Francis Albert "Frank" Sinatra (1915-1998) was 'n Amerikaanse sanger en akteur wat as een van die invloedrykste popmusieksterre van die 20ste eeu beskou word.
Saam met die toonaangewende Harry James en Tommy Dorsey, het Sinatra sy loopbaan begin in die mid-dertigerjare, die tyd toe swingmusiek aan die orde van die dag was. In die vroeë tot mid-veertigerjare het hy ook 'n suksesvolle solokunstenaar geword, bewonder deur duisende tienermeisies, die sogenaamde "bobby soxers". Sy professionele loopbaan het egter teen die 1950's gestagneer, maar het weer vlam gevat na hy in 1954 'n Oscar-toekenning vir Beste Ondersteunende Akteur vir die rolprent From Here to Eternity gewen het.
duimnael|Frank Sinatra, 1947 In samewerking met Capitol Records het hy verskeie albums vrygestel wat deur kritici geprys is, soos In the Wee Small Hours (1955), Songs for Swingin' Lovers (1956), Come Fly with Me (1958), Only the Lonely (1958) en Nice 'n' Easy (1960). Sy sukses het hom aangespoor om sy eie platemaatskappy te stig, Reprise Records. Ook in samewerking met hierdie nuwe maatskappy het hy sukses behaal, met albums soos Ring-A-Ding-Ding (1961), Sinatra at the Sands (1966) en Francis Albert Sinatra & Antonio Carlos Jobim (1967). Hy het in die tyd ook begin om konserte dwarsoor die wêreld te gee en gehelp om die akteurgroep The Rat Pack te stig. My sy vyftigste verjaardag in 1965 het hy die album September of My Years vrygestel, bedoel as 'n terugblik op sy lewe. In dieselfde jaar het hy ook in die Emmy-bekroonde televisieprogram Frank Sinatra: A Man and His Music verskyn, asook treffers behaal met sy liedjies Strangers in the Night en My Way.
Die verloop van die tyd het ook 'n verandering in die publiek se musieksmaak meegebring en, alhoewel Sinatra probeer het om hierby aan te pas, het sy albums mettertyd slegter begin vaar. Ook sy gewildheid as akteur het begin afneem en ná 'n paar mislukte albums en rolprente het hy in 1971 besluit om af te tree. In 1973 het hy egter weer die musiekwêreld toegetree en verskeie albums opgeneem - een van sy grootste treffers was die temalied van Martin Scorsese se rolprent New York, New York. Alhoewel die temalied in die 1977-rolprent oorspronklik deur Liza Minnelli gesing is, het Sinatra dit vir sy 1980-album, Trilogy: Past Present Future, opgeneem en word die lied tans veral met hom geassosieer. Tot met sy dood in 1998 het hy steeds nuwe albums vrygestel en musiekkonserte in Amerika en elders aangebied.
Buiten die Oscar-toekenning vir sy toneelspel in From Here to Eternity is hy ook genomineer vir 'n Oscar vir sy rol as hoofakteur in The Man with the Golden Arm (1955). Hy het ook in die musiekblyspele On the Town (1949), Guys and Dolls (1955), High Society (1956) en Pal Joey (1957) verskyn. In 1983 is hy die Kennedy Center Honors toegeken, 'n jaarlikse toekenning vir diegene in die uitvoerende kunste wat 'n lewenslange bydrae tot die Amerikaanse kultuur gemaak het. Ook die Presidential Medal of Freedom (1985) en die Congressional Gold Medal (1997) is aan hom toegeken, die twee hoogste toekennings wat deur die Kongres van die Verenigde State aan burgers toegeken word. Sinatra was ook die ontvanger van elk Grammy-toekennings, waaronder ook die Grammy Trustees-toekenning, die Grammy Legend-toekenning en die Grammy Lifetime Achievement-toekenning.
Diskografie 1946: The Voice of Frank Sinatra 1947: Songs by Sinatra 1948: Christmas Songs by Sinatra 1949: Frankly Sentimental 1950: Dedicated to You 1950: Sing and Dance with Frank Sinatra 1954: Songs for Young Lovers 1954: Swing Easy! 1955: In the Wee Small Hours 1956: Songs for Swingin' Lovers! 1957: Close to You 1957: A Swingin' Affair! 1957: Where Are You? 1957: A Jolly Christmas from Frank Sinatra 1958: Come Fly with Me 1958: Frank Sinatra Sings for Only the Lonely 1959: Come Dance with Me! 1959: No One Cares 1960: Nice 'n' Easy 1961: Sinatra's Swingin' Session!!! 1961: Ring-a-Ding-Ding! 1961: Come Swing with Me! 1961: Swing Along With Me 1961: I Remember Tommy 1962: Sinatra and Strings 1962: Point of No Return 1962: Sinatra and Swingin' Brass 1962: All Alone 1962: Sinatra Sings Great Songs from Great Britain 1962: Sinatra–Basie: An Historic Musical First 1963: The Concert Sinatra 1963: Sinatra's Sinatra 1964: Sinatra Sings Days of Wine and Roses, Moon River, and Other Academy Award Winners 1964: America, I Hear You Singing 1964: It Might as Well Be Swing 1964: 12 Songs of Christmas 1964: Softly, as I Leave You 1965: September of My Years 1965: My Kind of Broadway 1965: A Man and His Music 1966: Moonlight Sinatra 1966: Strangers in the Night 1966: That's Life 1967: Francis Albert Sinatra & Antonio Carlos Jobim 1967: The World We Knew 1968: Francis A. & Edward K. 1968: The Sinatra Family Wish You a Merry Christmas 1968: Cycles 1969: My Way 1969: A Man Alone 1970: Watertown 1971: Sinatra & Company 1973: Ol' Blue Eyes Is Back 1974: Some Nice Things I've Missed 1980: Trilogy: Past Present Future 1981: She Shot Me Down 1984: L.A. Is My Lady 1993: Duets 1994: Duets II
Kategorie:Amerikaanse akteurs Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1915 Kategorie:Sterftes in 1998