Die gevaar wat joernaliste in Rusland in die gesig staar is sedert die vroeë 1990's bekend, maar kommer oor die aantal onopgeloste moorde het toeneem ná die moord op Anna Politkofskaja op 7 Oktober 2006 in Moskou. Terwyl internasionale monitors tientalle genoem het wat voor haar vermoor is, het bronne in Rusland self van meer as 200 gepraat.Czar Putin, CNN.

Die talle sterftes is sedertdien ondersoek en die resultaat verskyn in twee verslae wat in Engels en Russies deur internasionale organisasies gepubliseer is.

In sy verslag van September 2009 herhaal die Komitee om Joernaliste te Beskerm sy gevolgtrekking dat Rusland een van die gevaarlikste lande in die wêreld vir joernaliste is en die land waar die minste van die moorde op hulle opgelos word. The Anatomy of InjusticeANATOMY OF INJUSTICE: The unsolved killings of journalists in Russia , Komitee om Joernaliste te beskerm: New York, September 2009. (Russiese weergawe: Анатомия безнаказанностиАНАТОМИЯ БЕЗНАКАЗАННОСТИ. Нераскрытые убийства журналистов в России . Комитет защиты журналистов.) noem 17 sterftes onder joernaliste in Rusland sedert 2000. Net in een geval was daar ’n gedeeltelik bevredigende vervolging van die skuldiges.

’n Omvattende ondersoek deur die Internasionale Federasie van Joernaliste (IFJ) na die dood van joernaliste in Rusland is in Junie 2009 gepubliseer. Terselfdertyd het die IFJ ’n aanlyn-databasis geskepJoernaliste in Rusland, sterftes en verdwynings: ’n aanlyn-databasis IFJ. Nog onvoltooid, Oktober 2009.ЖУРНАЛИСТЫ В РОССИИ. Смерти и исчезновения. База данных Международная федерация журналистов. waarin meer as 300 sterftes en verdwynings sedert 1993 genoem word. Beide die verslag Partial JusticePARTIAL JUSTICE: An inquiry into the deaths of journalists in Russia, 1993–2009 , IFJ: Brussel, Junie 2009. (Russiese weergawe: Частичное правосудиеЧАСТИЧНОЕ ПРАВОСУДИЕ. Исследование смертей журналистов в России, 1993–2009 . Международная федерация журналистов.) en die databasis gebruik inligting wat Rusland se eie mediamonitors, die Glasnost-verdedigingstigting en die Sentrum vir Joernalisme in Uiterste Situasies, oor die laaste 16 jaar ingewin het.

Die getalle Syfers tussen internasionale monitors wissel, soms aansienlik. Die rede is dat sommige organisasies soos die IFJ en die Internasionale Instituut vir Nuusveiligheid kyk na alle aspekte van veiligheid in joernalistiek, dus ook ongelukke.KILLING THE MESSENGER: The report on the global inquiry into the protection of journalists , INSI: Brussel, 2007. Sommige organisasies sluit net ongevalle in kruisvuur en op gevaarlike sendings in, asook moorde waarvan hulle seker is van die motief. Verder word die term "joernalis" op verskillende maniere geïnterpreteer – sommige sluit steunpersoneel in, ander nie.

Die meeste joernaliste wat met opset geteiken word weens hul werk, is verslaggewers, korrespondente en redakteurs. In Rusland is ook baie direkteure van nuwe streek-TV- en radiostasies vermoor,"Contract killings", p. 21, PARTIAL JUSTICE , IFJ: Brussel, Junie 2009.Joernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis maar die meeste van dié moorde is vermoedelik weens botsende sakebelange. In kruisvuur-situasies is veral fotograwe en kameramanne in gevaar. Die IFJ se databasis van sterftes en verdwynings in Rusland dek die hele spektrum van mediaberoepe en elke graad van onsekerheid oor die motief vir die aanvalle. Dit klassifiseer eerstens die manier waarop elke joernalis dood is (moord, ongeluk, kruisvuur, terroriste-aanval of onbevestig) en tweedens die sekerheid, moontlikheid of onwaarskynlikheidJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Deaths possibly linked to work dat die persoon se dood met sy werk verband hou.

Sedert die vroeë 1990's hou Rusland se mediamonitors boek van elke gewelddadige of suspisieuse dood. Dis nie altyd maklik om te bepaal of die dood met die persoon se werk te doen het nie omdat wetstoepassing-agentskappe in Rusland toe gesukkel het om by te hou met ’n vlaag moorde, en die aantal onopgeloste moorde op joernaliste het bly styg. In die laaste paar jaar hou die Sentrum vir Joernalisme in Uiterste Situasies al hierdie inligting op sy Memorium-webtuiste. Dit maak dit moontlik om te sien hoe ver ondersoeke na die sterftes gevorder het en hoe dikwels dit gelei het tot ’n verhoor.

