Anatolië (Turks: Anadolu), ook bekend as Klein-Asië,Nog alternatiewe name sluit in Asiatiese Turkye, die Anatoliese Skiereiland en die Anatoliese Plato. is 'n skiereiland aan die wespunt van Asië, wat twee derdes (87 persent) van die hedendaagse Turkye insluit. Die gebied strek oor 'n oppervlakte van 756 000 vierkante kilometer. Dit word in die weste deur die Egeïese See begrens, in die noordweste deur die See van Marmara en Thracië, en in die noorde deur die Swartsee.

Topografies verbind die See van Marmara die Swartsee met die Egeïese See deur die Bosporus en die Dardanelle, en skei dit Anatoloië van Thraciè in Suidoos-Europa.

In die Neolitikum was Anatolië 'n vroeë sentrum vir die ontwikkeling van boerdery nadat dit in die aangrensende Vrugbare Halfmaan begin het. Van sowat 9 000 jaar gelede af was daar 'n groot migrasie van Anatoliese Neolitiese boere na Europa, met hulle afstammelinge wat die vasteland in die weste tot by die Iberiese Skiereiland en die Britse eilande oorheers het.

Die vroegste bekende bewoners van Anatolië, wat nie Indo-Europees of Semities was nie, is geleidelik opgeneem in die inkomende Indo-Europese Anatoliese volke, wat die nou uitgestorwe Anatoliese tale gepraat het. Die groot Anatoliese tale was Hetities, Loewies en Lidies. Ander plaaslike tale, hoewel dit nie so volop was nie, sluit in Frigies en Misies. Die Horities-Urartiese tale is in Mitanni in die suidooste gepraat en Galaties, 'n Keltiese taal, in Galasië op die sentrale skiereiland. Onder die ander volke wat 'n aansienlike teenwoordigheid in antieke Anatolië gehad het, was die Horiete, Assiriërs, Armene en Kimmeriërs, sowel as 'n paar antieke Griekse stamme. In die tydperk van die klassieke oudheid is die Anatoliese tale grootliks vervang met Grieks, wat die streek verder in die Hellenistiese en die Romeinse tydperk oorheers het.

In die Bisantynse tydperk het die invloed van Grieks deur die skiereiland afgeneem terwyl die Bisantyns-Seldjoekse oorloë die inkomende Seldjoeke in staat gestel het om 'n vastrapplek in die streek te kry. Die proses van Anatolië se Turkifikasie het dus in die 11de eeu onder die Seldjoekse Ryk begin en in die Ottomaanse tydperk voortgeduur tot die vroeë 20ste eeu, toe die Ottomaanse Ryk ineengestort het in die tyd ná die Eerste Wêreldoorlog.

Tussen 1894 en 1924 is miljoene nie-Turke en Christene onderdruk en deur die Turkse owerhede verwyder uit die grootste deel van wat vandag Turkye is. Tog word 'n verskeidenheid nie-Turkse tale steeds deur etniese minderhede in Anatolië gepraat, insluitende Arabies, Koerdies, Georgies en Grieks.

thumb|250px|links|Europa gedurende die Laaste Glasiale Tydperk sowat 20 000 jaar gelede. Anatolië was tot omstreeks 5600 v.C. aan die Europese vasteland verbind, toe die smelting van die yslae veroorsaak het dat die seevlak in die Middellandse See omtrent 120 m gestyg en tot die vorming van die Turkse Seestrate gelei het. Toe is twee voormalige mere, die See van Marmara en die Swartsee, met die Middellandse See verbind wat Anatolië van Europa skei. Geografie Anatolië word tradisioneel beskou as dat hy in die ooste loop tot by 'n vae lyn van die Golf van Iskenderun tot die Swartsee, aangrensend aan die Anatoliese plato. Volgens dié definisie word Anatolië in die ooste begrens deur die Armeense Hoogland en die Eufraat voordat die rivier na die suidooste draai om in Mesopotamië in te loop.Stephen Mitchell (1995). Anatolia: Land, Men, and Gods in Asia Minor. The Celts in Anatolia and the impact of Roman rule. Clarendon Press, 266 pp.

In die suidooste word dit begrens deur die bergreekse wat dit van die Orontesvallei in Sirië afsny en die Mesopotamiese vlakte.

