Die 2007 Super 14-seisoen het in Februarie 2007 afgeskop met voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit het op 30 Mei ten einde geloop. Die 2007-seisoen was die tweede van die vergrote kompetisie, wat gelei het tot die verandering van Super 12 na Super 14. Die skedule was oor ’n tydperk van 3½ maande met 94 wedstryde waarvan elke span een keer teen elk van die dertien ander spanne gespeel het (in ’n rondomtalietoernooi) plus twee halfeindrondtes en een eindrondte. Elke span het een loslootjie oor die veertien rondtes gekry.

Hierdie jaar was die eerste keer in die geskiedenis van Superugbygeskiedenis dat twee Suid-Afrikaanse spanne na die eindrondte deurgedring het. Die eindstryd is in Durban tussen die Bulls en die Sharks gespeel en die Bulls het naelskraap met 20 – 19 gewen om die eerste Suid-Afrikaanse span te word wat die Superrugbykompetisie kon wen. Daar was ook in hierdie jaar verwarring oor die insluiting van die Southern Spears-konsessie in die kompetisie. Hulle is uiteindelik nie ingesluit nie. Die seisoen is ook gekenmerk deur die afwesigheid van die All Blackspelers in die eerste helfte van die kompetisie weens ’n rusperiode wat hulle geneem het ter voorbereiding van die Rugbywêreldbeker 2007.

Tabel

Tabel notas Pos = Tabel Posisie S = Speel W = Wen (4 punte) G = Gelykop (2 punte) V = Verloor (0 punte) PV = Punte vir (Totale punte aangeteken) PT = Against (Totale punte afgestaan) +/- = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT punte) BP = Bonuspunt Spanne kan tot twee bonuspunte in ’n rondomtaliewedstryd verdien. Een bonuspunt word toegeken vir ’n span wat vier of meer drieë gedruk het in een wedstryd, ongeag die uitslag van die wedstryd. ’n Bonuspunt sal ook toegeken word aan die verloorspan wanneer daardie span met 7 of minder punte verloor. Slegs die verloorspan kan ’n maksimum van 2 bomuspunte verkry. Pte = Alle punte wat bymekaar gemaak is

Onttrekking van spelers Met die Rugbywêreldbeker in September het al drie lande van hul beste spelers laat rus om beserings te voorkom. Graham Henry, afrigter van die All Blacks, het dit duidelik gemaak dat hy wil hê dat tot 30 van Nieu-Seeland se beste spelers omtrent die helfte van die Super 14 moet misloop. In Mei 2006 het die vyf Nieu-Seelandse unies hul steun aan Henry toegesê. Die verpligte rusperiode het beteken dat die 30 spelers wat aan die einde van 2006 na Europa getoer het, ten minste die eerste week van die kompetisie sou misloop.

John Connolly, afrigter van die Wallabies het ook daaraan gedink om die las vir sy topspelers ligter te maak. Dit is verwag dat Australië slegs ’n paar spelers ’n ruskans sou gun, veral die veterane soos Stephen Larkham en George Gregan omdat hulle gesien is as sleutelspelers in Australië se wêreldbekerveldtog. Jake White, afrigter van die Springbokke, het op 25 Mei 2005 met die direksie van SA Rugby vergader om sy voorstel in te dien dat van die sleutelspelers met gereelde tussenposes moet rus van die einde van die Super 14 in 2006 tot die aanvang van die wêreldbeker in 2007. White sou ook graag van sy sleutelspelers laat rus gedurende die 2006 wintertoetswedstryde teen Skotland en Frankryk.

In September 2006 is aangekondig dat Nieu-Seeland ruskans sou gee aan ’n groep van 22 spelers wat in ’n "kondisioneringsgroep" sou gaan vir die eerste sewe weke van die kompetisie. Die 22 spelers was Jerry Collins, Jason Eaton, Carl Hayman, Andrew Hore, Chris Jack, Richie McCaw, Chris Masoe, Keven Mealamu, Anton Oliver, Greg Somerville, Rodney So’oialo, Reuben Thorne, Ali Williams, Tony Woodcock, Dan Carter, Byron Kelleher, Leon MacDonald, Aaron Mauger, Mils Muliaina, Joe Rokocoko, Sitiveni Sivivatu en Piri Weepu. Sewe van hierdie spelers het vir die Crusaders gespeel, ses vir die Hurricanes, vier vir die Blues, drie vir die Chiefs en twee vir die Highlanders. Hierdie spelers sou weer in Week 8 beskikbaar wees vir hul konsessies.

Na die aankondiging dat die NZRU die 22 spelers sou laat rus, het die Australiese hoëprestasiebestuurder, Pat Wilson, bekend gemaak dat Australiese spelers slegs vir een week nie beskikbaar sou wees nie. Die week kon deur die konsessie self bepaal word. Hierdie besluit is gekritiseer deur Eddie Jones, toe afrigter van die Reds. Hy het gesê dat dit goed kan wees vir ouer spelers indien hulle rus maar dat dit beter sal wees vir jonger spelers, soos Rodney Blake, om wedstrydervaring op te doen.

