Moskou-oblast (Russies: Моско́вская о́бласть, Moskofskaja oblast) of Podmoskowje (Подмоско́вье) is ’n oblast (deelgebied) van Rusland. Dit lê in die Sentrale Federale Distrik en die administratiewe hoofstad is Moskou.

Sy oppervlakte, 45 900 km², is redelik klein in vergelyking met ander deelgebiede s'n, maar dit is die tweede digs bevolkte deelgebied in die landПлотность населения и система расселения. naas die Federale Stad Moskou wat, hoewel dit in die oblast lê, nie deel daarvan is nie.

Moskou-oblast is hoogs geïndustrialiseerd, met die vernaamste sektore metallurgie, olieraffinadery en meganiese ingenieurswese.

Geskiedenis Die oblast is op 14 Januarie 1929 binne die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek gestig as die Sentraal-industriële Oblast (Центральнопромышленная область, Tsentralnopromisjlennaja oblast) uit die goewerneurskappe van Moskou, Rjazan, Toela en Twer. Dit het op 3 Junie 1929 sy huidige naam gekry.

In September 1937 is die oblast verdeel in Moskou-, Rjazan- en Toela-oblast en is sy huidige grense vasgelê.

Geografie Moskou-oblast grens aan Twer-, Jaroslawl-, Wladimir-, Rjazan-, Toela-, Kaloega- en Smolensk-oblast. Dit omring ook die Federale Stad Moskou, wat nie deel van die oblast is nie, maar ’n deelgebied uit eie reg.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Ontvangers van die Orde van Lenin Kategorie:Russiese oblaste