Ná die Armeense volksmoord is Wes-Armenië deur die nuutgestigte Turkse regering hernoem tot die Oos-Anatoliese Streek. In 1941, met die Eerste Geografies Kongres wat Turkye in sewe geografiese streke verdeel het geskoei op verskille in klimaat en landskap, is die oostelike provinsies van Turkye in die Oos-Anatoliese Streek geplaasA Comparative Analysis Regarding Pictures Included in Secondary School Geography Textbooks Taught in Turkey. , Okan Yasar and Mehmet Seremet, International Research in Geographical and Environmental Education, 2007. wat grootliks ooreenstem met die historiese streek Wes-Armenië. Vazken Davidian het die uitgebreide naam Anatolië gebruik vir die gebied in Oos-Turkye wat voorheen "Armenië" genoem is.

Die hoogste berg in die Oos-Anatoliese Streek (ook die hoogste op die Armeense Hoogland) is berg Ararat (5 123 m). Die riviere Eufraat, Aras, Karasu en Murat verbind die Armeense Hoogland met die Suid-Kaukasus en die Bo-Eufraatvallei. Saam met die Çoruh is dié riviere die langstes in die Oos-Anatoliese Streek.

Name Die oudste naam vir enige gebied in Anatolië is vir die sentrale streek, wat bekend was as "Hatti". Dit is aanvanklik deur die antieke Hattiërs vir hulle land gebruik, maar het later die naam van die hele gebied onder die heerskppy van die Hetiete geword.

Die eerste aangetekende naam wat die Grieke vir die skiereiland gebruik het, was Ἀσία (Asia), hoewel dit nie baie gewild was nie.Henry George Liddell, Robert Scott, Ἀσία. , A Greek-English Lexicon, on Perseus. Dit kom miskien van die Akkadiese woord vir sonsopkoms of van die naam van Assoewa in Wes-Anatolië. Die Romeine het dit gebruik vir die naam van hulle provinsie Asia, wat die weste van die skiereiland asook die nabygeleë Egeïese eilande ingesluit het. Terwyl die naam "Asia" of "Asië" se gebruik uitgebrei is om die groter streek oos van die Middellandse See in te sluit, het sommige Grieke in die laat oudheid Μικρὰ Ἀσία (Mikrà Asía, "Klein-Asië") begin gebruik vir die hedendaagse Anatolië. Die hele ryk het egter daarna verwys as Ἀνατολή (Anatolḗ, letterlik "die Ooste").

Die endoniem Ῥωμανία (Rōmanía, "land van die Romeine" en dus die oostelike Romeinse provinsie) is as 'n ander naam vir die streek gebruik deur die invallende Seldjoekse Turke, wat in 1077 'n sultanaat van Rûm gestig het. So het (Land van die) Rûm 'n ander naam vir Anatolië geword. Teen die 12de eeu het Europeërs na Anatolië begin verwys as "Turchia".

In die tyd van die Ottomaanse Ryk het kaarttekenaars na die bergagtige plato in Oos-Anatolië as "Armenië" verwys. Ander kontemporêre bronne noem dieselfde gebied "Koerdistan". Geograwe het "Oos-Anatoliese plato", "Armeense plato" en "Iranse plato" vir die gebied gebruik. Die standaarddefinisie van Anatolië verwys na die hele Asiatiese deel van Turkye.

Turkye se Eerste Geografiese Kongres in 1941 het twee geografiese streke geskep vir die gebied oos van die Iskenderun-Swartsee-lyn, de Oos-Anatoliese Streek en die Suidoos-Anatoliese Streek.Ali Yiğit, "Geçmişten Günümüze Türkiye'yi Bölgelere Ayıran Çalışmalar ve Yapılması Gerekenler", Ankara Üniversitesi Türkiye Coğrafyası Araştırma ve Uygulama Merkezi, IV. Ulural Coğrafya Sempozyumu, "Avrupa Birliği Sürecindeki Türkiye'de Bölgesel Farklılıklar", pp. 34–35. . Eersgenoemde stem hoofsaaklik ooreen met die westelike deel van die Armeense Hoogland en laasgenoemde met die noordelike deel van die Mesopotamiese vlakte. Volgens die Amerikaanse historikus Richard Hovannisian was dit "nodig om alle bewyse van die Armeense teenwoordigheid uit te wis as deel van die nuutgestigte Turkse regering se beleid om die Armeense volksmoord te ontken".

Geskiedenis Prehistoriese Anatolië thumb|240px|Dié sirkelvormige struktuur in Göbekli Tepe is dalk al in 9600 v.C. opgerig.

Menslike bewoning van Anatolië strek terug tot die Paleolitikum. Neolitiese nedersettings sluit in Çatalhöyük, Çayönü, Nevali Cori, Aşıklı Höyük, Boncuklu Höyük, Hacilar, Göbekli Tepe, Norşuntepe, Köşk Höyük en Yumuktepe. Van hulle word Çatalhöyük (7000 v.C.) as die gevorderdste een beskou. Onlangse navorsing in argeogenetika het bevestig dat die verspreiding van landbou van die Midde-Ooste na Europa sterk verband hou met die migrasie van vroeë boere van Anatolië 9 000 jaar gelede en nie net 'n kulturele uitruiling was nie.