Rusland en die res van die wêreld Die CPJ noem Rusland "die derde gevaarlikste land in die wêreld vir joernaliste" sedert 1991, met Algerië (1993–1996) eerste en Irak ná die inval in die land tweede."Exiled journalists, CPJ brief US congressional caucus on dangers facing Russian journalists", CPJ-nuusverslag, 28 Junie 2007, URL besoek op 8 Julie 2007.

Statistieke Die gewelddadige sterftes van joernaliste het in die Boris Jeltsin-era (1991–1999) begin en het voortgeduur onder Wladimir Poetin, die Russiese president van 31 Desember 1999 tot 7 Mei 2008.Gabriele Krone-Schmalz, "Press freedom", in Was passiert in Russland? F.A. Herbig: München, 2008 (4de uitg.), pp. 81-98 (in Duits). Toe Dmitri Medwedef president word, het hy gepraat van die nodigheid om ’n einde te maak aan "wettige nihilisme". In die laaste vyf jaar was daar ’n toename in verhoreSien grafieke 2 & 3, PARTIAL JUSTICE, Junie 2009 . "Killing with impunity in Russia, 1993-2008", pp. 11, 12. maar teen einde 2009 was daar nog geen groot deurbraak sedert sy inhuldiging in Mei 2008 nie.

 President  J J J J J J J P P P P P P P P P-M M  Jaar  1993 1994 1995 1996 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009  TOTAAL   Moord, kruisvuur,   terrorisme  10 12 22 20 10 10 11 17 11 23 11 12 5 13 3 5 5 199  Net moord  2 8 16 12 10 10 8 15 11 20 11 10 4 13 3 5 6 164  Verhore  - - - - 1 4 5 3 1 3 3 6 2 7 4 4 1 49

Die jaarlikse syfers in die tabel hier bo kom van die IFJ se databasis, waar besonderhede gevind kan word oor elke individu se dood. Die kategorieë "vermis" en "ongelukke" is nie in die tabel ingesluit nie.

Die derde stel getalle is die hofsake oor joernaliste se dood. Sommige sake het tot sewe jaar geneem om in die hof te beland, soos met die dood van Igor Domnikof en Dmitri Cholodof, maar in die meeste sterftes wat lei tot verhore, neem dit gemiddeld 12-24 maande van die sterfte tot die hofuitspraak.Joernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Trials for 2006 homicidesJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Trials for 2007 deaths

’n Lys van joernaliste wat in Rusland dood is Hier volg ’n lys van joernaliste wat sedert 1992 in Rusland gesterf het. Dit sluit sterftes van alle gewelddadige, voortydige of onbekende oorsake in en kan geverifieer word op die Engelse en Russiese weergawes van die IFJ se databasis.Joernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Dood en verdwynings, IFJ: BrusselsЖУРНАЛИСТЫ В РОССИИ. Смерти и исчезновения. База данных. МФЖ, Брюссель

Die Jeltsin-bewind 1992–1994 1992

Sergei Bogdanofski, korrespondent van TV Ostankino, in Moskouhttp://www.gdf.ru/murdered_journalists/list/1992

1993

Dmitri Krikorjants, korrespondent vir Express Chronicle, in sy woonstel in Grozni vermoor, 14-15 April

Oktober-gebeure in Moskou

Dood op 3 Oktober, naby Ostankino

1. Rory Peck, ARD Germany-operateur,

2. Ivan Scopan, TF-1 France-operateur,

3. Igor Belozerof, 4th Channel Ostankino

4. Sergei Krasilnikof, redakteur van TV Ostankino

5. Wladimir Drobisjef, tydskrif People and nature

Dood op 4 Oktober, naby Parlementshuis

6. Aleksander Sidelnikof, vryskut-joernalis van Sint Petersburg

7. Aleksander Smirnof, koerant Youth Courier in Josjkar-Ola

Elena Tkatsjewa, proefleser vir koerant Kuban Courier, dood in Krasnodar op 29 November in bomontploffing in die koerant se gebou Marina Iskanderowa, TV-joernalis, vermoor in haar woonstel in Nadim, Desember

1994

Moord (IFJ-databasis)

Sergei Doebof, Moskou, kontrakmoordJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Doebof Andrei Aidzerdzis, Chimki, doodgeskiet in kontrakmoordJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Aidzerdzis Joeri Soltis, Moskou-streek, doodgeslaanJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Soltis Tatjana Zjoerawljowa, Woronezj-streek, beroof en vermoor saam met Igor Zjoerawljof, haar man, terwyl hulle op die platteland gery hetJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Zjoerawljowa Jelena Rosjtsjina, Iwanowo, in haar woonstel vermoorJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Rorsjtsjina

Dmitri Cholodof, joernalis van die koerant Moskofski Komsomolets, 17 Oktober, toe ’n briewetas in sy kantoor ontplofSien gevallestudie by PARTIAL JUSTICE , IFJ: Brussel, Junie 2009, bl. 29-31

Daar was ook vier sterftes in Tsjetsjnië nadat die konflik daar in November begin het.

