Vir Blues, die musiekstyl, sien Blues.
Die Blues (voorheen bekend as die Auckland Blues) is ’n Nieu-Seelandse rugbyspan wat as ’n konsessie aan die Superrugbykompetisie deelneem sedert 1996. Die konsessie sluit Auckland Provinsie en Northland in. In terme van die ITM-beker kom spelers van Northland, North Harbour en Auckland af. Hul tuiswedstryde word gespeel op Edenpark in Auckland.
Geskiedenis Toe die Nieu-Seelandse Rugbyvoetbalunie (NZRVU) aanvanklik besluit het op die samestelling van spanne vir die Super 12 in 1995, is besluit dat dit onregverdig sou wees indien die Blues-konsessie die provinsiale spanne van North Harbour, Counties Manukau, Northland en Auckland sou insluit aangesien daar soveel All Blacks-spelers vir hierdie unies gespeel het. Indien die Blues dus uit hierdie unies sou bestaan, sou dit in effek ’n All Blackspan wees wat deelneem aan die Super 12.
Dit het daartoe gelei dat North Harbour en Northland deur die naaste ander span, die Waikato Chiefs verteenwoordig sou word. Dit het daartoe gelei dat die Blues nie die volle gebied van Auckland Provinsie verteenwoordig het nie omdat North Harbour die noordelike deel van Auckland verteenwoordig. Die Blues het egter Thamesvallei, wat geografies heelwat nader is aan Hamilton as aan Auckland, as deel van hul konsessie verteenwoordig.
Grense geherdefinieer duimnael|regs|120px|Die vorige Blues logo wat tot middel 2000 gebruik is toe die logo verander is en Auckland uit die naam verwyder is duimnael|regs|Sedert 1999 bestaan die Blues-konsessiegebied uit die mees noordelike deel van die Noord-Eiland Teen die einde van die 1990’s het die hoeveelheid All Blacks van die bogenoemde unies gedaal. Dit het ’n uitruiling van provinsiale spanne tussen die Blues en die Chiefs tot gevolg gehad. Daar is besluit dat die Chiefs voortaan Thamesvallei en Counties Manukau sou verteenwoordig en die Blues Northland en North Harbour. Alhoewel North Harbour en Northland baie beter gevaar het in die Nasionale Provinsiale Kampioenskap (NPC) as Counties Manukau en Thamesvallei in die seisoen voor die uitruiling, het dit geografies meer sin gemaak. Ten spyte hiervan het die Blues die area wat in volksmond Suid-Auckland heet, verloor (dit sluit nie Mangere, Otahuhu, Papatoetoe en Oos-Tamaki in nie). Die Blues het dus Suid-Auckland verruil vir Noord-Auchland en het steeds nie die hele Aucklandprovinsie verteenwoordig nie. In 2000 het al die Nieu-Seelandse Super 12-konsessies die gebiedsidentifiseerders (d.w.s. die Auckland voor Blues, die Waikato voor Chiefs ens.) weggelaat uit hul amptelike name.
Nadat die NPC in 2006 gestaak is en twee nuwe plaaslike kompetisies dit vervang het - die professionele Air New Zealand-beker en die sogenaamde amateur Heartland-kampioenskap - het die Blues die enigste Superrugbyspan gebly wie se provinsiale spanne waaruit die konsessie bestaan, slegs aan die Air New Zealand-beker deelneem.
Hoogtepunte Die Blues het die heel eerste Superrugbykompetisie in 1996 gewen toe hulle die eindstryd op Edenpark teen Natal met 45 - 21 gewen het. Dit is gevolg deur ’n kompetisiesege in 1997 (in hierdie jaar het hulle nie een wedstryd verloor nie, slegs een gelykop gespeel). Edenpark het in 1998 sy derde agtereenvolgende Super 12 eindstryd gesien toe die Canterbury Crusaders daarheen gereis het. Die span van Canterbury het die wedstryd met 20 - 13 gewen en gesorg dat die Blues nie ’n driekuns kon behaal nie.
Die Blues kon sedert 1997 nog net een keer die titel wen. Hulle het in 2003 teen die Crusaders met 21 - 17 gewen. Alhoewel die span gereeld All Blacks oplewer het hulle gesukkel om goed te doen. Hulle kon sedert 2003 slegs een keer tot die uitspeelrondets deurdring. Met die uitbreiding van die Super 12 na die Super 14 is gespekuleer dat die Blues ten minste tot die halfeindrondte sou vorder en dat hulle sterk aanspraakmakers op die titel sou wees. Hulle het egter teleurgestel met ’n agtste plek op die punteleer. "Die Blues: 2006 Voorskou" planet-rugby.com, Februarie 2006, URL besoek op 17 September 2006
Die Blues is die enigste span in Superrugby wat met eweveel wedstryde gewen teen die sewemalige kampioen, die Crusaders, kan spog. Dit is tans 8 elk.
