Magdalena del Carmen Frieda Kahlo y Calderón (* 6 Julie 1907 in Coyoacán, Meksikostad; † 13 Julie 1954 in Coyoacán, Meksikostad) was 'n Meksikaanse skilderes. Sy word by die beduidendste verteenwoordigers van volksverbonde surrealisme gereken, alhoewel haar werke soms ook elemente van Nuwe Saaklikheid toon. Haar selfportret, getiteld "El sueño" ("Die Droom"), hou die rekord as die duurste kunswerk deur 'n vroulike kunstenaar wat nog ooit op 'n veiling verkoop is, teen $54,7 miljoen.
Frida Kahlo het met haar skilderye dikwels na Meksiko se vroeë Asteekse en Maya-kuns verwys en daarnaas ook die Europese kunsgeskiedenis gereflekteer. Haar werke behandel eweneens sosiale en politieke kwelvrae. Haar betekenis as kunstenares word bevestig deur haar indrukwekkende verwerking van haar persoonlike lyde, veral haar chroniese siekte, maar ook haar huweliksprobleme. 55 van haar 143 skilderye is selfportrette.
Verwysings
Bronne
Kategorie:Meksikane Kategorie:Skilders Kategorie:Geboortes in 1907 Kategorie:Sterftes in 1954