Kruisvuur (IFJ-databasis).Joernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, 1994 crossfire deaths

31/12/1994 Bilal Achmadof 22/12/1994 Cynthia Elbaum 14/12/1994 Gelani Tsjarigof 26/11/1994 Hoessein Goezoejef

1995–1996 1995

Wladimir Zjitarenko, korrespondent van die koerant Krasnaja Zwezda Sjamchman Kagirof, korrespondent van die koerant Wosrozjdenije Ferhad Kerimov, kameraman van Associated Press Wladislaf Listjef, hoof van die TV-kanaal ORT, Moskou, 1 Maart Ewgeni Moltsjanof, kameraman van TV-kanaal NTV Yohan Pist, korrespondent van die tydskrif Stern Feliks Titif, Tsjetsjnië, fotograaf van die koerant Nefskoje Wremja Maksim Sjabalin, Tsjetsjnië, korrespondent van die koerant Nefskoje WremjaJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Sjabalin Walentin Janoes, kameraman van die TV-kanaal Pskof siti

Moord (IFJ-databasis)Joernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, 1995 homicides

08/11/1995 Sergei Ananjef 02/11/1995 Andrei Oelanof 10/08/1995 Wadim Obechof 04/08/1995 Sergei Nazarof 31/03/1995 Roeslan Tsebijef (Tsjetsjnië) 16/03/1995 Aleksei Chropof 08/03/1995 Oleg Otsjkasof 03/03/1995 Igor Kawerin 17/02/1995 Wjatsjeslaf Roednef 01/01/1995 Pjotr Nowikof Aleksander Konowalenko, Wolgograd, doodgeslaan in polisiekantoorJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Konowalenko Natalia Aljakina-Mroszek, naby Boedjonnofsk, geskietJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Aljakina Viktor Litwinof, Moskou, dood ná straataanvalJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Litwinof Yaroslav Zwaltsef, Magnitogorsk, geskiet in kontrakmoordJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Zwaltsef Vadim Alferjef, Krasnojarsk, dood nadat hy geslaan isJoernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis, Alferjef

Kruisvuur (IFJ-databasis)Joernaliste in Rusland, ’n aanlyn-databasis 06/05/1995 Malkan Soeleimanowa

1996

Lef Bogomolof, hoofredakteur van Kaloega Wetsjernjaja Anatoli Beloesof, assistent-hoofredakteur van Krasnaja Zwezda Iwan Gogoen, korrespondent van Groznenski Rabotsji Marina Gorelowa, TV-verslaggewer van Otetsjestwo Nina Efimowa, korrespondent van Wozrozjdenije Aleksander Zaitsef, direkteur van TV-kanaal Forward Viktor Michailof, misdaadkorrespondent van Zabaikalski Rabotsji Viktor Pemenof, Wainach-TV-operateur Sergei Semisotof, redakteur van Traktir po Pjatnitsam, vermoor in Wolgograd Oleg Slaibnko, TV-redakteur van Ostankino, in sy woonstel vermoor Feliks Solowjof, koerant Aeroflot se redaksieraad, vermoor in MoskouУбийства в Москве // Коммерсантъ, 28 февраля 1996 Anatoli Tjoetnikof, assistent-hoofredakteur van Wetsjerni Peterboerg Ramzan Chadjijef, ORT-korrespondent, in Tsjetsjnië"Журналисты, погибшие в Чечне" Kommersant. 21 Desember 1999. URL besoek op 4 Julie 2009. Nadezjda Tsjaikowa, ondersoekende joernalis van Obsjtsjaja Gazeta, in TsjetsjniëУбита обозреватель «Общей газеты» // Коммерсантъ, 13 апреля 1996 Nikita Tsjigarkof, personeellid van Oetrenni Ekspress, doodgeslaan en beroof in Moskou Kim En Chan, korrespondent van verskeie koerante in Sachalin en van Blagodatnaja Semja, in Moskou Joeri Sjmakof, Otetsjestwo-TV-korrespondent Anatoli Jagodin, korrespondent van Na Bojewom Postoe, vermoor deur Tsjetsjniese militanteВ Чечне убит журналист // Коммерсантъ, 20 апреля 1996

Moord (IFJ-databasis) 06/12/1996 Kirill Polenof 08/02/1996 Joeri Litwinof

1997–1999 1997