Seisoenuitslae Super 12 Die volgende tabel som die Blues se Super 12-uitslae op: "Super 14 Team Details (The Blues)" lassen.co.nz, besoek op 17 September 2006 {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"| Seisoen ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|Punte vir ! width="20"|Punte teen ! width="25"|+/- ! width="20"|BP ! width="20"|Pte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|1996 |align=left|1ste |11|| 8 || 0 || 3 || 408 || 354 || 54 || 9 || 41 || Wen eindstryd teen Natal |- align=center |align=left|1997 |align=left|1ste |11|| 10 || 1 || 0 || 435 || 283 || 152 || 8 || 50 || Wen eindstryd teen ACT Brumbies |- align=center |align=left|1998 |align=left|2de |11|| 9 || 0 || 2 || 388 || 298 || 90 || 7 || 43 || Verloor eindstryd teen Canterbury Crusaders |- align=center |align=left|1999 |align=left|9de |11|| 4 || 1 || 6 || 202 || 201 || 1 || 5 || 25 || |- align=center |align=left|2000 |align=left|6de |11|| 6 || 0 || 5 || 300 || 262 || 38 || 6 || 30 || |- align=center |align=left|2001 |align=left|11de |11|| 4 || 0 || 7 || 243 || 298 || -55 || 5 || 21 || |- align=center |align=left|2002 |align=left|6de |11|| 6 || 0 || 5 || 318 || 249 || 69 || 5 || 29 || |- align=center |align=left|2003 |align=left|1ste |11|| 10 || 0 || 1 || 393 || 185 || 208 || 9 || 49 || Wen eindstryd teen Crusaders |- align=center |align=left|2004 |align=left|5de |11|| 6 || 1 || 4 || 337 || 309 || 28 || 6 || 32 || |- align=center |align=left|2005 |align=left|7de |11|| 6 || 0 || 5 || 243 || 216 || 27 || 3 || 27 ||
Super 14 Die volgende tabel som die Blues se Super 14-uitslae op: {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"| Seisoen ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|Punte vir ! width="20"|Punte teen ! width="25"|+/- ! width="20"|BP ! width="20"|Pte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|2006 |align=left|8ste |13|| 6 || 0 || 7 || 290 || 348 || -58 || 5 || 29 || |- align=center |align=left|2007 |align=left|4de |13|| 9 || 0 || 4 || 355 || 235 || 120 || 6 || 42 || Verloor in halfeindrondte teen Sharks |- align=center |align=left|2008 |align=left|6de |13|| 8 || 0 || 5 || 354 || 267 || 87 || 8 || 40 || |- align=center |align=left|2009 |align=left|9de |13|| 5 || 0 || 8 || 339 || 369 || -30 || 12 || 32 || |- align=center |align=left|2010 |align=left|7de |13|| 7 || 0 || 6 || 376 || 333 || 43 || 9 || 37 ||
Superrugby Die volgende tabel som die Blues se Superrugby-uitslae op: {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"|Seisoen ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|Punte vir ! width="20"|Punte teen ! width="25"|+/- ! width="20"|BP1 ! width="20"|Pte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|2011 |align=left|4de |16|| 10 || 1 || 5 || 405 || 335 || +70 || 10 || 60 || Verloor in halfeindrondte teen Reds |- align=center |align=left|2012 |align=left|12de |16|| 4 || 0 || 12 || 359 || 430 || −71 || 8 || 32 || |- align=center |align=left|2013 |align=left|10de |16|| 6 || 0 || 10 || 347 || 364 || −17 || 12 || 44 || |- align=center |align=left|2014 |align=left|10de |16|| 7 || 0 || 9 || 419 || 395 || +24 || 9 || 37 || |- align=center |align=left|2015 |align=left|14de |16|| 3 || 0 || 13 || 282 || 428 || −146 || 8 || 20 || |} 1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.
Die volgende tabel som die Blues se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op: {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"|Seisoen ! width="20"|Pos Alg ! width="20"|Pos Groep ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|Punte vir ! width="20"|Punte teen ! width="35"|+/− ! width="20"|BP1 ! width="20"|Pte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|2016 |align=left|11de |align=left|7de || 15 || 8 || 1 || 6 || 374 || 380 || –6 || 5 || 39 || |- align=center |align=left|2017 |align=left|9de |align=left|6de || 15 || 7 || 1 || 7 || 425 || 391 || +34 || 7 || 37 ||
Huidige span Blues 2017 Superrugbyspan Stutte Charlie Faumuina Alex Hodgman Sione Mafileo Pauliasi Manu Sam Prattley Ofa Tu’ungafasi
Hakers Epalahame Faiva Matt Moulds James Parsons
Slotte Gerard Cowley-Tuioti Josh Goodhue Brandon Nansen Scott Scrafton Patrick Tuipulotu Losvoorspelers Blake Gibson Akira Ioane Jerome Kaino 12px|(k) Steve Luatua Kara Pryor Murphy Taramai Jimmy Tupou
Skrumskakels Billy Guyton Sam Nock Augustine Pulu
Losskakels Piers Francis Ihaia West Senters Michael COllins TJ Faiane Rieko Ioane Rene Ranger Matt Vaega Sonny Bill Williams
Vleuels Matt Duffie George Moala Melani Nanai Declan O’Donnell
Heelagters Stephen Perofeta Jordan Trainor
Afrigters Graham Henry – 1996 tot 1998 Jed Rowlands – 1999 Gordon Hunter – 2000 Frank Oliver – 2001 Peter Sloane – 2002 tot 2005 David Nucifora – 2006 tot 2008 Pat Lam – 2009 tot 2012 John Kirwan – 2013 tot 2015 Tana Umaga – 2016 tot huidig
Notas en verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webblad
Kategorie:Auckland Kategorie:Nieu-Seelandse Superrugbyspanne Kategorie:Superrugbyspanne