Die nasionale vlag van Tsjad is op 6 November 1959 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale driekleur in ewe wye bane in (van vlagpaalkant) blou, geel en rooi.

Simboliek Die kleure op die vlag van Tsjad stel elk iets anders voor: blou stel die lug en die waters in die suide voor, geel stel die son en die woestyn in die noorde voor en rooi stel die heldhaftigheid in die stryd om nasionale bevryding voor. Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books.

Ontwerp Die vlag van Tsjad is gebaseer op die vlag van Frankryk en is ’n kombinasie van die kleure van die Franse vlag (rooi, wit en blou) en die Pan-Afrika kleure (rooi, geel en groen). Die vlag is presies dieselfde as die vlag van Roemenië.

Kleure duimnael|’n Wapperende vlag van Tsjad Die kleurskema word hieronder gelys:

30px Blou Goud Rooi RGB 0-32-91 252-205-0 200-16-46 Heksadesimaal #00205B #FFCD00 #C8102E

Ander vlae Vorige vlae

Soortgelyke vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tsjad by Flags of the World.

Tsjad Kategorie:Tsjad