Sir Andrew Barron Murray, beter bekend as Andy Murray (gebore 15 Mei 1987 in Glasgow, Skotland), is 'n Britse professionele tennisafrigter en voormalige -wêreld-no. 1-speler. Hy het sy ridderskap op 16 Mei 2019 van Prins Charles ontvang, twee jaar nadat dié eer hom te beurt geval het.
Prestasies duimnael|links|upright|Murray wen die Cincinnati-meesters in 2008 duimnael|links|upright|Murray tydens die Franse Ope in 2009 duimnael|links|upright|Andy Murray in 2010 duimnael|links|upright|Murray in 2011 tydens die Australiese Ope duimnael|links|upright|Murray tydens die Australiese Ope in 2015 Murray beklee tans die no. 97-posisie op die wêreldranglys as enkelspelspeler. Hy het tydens die Olimpiese Somerspele van 2016 die goue medalje in die mansenkelspel gewen en sodoende sy titel van die Olimpiese Somerspele 2012 in Londen verdedig, ’n prestasie wat nog geen ander enkelspelspeler bereik het nie. Tydens die openingseremonie het hy as draer van die Britse vlag opgetree.
Murray het al drie Grand Slam-toernooie gewen. Benewens Olimpiese kampioen, was hy ook al ’n Davisbekerkampioen en wenner van die ATP-eindrondte in 2016.
Hy het Novak Djokovic in 2012 in die VSA-Ope se eindstryd geklop en was die eerste Britse speler sedert 1977, en die eerste Britse man sedert 1936, wat ’n Grand Slam-enkelspeleindstryd gewen het. Hy is ook die eerste Britse man sedert Fred Perry in 1936 wat meer as een Wimbledon-enkelspeltitels gewen het.
Hy was in die Britse span wat die Davisbeker in 2015 die eerste keer sedert 1936 gewen het.
Loopbaan Murray het in 2005 professioneel begin tennis speel. Hy het al tot 11 Grand Slam-eindstryde deurgedring en drie titels ingepalm. Sy eerste keer was tydens die VSA-Ope van 2012, die tweede keer in die Wimbledon-kampioenskap van 2013 en die derde keer in die Wimbledon-kampioenskap van 2016.
2010 Murray verloor in drie stelle teen Roger Federer in die Australiese Ope. Die eindtelling was 6–3, 6–4, 7–6(11).
2011 Murray verloor in drie stelle teen Djokovic in die Australiese Ope. Die eindtelling was 6–4, 6–2, 6–3.
2012 Murray wen die VSA-Ope met 'n telling van 7-6 (12/10), 7-5, 2-6, 3-6, 6-2 teen Djokovic. Hiermee word hy die eerste Britse man sedert Fred Perry in 1936 wat 'n Grand Slam-titel wen.
2017 Murray is in 2017 tot ridder geslaan danksy sy diens aan tennis en welsyn. Hy het die kwarteindrondte van die Katar-Ope gehaal, maar teen Djokovic verloor. In die Australiese Ope het hy in die vierde rondte teen Mischa Zverev verloor.
In Doebai het Murray in Februarie sy enigste toernooi van die jaar in skoon stelle teen Fernando Verdasco gewen. Die volgende week het hy ’n skoknederlaag in Indian Wells teen Vasek Pospisil gely. In die Franse Ope het hy tot die halfeindrondte deurgedring waar hy in vyf stelle deur Stan Wawrinka geklop is.
Ondanks kommer oor ’n heupbesering het hy as die verdedigende kampioen aan Wimbledon deelgeneem. Hy het tot die kwarteindrondte deurgedring, waar hy in vyf stelle deur Sam Querrey verslaan is. Hy het die Kanadese Ope en Cincinnati-meesterstoernooi misgeloop weens sy heupbesering en hy het sy no. 1-posisie aan Rafael Nadal afgestaan. Weens sy besering het hy aan die VSA-Ope onttrek; dit was die eerste Grand Slam-toernooi sedert die Franse Ope van 2013 wat hy misgeloop het.
Murray het daarna gesê hy sal moontlik nie weer in 2017 aan ’n professionele toernooi deelneem nie. Eindelik het hy nie weer gespeel nie en in November het hy gedaal tot no. 16, sy laagste posisie sedert Mei 2008.
2018 Murray het weens sy heupbesering aan die Brisbane-Internasionaal en die Australiese Ope onttrek. Op Instagram het hy gesê rehabilitasie en ’n operasie was moontlikhede vir herstel, maar dat laasgenoemde dalk nie suksesvol sou wees nie. Op 8 Januarie het hy op Instagram aangekondig hy het ’n heupoperasie ondergaan.
