duimnael|300px|

Rusland is verdeel in twaalf ekonomiese streke (Russies: экономи́ческие райо́ны, ekonomitsjeskije rajoni) – groepe administratiewe eenhede wat die volgende eienskappe deel: Ooreenstemmende ekonomiese en sosiale doelwitte en deelname aan ontwikkelingsprogramme; Min of meer dieselfde ekonomiese toestande en potensiaal; Dieselfde klimaats-, ekologiese en geologiese toestande; Ooreenstemmende metodes om nuwe konstruksies te inspekteer; Ooreenstemmende metodes om belastingkwessies te hanteer; Ooreenstemmende lewensomstandighede van die bevolking.

Geen federale deelgebied mag tot meer as een ekonomiese streek behoort nie. Die federale regering van Rusland besluit oor die stigting en afskaffing van ekonomiese streke of enige verandering in hul samestelling.

Hierdie verdeling in ekonomiese streke verskil van die indeling in federale distrikte – eersgenoemde is uitsluitlik vir ekonomiese en statistieke doeleindes, terwyl laasgenoemde suiwer om administratiewe redes is.

Lys en samestelling van die ekonomiese streke Hier volg ’n lys van die ekonomiese streke volgens bevolking.

Sentrale (Центральный, Tsentralni) Brjansk-oblast Iwanowo-oblast Kaloega-oblast Kostroma-oblast Federale stad Moskou Moskou-oblast Orjol-oblast Rjazan-oblast Smolensk-oblast Toela-oblast Twer-oblast Wladimir-oblast Jaroslawl-oblast Oeral (Уральский, Oeralski) Republiek van Basjkortostan Tsjeljabinsk-oblast Koergan-oblast Orenburg-oblast Perm-krai Swerdlofsk-oblast Republiek van Oedmoertië Noord-Kaukasus (Северо-Кавказский, Sewero-Kafkazski) Republiek van Adigea Tsjetsjniese Republiek Republiek van Dagestan Republiek van Ingoesjetië Republiek van Kabardino-Balkarië Republiek van Karatsjai-Tsjerkessië Krasnodar-krai Republiek van Noord-Ossetië-Alanië Rostof-oblast Stawropol-krai Wolga (Поволжский, Powolzjski), die tradisionele naam, wat beteken "die gebied aan die Wolga-rivier" Astrachan-oblast Republiek van Kalmikië Penza-oblast Samara-oblast Saratof-oblast Republiek van Tartarstan Oeljanofsk-oblast Wolgograd-oblast Wes–Siberiese (Западно-Сибирский, Zapadno-Sibirski) Altai-krai Republiek van Altai Kemerowo-oblast Chanto-Mansië Nowosibirsk-oblast Omsk-oblast Tomsk-oblast Tjoemen-oblast Jamalo-Nenetsië Oos–Siberiese (Восточно-Сибирский, Wostotsjno-Sibirski) Boerjatië Irkoetsk-oblast Republiek van Chakassië Krasnojarsk-krai Republiek van Tiwa Zabaikalski-krai Wolga-Wjatka (Волго-Вятский, Wolgo-Wjatski) Republiek van Tsjoewasjië Kirof-oblast Republiek van Mari El Republiek van Mordowië Nizjni Nowgorod-oblast Noordwestelike (Северо-Западный, Sewero-Zapadni) Leningrad-oblast Nowgorod-oblast Pskof-oblast Federale stad Sint Petersburg Sentraal-Swartgrond (Центрально-Чернозёмный, Tsentralno-Tsjernozjomni) Belgorod-oblast Koersk-oblast Lipetsk-oblast Tambof-oblast Woronezj-oblast Verre-Oosterse (Дальневосточный, Dalnewostotsjni) Amoer-oblast Tsjoekotka Joodse Outonome Oblast Kamtsjatka-krai Chabarofsk-krai Magadan-oblast Primorski-krai Sacha (Jakoetië) Sachalin-oblast Noordelike (Северный, Sewerni) Archangelsk-oblast Republiek van Karelië Republiek van Komi Moermansk-oblast Nenets- Outonome Okroeg Wologda-oblast Kaliningrad (Калининградский, Kaliningradski) Kaliningrad-oblast

Sien ook Federale distrikte van Rusland

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Economic regions of Russia