleis beplan. Hy het die hoogste punt op die kaap gekies vir sy private tuiste.Necipoğlu, pg. 6 Verskeie geboue en paviljoene het die binneste deel omring en het gestrek tot aan die kus van die Bosporus. Die hele kompleks was omring deur hoë mure, waarvan party dateer van die tyd van die Bisantyne akropolis. Hierdie basiese uitleg het die patroon van toekomstige restourasie en aanbouing bepaal.
Bronne verskil oor wanneer bouwerk aan die binneste deel begin en geëindig het. Kritovolous noem die datums 1459–1465; ’n ander bron noem 1460 as die jaar waarin dit voltooi is.Necipoğlu, pg. 9
duimnael|150px|Sultan Mehmet II, wat die aanvanklike paleis laat bou het.
Die Topkapı-paleis het nie ’n vaste meesterplan gehad soos die meeste ander groot paleise nie, maar is deur eeue ontwikkel en deur verskeie sultans verander – vandaar die gebrek aan simmetrie. Die hoof-uitleg van Mehmet II is egter behou. Die meeste van die veranderings is aangebring tydens die bewind van sultan Süleyman I (Süleyman die Manjifieke), van 1520 tot 1560. Met die vinnige uitbreiding van die Ottomaanse Ryk wou hy hê sy tuiste moes die mag en glorie daarvan weerspieël. Nuwe geboue is aangebou en ander is vergroot. Die hoofargitek in dié tyd was die Pers Alaüddin, ook bekend as Acem Ali.Necipoğlu, pg. 23 Hy was ook verantwoordelik vir die vergroting van die harem.
In 1574 het ’n groot brand die kombuise vernietig. Sultan Selim II het dit laat herbou, asook die harem, baddens, Geheime Raadsaal en verskeie paviljoene aan die kus. Teen die einde van die 16de het die paleis sy huidige vorm gehad.
Die paleis is ’n uitgebreide kompleks wat bestaan uit verskeie geboue rondom binnehowe, wat met galerye en gange verbind word. Min van die geboue is hoër as twee verdiepings. Oral is daar tuine, bome en fonteine.
Die binnehowe was belangrik in die daaglikse bestaan van die howelinge. Deure en vensters het na die binnehowe gewys om ’n oop atmosfeer te skep en koel lug deur te laat.
Van bo af gesien het die paleis ’n ongelyke driehoekige vorm wat in vier hoof-binnehowe en die harem verdeel is. Die Eerste Binnehof lê in die suide en die res loop in ’n noordelike rigting. Die Eerste Binnehof was die toeganklikste, terwyl die Binneste (Vierde) Binnehof en die harem die private tuiste van die sultan was. Die vyfde binnehof was in werklikheid die buitenste rand van die paleisterrein wat aan die see gegrens het. Toegang tot die binnehowe is beheer deur hoë mure en hekke. Die totale grootte van die kompleks wissel van sowat 592 600 vierkante meterNecipoğlu, pg. 4 tot 700 000 vierkante meter, na gelang van watter dele bygereken word.
Die suide- en westekante het gegrens aan ’n groot formele koninklike roostuin, vandag Gülhane-park. Die See van Marmara begrens die kompleks aan die suide- en oostekant. Verskeie kleiner geboue soos klein somerpaleise, paviljoene en kiosks het voorheen aan die kus gestaan in ’n gebied wat bekend was as die Vyfde Plek, maar hulle het mettertyd verdwyn weens verval en die bou van die kuslyn-spoorweg in die 19de eeu. Die laaste gebou wat vandag steeds staan, is die Mandjiemakerskiosk, wat in 1592 deur sultan Murat III laat bou is.
Funksie Topkapı-paleis was die hooftuiste van die sultan en sy hof. Toegang is streng beheer en dit was nie vir die howelinge nodig om die kompleks te verlaat nie, aangesien die paleis feitlik selfonderhoudend was, ’n stad binne ’n stad. Oudiënsie- en konsultasiekamers is gebruik vir die politieke werking van die ryk. Die paleis het sy eie watertoevoer gehad met behulp van ondergrondse tenks en die kombuise het daagliks kos verskaf. Daar was ook slaapsale, skole, biblioteke en moskees. Reg by die paleis was daar uiteenlopende gemeenkappe kunstenaars en ambagslui wat gesamentlik bekend gestaan het as Ehl-i Hiref (Gemeenskap van die Talentvolles); hulle het van die beste werk in die hele ryk gemaak.
