Oeljanofsk-oblast (Russies: Улья́новская о́бласть, Oeljanofskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Wolga- Federale Distrik en die hoofstad is Oeljanofsk, genoem na Wladimir Lenin, wie se regte van Oeljanof was.

Geografie Die oblast grens aan Tsjoewasjië, Tatarstan, Samara-oblast, Saratof-oblast, Penza-oblast en die Republiek van Mordowië.

Dit is aan die noordelike rand van die Sentrale Steppe geleë – 25% van die gebied bestaan uit woude en die res uit steppe en moerasse. Die Wolga-rivier verdeel Oeljanofsk-oblast in die helfte. Die oostelike deel is meestal plat en die westelike deel ’n heuwelagtige gebied.

Demografie Sowat 55% van die bevolking woon in twee stede met meer as 25 000 inwoners, Oeljanofsk en Dimitrowgrad. Russe maak 72% daarvan uit, Tatare 12%, Tsjoewasjiërs 8%, Mordwiniërs 4% en die res 4%. Die meeste behoort tot die Russies-Ortodokse Kerk, die ander 15% is Islam.

Ekonomie Oeljanofsk en Dimitrowgrad is nywerheidstede en het talle groot fabrieke. Landbou is toegesits op veeteelt.

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Russiese oblaste