Die Highlanders is ’n Nieu-Seelandse rugbyspan wat as ’n konsessie aan Superrugby deelneem sedert 1996. Die konsessie sluit Otago en Southland in. In terme van die ITM-beker kom die Highlanders se spelers van Otago, Noord-Otago en Southland af. Hulle tuiswedstryde word op die Forsyth Barr-stadion in Dunedin gespeel en soms op Rugbypark in Invercargill. Die huidige kaptein van die span is Hugh Renton.

Die konsessie is in 1996 gestig om die neder-Suid-Eiland in die nuutgestigte Super 12 te verteenwoordig. Hulle het in die eerste seisoen 8ste geëindig en die volgende seisoen laaste nadat hulle slegs drie wedstryde kon wen. In die volgende drie seisoene (1998, 1999 en 2000) het hulle egter deurgedring tot die halfeindronde; hul beste vertoning tot nog toe was in 1999 toe hulle teen die ander span van die Suid-Eiland, die Crusaders, in die eindronde op Carisbrook gespeel het. Hulle het met 24 - 19 verloor en in die volgende jaar is hulle in die halfeindronde deur die Crusaders uitgeskakel. Sedertdien het hulle nog net een keer in die top vier geëindig (in 2002). Tussen 2003 en 2009 kon hulle nie beter as sewende op die punteleer vaar nie.

Die voormalige Highlander, Anton Oliver, het ’n rekord 127 wedstryde vir die konsessie gespeel en dertien ander spelers het meer as 50 wedstryde gespeel vir die span.

Geskiedenis Die konsessie van die Highlanders is gestig as een van vyf Nieu-Seelandse spanne in die Super 12. Hulle is aanvanklik die Otago Highlanders genoem en die konsessiegebied bestaan uit die neder Suid-Eiland van Nieu-Seeland, met die spelers van die Otago, Noord-Otago en Southland rugbyunies wat vir die Highlanders kwalifiseer.McIlraith (2005), p 322.

regs|duimnael|200px|Die Highlander gelukbringer tree op voor ’n wedstryd op Carisbrook Die kaptein van die eerste span in 1996 was John Leslie en is afgerig deur Gordon Hunter.McIlraith (2005), p 323. Hulle eerste Super 12-wedstryd was teen die Queensland Reds te Carisbrook op 3 Maart 1996. Die Highlanders het die wedstryd met 57 - 17 gewen.McIlraith (2005), p 228.McIlraith (2005), p 40. Na drie wedstryde was die Highlanders onoorwonne en was hulle bo-aan die punteleër. Die volgende week het hulle egter verloor met 59 - 26 teen die Noord-Transvaal op Loftus Versfeld.McIlraith (2005), p 41. Die Highlanders kon vir die res van die seisoen net twee wedstryde wen; teen Natal te Carisbrook en teen die Canterbury Crusaders te Lancasterpark,McIlraith (2005), p 43. en hulle het agtste op die tabel geëindig.McIlraith (2005), p 235.

1997 was die Highlanders se swakste seisoen nog. Hulle het heel laaste in die kompetisie geëindig en kon slegs drie wedstryde wen.McIlraith (2005), p 243. Hulle is afgerig deur Glenn Ross en die kaptein was Taine Randell. Onder die agt verliese wat hulle gely het was ’n reuse 75 - 43 verlies teen Natal in Durban. In daardie wedstryd het Gavin Lawless 50 punte aangeteken — ’n kompetisierekord.McIlraith (2005), p 50. Na hul swak vertoning in 1998 is Tony Gilbert vir 1998 aangestel as afrigter. Hulle eerste wedstryd was ’n verrassende wen oor die Queensland Reds met 26 - 19.McIlraith (2005), p 77. Die Highlanders het uiteindelik die eerste Nieu-Seelandse span geword wat al vier Suid-Afrikaanse spanne in een seisoen kon klop.Die Crusaders het in latere jare dieselfde vermag. Nadat hulle die Bulls op Loftus Versfeld geklop het kon hulle slegs vir die halfeindronde kwalifiseer indien die Brumbies teen die Reds verloor met ’n klein punteverskil. Die Brumbies het egter met 23 - 16 gewen en die Highlanders het vierde geëindig.McIlraith (2005), p 82. Hulle moes in die halfeindronde teen die verdedigende kampioene, die Auckland Blues, op Edenpark speel. Die Blues het die wedstryd op kontroversiële wyse gewen met 37 - 26.McIlraith (2005), p 83.

