duimnael|300px| 'n Najade, deur John William Waterhouse, 1893: 'n waternimf kyk na 'n slapende Hylas.
Die Najades (Grieks: Ναϊάδες van νάειν, "vloei", en νἃμα, "lopende water") was in die Griekse mitologie nimfe wat wag gehou het oor fonteine, putte en strome.
Najades word met vars water verbind, nes die Okeaniede met sout water en die Nereïdes met die Middellandse See verbind word.
Etimologie Die Griekse woord is ναϊάς (naïás, [naːiás]), meervoud ναϊάδες (naïádes, [naːiádes]). Dit is afgelei van óf νάειν (náein), "vloei", óf νᾶμα (nâma), "lopende water".
Mite ’n Najade was baie nou verbind met haar water; as dit opgedroog het, het sy gesterf. Hulle kon gevaarlik en jaloers gewees het. Hulle was óf die dogters van Zeus óf verskeie Okeaniede.
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Naiad
Bronnelys Bibliotheca (Pseudo-Apollodorus) 2.95, 2.11, 2.21, 2.23, 1.61, 1.81, 1.7.6 Graves, Robert, The Greek Myths, 1955
Eksterne skakels Teoi Project: The Naiades Encyclopedia Mythica – Naiads
Kategorie:Nimfe