duimnael|regs|Stadion am Sandweg, Göttingen

SVG Göttingen 07 is 'n sokkerklub uit Göttingen in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland.

Geskiedenis Die klub is in 1907 gestig as Fußballklub Göttingia. In 1919 is daar met Sport 08 saamgesmelt om die huidige klub te vorm. Die klub is in 1945 deur die Geallieerdes ontbind, maar is herstig, aanvanklik as Sport-Vereinigung Göttingen, maar later is die huidige naam weer teruggeneem.

Die klub se grootste prestasie was om die hoofrondte van die Tschammerpokal in 1934 te haal, waar daar met 1-5 teen FC Schalke 04 vasgeval is. Verder het die klub vanaf 1942 twee seisoene in die Gauliga op die hoogste vlak deurgebring.

Na die Tweede Wêreldoorlog kon die klub nie weer dieselfde hoogtes bereik nie en teen 2000 was die klub in 'n finansiële verknorsing. Die klub het aangebied om met 1. SC Göttingen 05, die stad se gunsteling-klub, saam te smelt, maar die lede van 1. SC Göttingen 05 het daarteen gestem. Dit was op die ou end 'n gelukkige uitkoms vir SVG Göttingen 07, aangesien 1. SC Göttingen 05 in 2003 bankrot verklaar is en dus die klub se lede ook oor die afgrond sou saamsleep indien hulle drie jaar vantevore saamgesmelt het.

Onlangse ligaposisionering

1979-80 (IV) Verbandsliga N-S 4de 1980-81 (IV) Verbandsliga N-S 8ste 1981-82 (IV) Verbandsliga N-S 8ste 1982-83 (IV) Verbandsliga N-S 14de 1983-84 (IV) Verbandsliga N-S 8ste 1984-85 (IV) Verbandsliga N-S 9de 1985-86 (IV) Verbandsliga N-S 2de 1986-87 (III) Amateur-Oberliga Noord 8ste 1987-88 (III) Amateur-Oberliga Noord 10de 1988-89 (III) Amateur-Oberliga Noord 14de 1989-90 (III) Amateur-Oberliga Noord 11de 1990-91 (III) Amateur-Oberliga Noord 13de 1991-92 (III) Amateur-Oberliga Noord 9de 1992-93 (III) Amateur-Oberliga Noord 13de 1993-94 (IV) Verbandsliga N-S 12de 1994-95 (IV) Oberliga N-Sakse/Bremen 12de1995-96 (IV) Oberliga N-Sakse/Bremen 3de 1996-97 (IV) Oberliga N-Sakse/Bremen 12de 1997-98 (IV) Oberliga N-Sakse/Bremen 7de 1998-99 (IV) Oberliga N-Sakse/Bremen 12de 1999-00 (IV) Oberliga N-Sakse/Bremen 15de 2000-01 (V) Verbandsliga Oos 16de 2001-02 (VI) Landesliga Brunswyk 13de 2002-03 (VI) Landesliga Brunswyk 9de 2003-04 (VI) Landesliga Brunswyk 14de 2004-05 (VII) Bezirksliga Brunswyk Suid 2de 2005-06 (VII) Bezirksliga Brunswyk Suid 2de 2006-07 (VI) Bezirksoberliga Brunswyk 5de 2007-08 (VI) Bezirksoberliga Brunswyk 2de 2008-09 (VI) Bezirksoberliga Brunswyk 1ste 2009-10 (V) Oberliga Nedersakse-Oos

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Neder-Sakse Oos 2009/10-seisoen SV Ahlerstedt-Ottendorf - SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Brunswyk II – FT Brunswyk – SV Rooiwit Cuxhaven – SV Drochtersen-Assel – MTV Gifhorn – SVG Göttingen 07 – TuS Güldenstern-Stade – TuS Heeslingen – VfV Borussia 06 Hildesheim - FC Hansa Lüneburg – FC Eintracht Northeim – BSV Ölper 2000 – VSK Osterholz-Scharmbeck – TSV Ottersberg – USI Lupo-Martini Wolfsburg

Göttingen Kategorie:Göttingen