Keisershek duimnael|regs|Die Keisershek. Die hoofstraat wat na die paleis lei, is die Bisantyne optoglaan Mese, vandag Divan Yolu ("Straat van die Raad"). Die Mese is in die Bisantynse en Ottomaanse tydperke gebruik vir keiserlike optogte. Dit lei reguit na die Aya Sophia en draai noordwes na die Paleisplein waar die Fontein van Ahmet III staan. Die sultan sou die paleis binnegaan deur die Keisershek (Turks: Bâb-ı Hümâyûn; Latyn: Porta Augusta), ook bekend as die "Hek van die Sultan" (Turks: Saltanat Kapısı) aan die paleis se suidekant.
Hierdie massiewe hek, wat van 1478 dateer, is nou bedek met 19de-eeuse marmer en lei na ’n gang met ’n hoë koepel. Die boonste deel van die hek is versier met vergulde Ottomaanse kalligrafie, met verse uit die Koran en monogramme van die sultans. Die hek was bedags oop en het toegang gebied tot die Eerste Binnehof.
Eerste Binnehof Die Eerste Binnehof is die grootste en het gedien as ’n buitenste buurt of park. Die steil terrasse wat na die see lei, dateer van die Bisantynse tydperk. Dié binnehof, wat ook as die Paradehof bekend gestaan het, het funksionele geboue bevat, waarvan nog net die munt, die kerk Aya Irene en ’n paar fonteine oor is. Besoekers sou met die paadjie langs stap na die Hek van Salutasie en die Tweede Binnehof. Deftig geklede hofamptenare en soldate sou weerskante van die paadjie staan. Besoekers moes tussen die Eerste en die Tweede Binnehof van hulle perde afklim.Necipoğlu, pg. 44
Hek van Salutasie duimnael|Die Hek van Salutasie. Die Hek van Salutasie (Arabies: Bâb-üs Selâm), ook bekend as die Middelste Hek (Turks: Orta Kapı), lei na die Tweede Binnehof en die paleis. Dié geskulpte hek het twee groot agthoekige torings in ’n boustyl met Bisantynse eerder as Ottomaanse elemente, met die gevolg dat dit onseker is wanneer dit gebou is. Die hek is weerskante ryklik versier en die boonste deel bevat godsdienste inskripsies en monogramme van die sultans.
Toegang was beperk tot buitelandse hooggeplaastes, of andersins vir amptelike doeleindes. Net die sultan mag te perd deur die hek gery het,Necipoğlu, pg. 50 ’n tradisie wat oorgebly het van die Bisantynse tydperk.
Tweede Binnehof Agter dié hek was die Tweede Binnehof (II. Avlu) of Divan-plein (Divan Meydanı), ’n park vol poue en wildsbokke waar howelinge kon byeenkom.Necipoğlu, pg. 53 Die binnehof is omstreeks 1465 voltooi tydens die bewind van Mehmet II, maar het omstreeks 1525–1529 tydens die bewind van Süleyman I sy huidige voorkoms gekry. Dit word omring deur die destydse hospitaal, bakkery, kasernes, stalle en harem in die noorde en kombuise in die suide. Aan die einde van die binnehof was die Hek van Geluksaligheid, wat gelei het tot die Derde Binnehof. Eenheid is geskep deur ’n aaneenlopende marmer-kolonnade.
Verskeie artefakte uit die Romeinse en die Bisantynse tydperk soos doodskiste, doopvonte en pilare is tydens onlangse opgrawings op die paleisterrein gevind. Dit word in die Tweede Binnehof voor die kombuise uitgestal. Onder die binnehof is ’n watertenk wat van die Bisantynse tydperk dateer.
duimnael|140px|links|Die kombuise. Die Tweede Binnehof is hoofsaaklik deur die sultan gebruik om oudiënsies te hou en reguitsprake te lewer. Dit is onder andere hier gehou om besoekers te beïndruk.
Reg agter die Hek van Salutasie, aan die noordoostelike kant, word die keiserlike koetse in die destydse stalle uitgestal. Baie koetse is in die 19de eeu in die vorige stalle in ’n brand verwoes. Van die koetse wat gesien kan word, is ingevoer. Noord daarvan is die groot paleiskombuise.
Die langwerpige kombuiskompleks (Saray Mutfakları) is ’n prominente deel van die paleis. Sommige van die kombuise is in die 15de eeu saam met die eerste deel van die paleis gebou. Hulle is tydens sultan Süleyman se bewind vergroot, maar het in 1574 afgebrand. Dit is daarna herbou en bestaan tans uit 10 geboue met koepels en hoë skoorstene. Kos is daagliks vir sowat 4 000 mense gemaak, ook vir die sultan en die harem. Meer as 800 personeellede het in die kombuise gewerk, en op godsdienstige feesdae tot 1 000.
Die kombuise het slaapsale, baddens en ’n moskee vir die personeel bevat, maar die meeste daarvan het sedertdien verdwyn.Necipoğlu, pg. 72