Anatoliese Neolitiese boere het die grootste deel van hulle herkoms geërf van plaaslike jagter-versamelaars, wat daarop dui dié jagter-versamelaars het landbou plaaslik aanvaar en dat dit nie na die streek gebring is nie. Anatoliese Neolitiese boere het dus oor Europa versprei, tot by die Iberiese Skiereiland en die Britse eilande in die westeen tot by Magreb. Die meeste moderne Europeërs het 'n aansienlike deel van hulle herkoms van dié Anatoliese boere geërf.

Die Neolitiese Anatalië is al voorgestel as die tuisland van die Indo-Europese taalfamilie, hoewel die meeste linguiste 'n latere oorsprong in die steppes noord van die Swartsee voorstaan. Tog is dit duidelik dat die Anatoliese tale, die vroegste aangetekende tak van Indo-Europees, minstens sedert die 19de eeu v.C. in Anatolië gepraat is.

Antieke Anatolië Die vroegste historiese data oor Anatolië kom blykbaar uit die Bronstydperk en duur deur die Ystertydperk. Die oudste tydperk in die geskiedenis van Anatolië strek van die opkoms van die antieke Hattiërs tot met die verowering van Anatolië in die 6de eeu v.C. deur die Achaemenidiese Ryk.

Hattiërs en Horiete Die vroegste aangetekende bewoners van Anatolië was die Hattiërs in Sentraal-Anatolië en die Horiete verder oos. Die Hattiërs was 'n inheemse volk, wie se hoofsentrum die stad Hattoesa was. Die affiliasie van Hatties is nog onduidelik, terwyl Horities behoort tot 'n familie van Horities-Urartiese tale. Al dié tale het uitgesterf.

Die streek het beroemd geword vir die uitvoer van grondstowwe. Georganiseerde handel tussen Anatolië en Mesopotamië het begin in die tyd van die Akkadiese Ryk en het toegeneem in die tyd van die Oud-Assiriese Ryk, tussen die 21ste en 18de eeu v.C. Assiriese handelaars het tin en tekstiele na Anatolië gebring in ruil vir koper, silwer of goud. Rekords in wigskrif wat uit die 20ste eeu v.C. dateer en by Kanesj ontdek is, het 'n gevorderde stelsel van handelsberekenings en kredietlyne gebruik.

Hetitiese Anatolië (18de-12de eeu v.C.)

thumb|240px|Die Sfinkspoort in Hattoesa.

Anders as die Akkadiërs en Assiriërs, wie se Anatoliese handelsposte aan die rand van hulle kerngebiede in Mesopotamië gelê het, was die Hetiete teen die 17de eeu v.C. in Hattoesa (die moderne Boğazkale) in Noordsentraal-Anatolië gesentreer. Hulle het Hetities, 'n Indo-Europese taal, gepraat wat hulle nesjili (die taal van Nesja) genoem het. Die Hetiete het ontstaan uit plaaslike antieke kulture wat in Anatolië ontstaan het. Hulle word omstreeks 2000 v.C. die eerste keer op die Assiriese tablette van Nesja genoem. Hulle het Hattoesa in die 18de eeu v.C. verower, en die Hattiërs en Horiete oorheers. Hulle het egter nie dié bevolkings noodwendig geneties verplaas nie, maar is in dié kulture opgeneem met behoud van hulle taal.

Die Hetiete het die Mesopotamiese wigskrif aangeneem. In die laat Bronstydperk, omstreeks 1650 v.C., is die nuwe Hetitiese koninkryk gestig en in die 14de eeu v.C. het dit 'n ryk geword ná die verowering van Kizzoewatna in die suidooste en die oorwinning van Assuwa in Wes-Anatolië. Die ryk het in die 13de eeu v.C. 'n hoogtepunt bereik toe dit 'n groot deel van Klein-Asië, Noordwes-Sirië en Noorwes-Mesopotamie beheer het. Die uitbreiding na die Swartsee is egter stopgesit deur die seminomadiese Kaskiërs, 'n nie-Indo-Europese volk.Carruba, O. Das Palaische. Texte, Grammatik, Lexikon. Wiesbaden: Harrassowitz, 1970. StBoT 10 'n Groot deel van die geskiedenis van die Hetitiese Ryk gaan oor oorlog met die mededingende ryke Egipte, Assirië en Mitanni.Georges Roux – Ancient Iraq