Die nasionale vlag van Togo is op 27 April 1960 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon vyf horisontale afwisselende groen en geel bane en in die skildhoek is een vyfpuntige wit ster op ’n rooi agtergrond.

Simboliek Die kleure op die vlag van Togo is ook die Pan-Afrika kleure van groen, rooi en geel. Elke kleur stel ook iets anders voor; rooi stel die bloed voor van vegters vir Togo se onafhanklikheid, groen stel die landbou en die hoop op ’n goeie toekoms en die nuwe tydperk wat met die koms van onafhanklikheid aangebreek het, voor, geel stel nasionale eenheid voor en wit simboliseer wysheid en vrede. Togo by Flags of the World, URL besoek op 15 Mei 2019.

Die vyf bane simboliseer die verskeidenheid van die land, waain die eenheid moet lê. Daarbenewens lyk dit soos vyf vingers en staan in die hoedanigheid vir aksie: die besluitvaardigheid om alle moeilikhede te oorwin. Dit kan ook die vyf streke (provinsies) van Togo (die savannahstreek, die Karastreek, die sentrale streek, die platostreek en die kusstreek) voorstel. Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books.

Die ster verwys na die lewe, die volk en innerlike ontwikkeling. Die ster styg ook simbolies uit die bloed op, as verwysing na die vryheid en onafhanklikheid van die land en die wil om dit te behou.

Die Togolese vlag lyk baie soos die vlag van Liberië, wat op sy beurt gebaseer is op die vlag van die Verenigde State.

Ontwerp Die lengte-wydteverhouding van die vlag is 1:1,618 (500:809), waartoe die goue verhouding benader word. Elke baan neem een vyfde van die wydte van die vlag in. Die skildhoek is vierkantig en elke is so lank soos die wydte (hoogte) van drie horisontale bane.

Ander vlae

Soortgelyke vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Togo by Flags of the World.

Togo Kategorie:Togo