In ’n transliterasie word woorde uit een skrif of taal letter vir letter in ’n ander alfabet weergegee. Soms word diakritiese tekens gebruik sodat die omskakeling op ’n presiese manier omgekeer kan word.

In teenstelling met getranskribeerde woorde is die uitspraakreëls van die teikentaal vir ’n leser nie voldoende om die getranslitereerde woorde te kan uitspreek nie. Transliterasie is ’n geskikte hulpmiddel om skrywers en titels of ander elemente in ’n lys wat oorspronklik nie in die Latynse alfabet geskryf is nie, behoorlik te sorteer.

Daar is verskeie voorbeelde van getranslitereerde woorde wat in Afrikaans gebruik word, byvoorbeeld sjiek (uit Frans), kurrikulum (uit Latyn) ens.

Transliterasie en transkripsie Daar word onderskei tussen: Transliterasie as ’n presiese letter-vir-letter-omskakeling van een alfabet (byvoorbeeld Cyrillies) in ’n ander (byvoorbeeld die Latynse alfabet), dikwels met behulp van diakritiese tekens. Hierdie omskakeling kan, indien nodig, weer omgekeer word. Transliterasie word veral in wetenskaplike werke gebruik indien die woord nie in die oorspronklike alfabet weergegee kan word nie omdat die letters verskil. Transkripsie as ’n uitspraakgebaseerde omskakeling van woorde uit ’n vreemde alfabet in ’n ander taal deur gebruik te maak van ’n fonetiese skrif of die spelreëls van die teikentaal. Dit word veral vir niewetenskaplike doeleindes gebruik sodat niemoedertaalsprekers die woorde volgens hul eie taal se spelreëls kan uitspreek.

+ Transliterasie en transkripsie van Grieks as ’n voorbeeld Griekse woord Transliterasie Transkripsie Notas Ελληνική Δημοκρατία Ellēnikḗ Dēmokratía Elliniki Dimokratia "Δ, δ" soos Engels 'th' in 'these' βασιλεύς εν Ναυπλίω basileús en Nauplíō vasilefs en Nafplio "β" soos 'w', "αυ" / "ευ" soos 'af' / 'ef' voor stemlose konsonante Ελευθερία Eleuthería Eleftheria "Θ, θ" soos Engels 'th' in 'thing' Ευαγγέλιο Euaggélio Ewangelio "ευ" soos voor klinkers en stemdraende medeklinkers; γγ soos 'ng' in Afrikaans των υιών tōn uiṓn ton ion "υ"/"υι" soos 'i' in Afrikaans Μπερλίν, Ντακάρ, Γκέντ Mperlín, Νtakár, Gként Berlin (Berlyn), Dakar, Gent "μπ" / "ντ" / "γκ" (digrawe vir 'b' / 'd' / 'g')

In die geval van meer ingewikkelde skrifte soos Chinees bestaan daar geen transliterasiestelsels nie, die omskakeling is beperk tot transkripsies.

Verskille

Verskille tussen transliterasie en transkripsie Oorspronklike Russiese teks Борис Николаевич Ельцин Amptelike transliterasie volgens die ISO 9-standaard (GOST 7.79-2000) Boris Nikolaevič Elʹcin Wetenskaplike transliterasie Boris Nikolaevič Elʼcin Fonetiese transkripsie volgens die Internasionale Fonetiese Alfabet (IFA) 27 voorbeelde van omskakeling van dieselfde naam in ander tale/alfabette (transkripsie) Afrikaans Boris Nikolajewitsj Jeltsin Nederlands Boris Nikolajevitsj Jeltsin Engels Boris Nikolayevich Yeltsin Duits Boris Nikolajewitsch Jelzin Bulgaars, Macedonies Борис Николаевич Елцин Serwies Борис Николајевич Јељцин Tsjeggies / Sloweens Boris Nikolajevič Jelcin Slowaaks Boris Nikolajevič Jeľcin Kroaties Boris Nikolajevič Jeljcin Pools Borys Nikołajewicz Jelcyn Lets Boriss Nikolajevičs Jeļcins Litaus Borisas Nikolajevičius Jelcinas Sweeds / Deens Boris Nikolajevitj Jeltsin Noors Borís Nikolájevitsj Jéltsin Spaans Borís Nikoláyevich Yeltsin Frans Boris Nikolaïevitch Ieltsine Albanies Boris Nikollajeviç Jellcin Mahl ބޮރިސް ނިކޮލަޔެވިޗް ޔެލްސިން Hongaars Borisz Nyikolajevics Jelcin Fins Boris Nikolajevitš Jeltsin Estnies Boriss Nikolajevitš Jeltsin Turks Boris Nikolayeviç Yeltsin Arabies بوريس نيكولايفتش يلتسن (transliterasie Būrīs Nīkūlāyafitsh Yīltsin) Hebreeus בוריס ניקולאיביץ' ילצין (transiterasie bwrjs njḳwlʾjbjṣ' jlṣjn) Chinees 鲍里斯•尼古拉耶维奇•叶利钦 (pinyin: Bàolǐsī Nígǔlāyēwéiqí Yèlìqīn) Japannees ボリス・ニコライェヴィッチ・イェリツィン (transliterasie borisu nikorayevicchi yeritsin) Koreaans 보리스 니콜라예비치 옐친 (transliterasie boriseu nikollayebichi yelchin)

Eksterne skakels

Online-Transliteration – Transliterasiediens vir ’n aantal tale wat die transliterasiestelsels ISO 9, GOST 7.79 ondersteun asook ’n steldsel wat op die Engelse taal gebaseer is. Eesti Keele Instituut – Transliterasietabelle vir verskillende tale (waaronder transliterasiestelsels soos ISO, ALA-LC, DIN en ander) wat vir bepaalde tale gebruik word. Meertalige transliterasie in 40 tale Lingua::Translit – (Perl-programmeertaal: Module en aanlyndiens wat vir transliterasies volgens verskillende stelsels gebruik kan word (ISO 9, ISO 843, DIN 31634, …)

Kategorie:Taalkunde