Agamemnon (Grieks: Ἀγαμέμνων) is ’n karakter in die Griekse mitologie. Hy was die seun van koning Atreus van Micene en self die koning van óf Micene óf Argos. Toe Helena, die vrou van Menelaos, deur Paris van Troje ontvoer word, was Agamemnon die bevelvoerder van die Achajers in die daaropvolgende Trojaanse Oorlog.
Etimologie Sy naam in Grieks, Ἀγαμέμνων, beteken "baie standvastig", "onbuigbaar".Robert S. P. Beekes, Etymological Dictionary of Greek, Brill, 2009, p. 8.
Verwysings
Kategorie:Karakters in die Griekse mitologie Kategorie:Achajers (Trojaanse Oorlog)