In Maart het Murray sy Britse no. 1-posisie vir die eerste keer sedert 2006 verloor. Hy het in die Queen's Club-kampioenskapsbyeenkoms sy terugkeer gemaak en in die eerste rondte in drie stelle teen Nick Kyrgios verloor. In die Eastbourne-Internasionaal het hy in die eerste rondte teen Stan Wawrinka gewen, maar in die tweede rondte teen Kyle Edmund verloor. Hy het aan Wimbledon onttrek. As gevolg hiervan het hy tot no. 839 op die ATP-ranglys geval.
In die VSA-Ope het hy in die tweede rondte in vier stelle teen Fernando Verdasco verloor. Hy het daarna aan die Davisbeker onttrek om van sy besering te herstel. Ná die Shenzhen-Ope, waarin hy in die kwarteindrondte deur Fernando Verdasco geklop is, het hy sy seisoen vroeg beëindig weens ’n probleem met sy enkel sodat hy fiks kon wees vir die volgende jaar.
2019 In die Brisbane-Internasionaal het hy die eerste rondte teen James Duckworth in skoon stelle gewen, maar erken dat hy nie weet hoe lank hy nog topgehaltetennis sou kon speel nie weens sy heupprobleme. Murray is in die volgende rondte uitgeskakel deur Daniil Medvedev, wat in dié stadium die wêreld se no. 16-speler was.
Op 11 Januarie 2019, op ’n perskonferensie net voor die Australiese Ope, het ’n emosionele Murray aangekondig hy gaan uittree omdat sy heup hom al lank las gee. Hy het die moontlikheid van ’n tweede heupoperasie genoem, maar gesê dit sou wees om sy pyn te verlig en nie noodwendig om sy loopbaan te verleng nie. Op 29 Januarie het Murray op Instagram gesê hy het ’n tweede operasie ondergaan. Op 7 Maart het hy aangekondig hy het nie meer pyn nie danksy die operasie en sou dalk terugkeer om professionele tennis te speel, maar dit sou van sy heup afhang en hy sou sy toestand toets deur dubbelspelwedstryde te speel.
Op 16 Mei het Murray sy ridderskap van prins Charles in Buckingham-paleis ontvang twee jaar nadat dit aan hom toegeken is.
Murray het in Junie na professionele tennis teruggekeer deur in die Queen's Club-kampioenskapsbyeenkoms saam met Feliciano Lopez in dubbelspelwedstryde te speel. Hulle het tot die eindstryd deurgedring en Rajeev Ram en Joe Salisbury geklop. Daarna het Murray gesê sy heup voel goed en hy het nie pyn nie.
Hy het saam met Marcelo Melo as dubbelspelmaat in die Eastbourne-Internasionaal gespeel, waar hulle in die eerste rondte verloor het. . Op Wimbledon het hy en sy mansdubbelspelmaat, Pierre-Hugues Herbert, in die twee rondte verloor, terwyl hy en sy gemengdedubbelspelmaat, Serena Williams, in die derde rondte verloor het.
Grand Slam-rekord duimnael|upright|Andy Murray nadat hy die Wimbledon-kampioenskap in 2013 gewen het duimnael|upright|Andy Murray nadat hy die Wimbledon-kampioenskap in 2016 gewen het Die tabel toon Murray se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope2005Nie gespeel nieNie gespeel nie Rondte 3 Rondte 22006 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 4 Rondte 42007 Rondte 4Nie gespeel nieNie gespeel nie Rondte 32008 Rondte 1 Rondte 3 Kwarteindstryd Eindstryd2009 Rondte 4 Kwarteindstryd Halfeindstryd Rondte 42010 Eindstryd Rondte 4 Halfeindstryd Rondte 32011 Eindstryd Halfeindstryd Halfeindstryd Halfeindstryd2012 Halfeindstryd Kwarteindstryd Eindstryd Wenner2013 EindstrydNie gespeel nie Wenner Kwarteindstryd2014 Kwarteindstryd Halfeindstryd Kwarteindstryd Kwarteindstryd2015 Eindstryd Halfeindstryd Halfeindstryd Rondte 42016 Eindstryd Eindstryd Wenner Kwarteindstryd2017 Rondte 4 Halfeindstryd KwarteindstrydNie gespeel nie2018Nie gespeel nieNie gespeel nieNie gespeel nie Rondte 22019 Rondte 1Nie gespeel nieNie gespeel nieNie gespeel nie2020Nie gespeel nie Rondte 1 Toernooi nie gehou nie Rondte 22021Nie gespeel nieNie gespeel nie Rondte 3 Rondte 12022 Rondte 2Nie gespeel nie Rondte 2 Rondte 32023 Rondte 3Nie gespeel nie Rondte 2 Rondte 22024 Rondte 1 Rondte 1Nie gespeel nieNie gespeel nie
Verwysings
Eksterne skakels
Andy Murray se amptelike webwerf Webwerf vir bewonderaars Andy Murray se ATP-profiel Andy Murray se ITF-profiel
Kategorie:Skotse sportlui Kategorie:Tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers