VfL 07 Bremen is 'n sokkerklub uit Bremen in die deelstaat Hansestad Bremen in Duitsland.
Die klub is op 2 Junie 1907 gestig deur Hermann Pöpper, die 14-jarige seun van 'n plaaslike bakker en 'n paar van sy vriende. Die nuwe klub se naam was FC Hohenzollern ter ere van Wilhelm II van Hohenzollern, destyds die Duitse keiser. In die 1920’s is verskeie ander sportafdelings opgerig en is die naam Verein für Leibesübungen von 1907 (F.C. Hohenzollern) aangeneem. Die huidige naam is net na die Tweede Wêreldoorlog aangeneem. Die klubkleure van blou en geel is ontleen aan die kleure van SC Victoria Hamburg.
Die klub se amptelike webblad beskou sy promosie na die Verbandsliga Bremen in 2007 as sy grootste prestasie.
Onlangse ligaposisionering
1998-99 (VIII) Kreisliga A Bremen 8ste 1999-00 (VIII) Kreisliga A Bremen 2de 2000-01 (VII) Bezirksliga Bremen 5de 2001-02 (VII) Bezirksliga Bremen 7de 2002-03 (VII) Bezirksliga Bremen 6de 2003-04 (VII) Bezirksliga Bremen 1ste 2004-05 (VI) Landesliga Bremen 8ste 2005-06 (VI) Landesliga Bremen 6de 2006-07 (VI) Landesliga Bremen 2de 2007-08 (V) Verbandsliga Bremen 12de 2008-09 (V) Oberliga Bremen 9de 2009-10 (V) Oberliga Bremen
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Bremen 2009/10-seisoen Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – FC Bremerhaven – OSC Bremerhaven – Brinkumer SV – SV Grohn - Habenhauser FV – TSV Blouwit Melchiorshausen – FC Oberneuland II – TSV Osterholz-Tenever - TuS Schwachhausen – SG Aumund Vegesack – TSV Wulsdorf
Kategorie:Bremen Bremen