duimnael|350px| Die nege federale distrikte (Russies: федера́льные округа́, federalnije okroega) is ’n indeling van die federale deelgebiede van Rusland om administrasie te vergemaklik. Elke distrik bestaan uit verskeie federale deelgebiede en elk het ’n presidensiële afgevaardigde.

Die voormalige Russiese president Wladimir Poetin het die federale distrikte in Mei 2000 gestig as deel van ’n groter program om federale mag te versprei. Daar was aanvanklik sewe distrikte, maar op 19 Januarie 2010 het die agtste een, die Federale Distrik Noord-Kaukasus, ontstaan uit die Suidelike Federale Distrik en op 21 Maart 2014 is die Federale Distrik Krim gestig ná die betwiste anneksasie van die Krim deur Rusland.

Vir ekonomiese en statistieke doeleindes word die federale deelgebiede ook gegroepeer in twaalf ekonomiese distrikte, wat ’n aparte indeling is.

Lys en samestelling van die federale distrikte Hier volg ’n lys van die federale distrikte met hulle deelgebiede.

Sentrale (Центральный, Tsentralni) Belgorod-oblast Brjansk-oblast Iwanowo-oblast Jaroslawl-oblast Kaloega-oblast Koersk-oblast Kostroma-oblast Lipetsk-oblast Federale stad Moskou Moskou-oblast Orjol-oblast Rjazan-oblast Smolensk-oblast Tambof-oblast Toela-oblast Twer-oblast Wladimir-oblast Woronezj-oblast Suidelike (Южный, Joezjni) Adigea Astrachan-oblast Kalmikië Krasnodar-krai Rostof-oblast Wolgograd-oblast Noordwestelike (Северо-Западный, Sewero-Zapadni) Archangelsk-oblast Nenetsië Kaliningrad-oblast Karelië Komi Leningrad-oblast Moermansk-oblast Nowgorod-oblast Pskof-oblast Federale stad Sint Petersburg Wologda-oblast Verre-Oosterse (Дальневосточный, Dalnewostotsjni) Amoer-oblast Chabarofsk-krai Sacha (Jakoetië) Joodse Outonome Oblast Kamtsjatka-krai Magadan-oblast Primorski-krai Sachalin-oblast Tsjoekotka Siberiese (Сибирский, Sibirski) Republiek van Altai Altai-krai Boerjatië Chakassië Irkoetsk-oblast Kemerowo-oblast Krasnojarsk-krai Nowosibirsk-oblast Omsk-oblast Tiwa Tomsk-oblast Zabaikalski-krai Oeral (Уральский, Oeralski) Chanto-Mansië Jamalië Koergan-oblast Swerdlofsk-oblast Tjoemen-oblast Tsjeljabinsk-oblast Wolga (Поволжский, Powolzjski – die tradisionele naam, wat beteken "die gebied aan die Wolga-rivier") Basjkortostan Kirof-oblast Mari El Mordowië Nizjni Nowgorod-oblast Oedmoertië Oeljanofsk-oblast Orenburg-oblast Penza-oblast Perm-krai Samara-oblast Saratof-oblast Tartarstan Tsjoewasjië Noord-Kaukasus (Северо-Кавказский, Sewero-Kafkazski) Dagestan Ingoesjetië Kabardino-Balkarië Karatsjai-Tsjerkessië Noord-Ossetië Stawropol-krai Tsjetsjnië Krim (Крымский, Krimski) Republiek Krim Sewastopol

Sien ook Ekonomiese distrikte van Rusland

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia