Seshego is 'n dorp in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die dorp lê direk noord-wes van Polokwane (Pietersburg).
In 2001 het Seshego 'n bevolking van 121,639 mense gehad. Tot 1974 was Seshego die hoofstad van die nie-onafhanklike bantoestan van Lebowa, wat in 1994 afgeskaf is. Die dorp se industrieë produseer voedsel, drank, tabak, tekstiele, kleredrag, leergoedere, hout en houtprodukte, gefabriseerde metaalprodukte, masjinerie, en toerusting. Baie van Seshego se inwoners pendel na Polokwane vir werk.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Limpopo