SARU het besluit dat geen van sy beste spelers 'n ruskans sou kry vir die 2007 Super 14-seisoen nie, maar het toegegee dat van die spelers vir sekere wedstryde ’n ruskans kan kry.

Southern Spears sage Gedurende die 2006 Super 14-seisoen het SA Rugby aangekondig dat die Southern Spears nie die swakste Suid-Afrikaanse span in die kompetisie sou vervang nie. Dit was teenstrydig met ’n vorige beslissing.

In Augustus 2006 het die Spears egter ’n hofsaak gewen waarin beslis is dat die Spears sou deelneem aan die kompetisie in 2007 ten koste van die Cats (die Cats het in September 2006 amptelik die Lions geword). Daar is aanvaar dat SA Rugby sou appèlleer teen die uitspraak van die Suid-Afrikaanse Hooggeregshof. In November 2006 het SA Rugby en die Spears ’n skikking bereik. Die Spears was in ’n bedenklike finansiële posisie en het die hofsaak laat vaar. Die unie bestaan voort (as die Southern Kings) en is daarop gemik om rugby in die Suidelike en Oos-Kaap te ontwikkel met die ondersteuning van SA Rugby. Met die skikking is die seisoen se Super 14-lys gefinaliseer met die Lions wat die laaste Suid-Afrikaanse plek sou inneem.

Wedstryddatums DatumDatumWeek 12–3 FebruarieWeek 930-31 MaartWeek 29–10 FebruarieWeek 106–8 AprilWeek 316-17 FebruareWeek 1113-14 AprilWeek 423–24 FebruarieWeek 1220-21 AprilWeek 52–3 MaartWeek 1327–28 AprilWeek 69–10 MaartWeek 144–5 MeiWeek 716-17 MaartHalfeindronde12 MeiWeek 823–24 MaartEindronde19 Mei Nota: Afskoptye is in die land waar die wedstryd gespeel is

Week 1 Geen dagligbesparing in Perth & Brisbane.

Week 2

Week 3 Geen dagligbesparing in Brisbane

Hierdie is die wedstryd met die minste punte in Superrugby.

Week 4 Geen dagligbesparing in Perth

Loslootjie: Sharks, Waratahs

Week 5 Geen dagligbesparing in Brisbane

Week 6 Geen dagligbesparing in Perth

Doug Howlett het in hierdie wedstryd die rekord vir die meeste drieë in Superrugby geëwenaar (57 deur Joe Roff)

Loslootjie: Chiefs, Crusaders

Week 7 Geen dagligbesparing in Perth

Loslootjie: Blues, Highlanders

Week 8 Geen dagligbesparing in Brisbane Sondag 25 Maart eindig dagligbesparing in Australië en Nieu-Seeland.

Loslootjie: Cheetahs, Force

Week 9

Loslootjie: Reds, Stormers

Week 10 Paasnaweek

Loslootjie: Bulls, Hurricanes

Week 11

Loslootjie: Brumbies, Lions

Week 12

Week 13

Week 14

Uitspeelwedstryde

Halfeindronde

Eindronde

Spelerstatistieke

Voorste driedrukkers Top 8 driedrukkers (Statistiek )PosNaamDrieëGespeelSpan1 JP Pietersen 11 15 Sharks2 Lelia Masaga 8 12 Chiefs 3 Cameron Shepherd 7 11 Force Bryan Habana 7 14 Bulls Rico Gear 7 11 Crusaders 6 Doug Howlett 6 13 Blues Wikus van Heerden 6 15 Bulls Ross Filipo 6 14 Crusaders

Voorste puntemakerss Top 10 voorste puntemakers (Statistiek )PosNaamPunteGespeelSpan1Stephen Donald164 (2 Drieë, 26Doel, 34Straf) 13 Chiefs2Peter Hewat156 (2 Drieë, 19 Doel, 36 Straf) 13 Waratahs3Derick Hougaard124 (26 Doel, 22 Straf, 2 Skep) 12 Bulls4Cameron Shepherd115 (7 Drieë, 10 Doel, 20 Straf) 11 Force5Peter Grant112 (2 Drieë, 18 Doel, 22 Straf) 11 Stormers6Clinton Schifcofske102 (1 Drie, 8 Doel, 27 Straf) 10 Reds7Stephen Brett92 (2 Drieë, 20 Doel, 13 Straf, 1 Skep) 14 Crusaders8Isa Nacewa90 (2 Drieë, 13 Doel, 18 Straf) 13 Blues9Julian Huxley87 (3 Drieë, 6 Doel, 19 Straf, 1 Skep) 13 Brumbies10Percy Montgomery83 (3 Drieë, 13 Doel, 14 Straf) 10 Sharks

Sien ook

Super 14 konsessie-areas Lys van Superrugbyrekords

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Sport in 2007 Kategorie:Superrugby