In 1999 het die Highlanders hul beste vertoning nog gelewer toe hulle die eindronde van die kompetisie gehaal het. Hulle het daardie seisoen geopen met ’n sege van 19 - 13 oor die Auckland Blues op Carisbrook.McIlraith (2005), p 253. Dit is gevolg deur seges oor die Northern Bulls, die Stormers en die Golden Cats. Hulle eerste verlies vir die seisoen was die volgende wedstryd teen die Coastal Sharks.McIlraith (2005), p 255. Terug in Nieu-Seeland het hulle teen die Waikato Chiefs gewen en daarna ook teen die Crusaders.McIlraith (2005), p 256. Nadat hulle teen die Reds ook gewen het,het die Highlanders teen die Waratahs op Carisbrook verloor. Die volgende week het die Brumbies egter op Carisbrook in die stof gebyt. In die volgende wedstryd het hulle met 21 - 19 verloor teen die Wellington Hurricanes nadat hulle halftyd met 14 - 3 voorgeloop het.McIlraith (2005), p 101. As die Highlanders hierdie wedstryd gewen het, sou hulle bo-aan die punteleer geëindig het en sou hulle die halfeindronde op Carisbrook gespeel het. Hulle moes egter na Suid-Afrika vlieg om in Kaapstad teen die Stormers te speel; hulle het met 33 - 18 gewen.McIlraith (2005), p 104. Die Highlanders het na Dunedin teruggekeer om in die eindronde teen die ander span van die Suid-Eiland, die Canterbury Crusaders, te speel. Die Highlanders het eerse punte aangeteken en het halftyd met 14 - 9 voorgeloop. Die beslissende drie is egter deur die vleuel van Canterbury, Afato So’oalo, gedruk toe hy ’n kapskoppie gegee het en vir die All Black-vleuel, Jeff Wilson, weggehardloop het.Gifford (2004), p 175.McIlraith (2005), p 106. Die Highlanders het met drie minute speeltyd oor, ’n drie gedruk toe Isitolo Maka oorgeduik het, maar dit was te laat en die Crusaders het met 24 - 19 gewen.

Die Highlanders het hul 2000-seisoen afgeskop met ’n 50 - 13 sege oor die Queensland Reds op Carisbrook.McIlraith (2005), p 261. Hulle het ook hul volgende drie wedstryde, teen die Sharks, die Hurricanes en die Cats, gewen. Daarna het hulle egter drie wedstryde, teen die Crusaders, die Brumbies en die Blues, verloor.McIlraith (2005), p 121. Hulle het op die Jade-stadion teen die Crusaders gespeel in die halfeindronde en met 37 - 15 verloor nadat Marika Vunibaka twee drieë in die laaste twintig minute gedruk het.McIlraith (2005), p 124. In die volgende seisoen het die Highlanders goed begin en die Blues met 23 - 8 gewen.McIlraith (2005), p 269. Hulle het daardie jaar (2001) vir die eerste keer sedert ’n provinsiale rugbyspan van Otago teen ’n provinsiale span van Nieu-Suid-Wallis in 1901 gespeel het (die span van Nieu-Suid-Wallis het dié wedstryd met 5 - 0 verloor), gewen. Dit was op 7 April 2001 op Carisbrook en die telling was 39 - 20.McIlraith (2005), p 144.Voor die Super 12 in 1996 het Otago en Nieu-Suid-Wallis in 1925, 1991 en twee keer in 1995 teen mekaar gespeel. Die Highlanders het net-net verloor teen die Hurricanes met 35 - 33 in Napier voordat hulle die Brumbies op 20 April op Carisbrook geklop het. Alhoewel die Highlanders vir die tweede agtereenvolgende seisoen onoorwonne op hul tuisveld was, het hulle vyfde op die punteleer geëindig met ses oorwinnings in die seisoen.

regs|250px|duimnael|Die Highlanders speel teen die Hurricanes te Wellington in 2005; hul eerste sege oor die Hurricanes op daardie veld Laurie Mains het in 2001 van Suid-Afrika na Nieu-Seeland teruggekeer om Otago af te rig vir die Nasionale Provinsiale Kampioenskap (NPC) en is aangestel as die afrigter vir die Highlanders se 2002-seisoen.McIlraith (2005), p 158. Hulle seisoen het begin met ’n 30 - 28 verloor teen die Crusaders op die Jadestadion.McIlraith (2005), p 159. Daardie jaar het die Highlanders weer daarin geslaag om al vier die Suid-Afrikaanse spanne te wen. Die Gordon Hunter-gedenktrofee is ook in daardie seisoen bekendgestel om aan die wenner van die wedstryd tussen die Highlanders en die Blues oorhandig te word. Gordon Hunter het albei die spanne afsonderlik afgerig voor sy dood weens kanker in 2001.McIlraith (2005), p 163. Die eerste wedstryd om die Gordon Hunter-gedenktrofee is op Edenpark gespeel en die Blues het met 20 - 13 gewen. Die Highlanders se laaste wedstryd van die 2002-seisoen was op Carisbrook teen die Reds. Hulle het die wedstryd met 40 - 26 gewen en so gesorg dat hulle vir drie jaar onoorwonne was op Carisbrook. Die Hurricanes het vierde op die punteleër geëindig en moes teen die Crusaders in die halfeindronde speel. Hulle het na Christchurc gereis en met 34 - 23 verloor.McIlraith (2005), p 285.

