Die Kamtsjatka-bruinbeer (Ursus arctos beringianus) is 'n bruinbeer en een van die eksotiese diersoorte wat in Siberië voorkom. Dit word op die Kamtsjatka-skiereiland, die Koeril-eilande, wes van die See van Ochotsk en op die Sjantar-eilande aangetref. Dit is nou verwant aan die bruinbere van Alaska. Kamtsjatka-bruinbere is van die mees gesogte diere om in Rusland te jag en kliënte betaal duisende rande om een te kan skiet.

Kategorie:Bere Kategorie:Dierelewe van die Arktiese gebied Kategorie:Siberiese dierelewe