Die 2003-seisoen het afgeskop met ’n 29 - 26 oorwinning oor die Chiefs in Hamilton.McIlraith (2005), p 171. Daarna het hulle teen die Stormers en die Bulls gewen maar teen die Cats in Johannesburg verloor. Die volgende week het hulle teen die Hurricanes verloor (17 - 16) op Carisbrook. Die Highlanders was vir drie seisoene (2000, 2001 en 2002) oftewel sestien wedstryde onoorwonne op Carisbrook voordat hulle teen die Crusaders verloor het.McIlraith (2005), p 175. Die volgende week het hulle teen die Blues gewen met 22 - 11 en die Gordon Hunter-gedenktrofee behou. In April van daardie jaar het gerugte die ronde begin doen dat daar onenigheid bestaan tussen Laurie Mains, die afrigter, en sommige van die senior spelers in die span. Anton Oliver is deur Mains aangekla as die voorbokMcIlraith (2005), p 176. en na die laaste wedstryd van die seisoen het Mains bedank en is hy vervang deur sy assistent, Greg Cooper.

2004 was nie ’n goeie seisoen vir die Highlanders nie. Hulle het nie net in dié seisoen 44 drieë afgestaan, 12 meer as die vorige seisoen nie,McIlraith (2005), pg 198. maar het ook ’n nuwe afrigter en dertien nuwe spelers gehad. Dit het alles bygedra tot die negende plek wat die Highlanders ingeneem het aan die einde van die seisoen.McIlraith (2005), p 302. Die 2005-seisoen het afgeskop met ’n verlies teen die Blues op Carisbrook.McIlraith (2005), p 209. Na die eerste wedstryd het die Highlanders ses wedstryde in ’n ry gewen wat ’n eerste vir die konsessie was.McIlraith (2005), p 212. Na ’n gelykop uitslag teen die Stormers en ’n loslootjie was die Highlanders onoorwonne vir agt weke. Drie weke voor die einde van die rondomtalietoernooi was die Highlanders nog derde op die punteleer, maar hulle het hul oorblywende drie wedstryde verloor en uiteindelik agtste geëindig.

Na tien jaar is die Super 12 uitgebrei om twee ekstra spanne te akkommodeer; die Western Force van Perth in Australië en die Cheetahs van Bloemfontein in Suid-Afrika. Die Highlanders het 2006 weer onder Cooper aangedurf. Hulle het egter hul eerste wedstryd teen die Crusaders verloor maar die volgende drie wedstryde gewen. Hulle kon slegs daarin slaag om twee van hul laaste ses wedstryde te wen en het as gevolg daarvan negende geëindig. Die 2007-seisoen het dieselfde uitslag as die vorige seisoen opgelewer. Die Highlanders het weer negende geëindig en was die swakste van die Nieu-Seelandse spanne. Hulle het die seisoen afgesluit met vyf oorwinnings uit dertien wedstryde. Na die 2007-seisoen het Greg Cooper die konsessie verlaat om die assistentafrigter vir die Blues te word. Die afrigter vir die 2008, Gelnn Moore, is op 23 Augustus 2007 aangewys.

Naam en kleure regs|duimnael|Die logo van die Otago Highlanders voordat hulle naam verander het Die naam Highlanders is gekies na aanleiding van die vroeë Skotse setlaars in die neder Suid-Eiland. Hierdie Skotse setlaars was die stigters van Dunedin—bekend as die "Edinburg van die Suide," en dit is die stad waar die Highlanders se basis is. Volgens die amptelike webblad van die Highlanders: "Die naam en beeld van die Highlander roep beelde van vurige onafhanklikheid, trotsheid en jou herkoms, lojaliteit, krag, broederskap, eerlikheid en harde werk op." Die kleure van die Highlanders is ’n kombinasie van die provinsiale kleure van Noord-Otago, Otago en Southland; geel, blou en maroen. Blou is ook die oorheersende kleur van die Skotse vlag.

Konsessiegebied duimnael|regs|150px|Die provinsiale unies wat die Highlanders-konsessie uitmaak