TSV 1896 Rain is 'n sportklub uit Rain (Lech) in die deelstaat Beiere in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir swem, kegelbal, basketbal, handbal, gimnastiek, taekwondo, tafeltennis, atletiek, ski, pluimbal en liggaamsbou.

Die klub is op 10 Januarie 1896 gestig as 'n gimnastiekklub genaamd TV Rain. 'n Onafhanklike sokkerklub genaamd FC Rain is intussen op 31 Augustus 1920 in Rain gestig. As gevolg van die Tweede Wêreldoorlog het die twee klubs in 1941 tydelik saamgesmelt om Turn- und Sportgemeinschaft Rain am Lech te vorm. Na die oorlog het die klubs weer hulle eie gang gegaan, maar in 1946 is daar weer besluit om saam te smelt en die huidige klub is tot stand gebring.

Die klub se grootste presatsie was om die hoofrondte van die DFB-Pokal in 2000 te haal, waar daar in die eerste rondte met 7-0 verloor is teen FC Schalke 04 voor 'n tuisskare van 6 000.

Onlangse ligaposisionering

1994-95 (VII) Bezirksliga Noord 1ste 1995-96 (VI) Bezirksoberliga Schwaben 5de 1996-97 (VI) Bezirksoberliga Schwaben 1ste 1997-98 (V) Landesliga Suid 6de 1998-99 (V) Landesliga Suid 9de 1999-00 (V) Landesliga Suid 4de 2000-01 (V) Landesliga Suid 10de 2001-02 (V) Landesliga Suid 10de 2002-03 (V) Landesliga Suid 7de 2003-04 (V) Landesliga Suid 5de 2004-05 (V) Landesliga Suid 3de 2005-06 (V) Landesliga Suid 7de 2006-07 (V) Landesliga Suid 3de 2007-08 (V) Landesliga Suid 3de 2008-09 (V) Oberliga Beiere 16de 2009-10 (V) Oberliga Beiere

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Beiere 2009/10-seisoen TSV Aindling - SpVgg Ansbach 09 - 1. FC Bad Kötzting - TSV Buchbach - SpVgg Bayreuth - FSV Erlangen-Bruck - VfL Frohnlach - TSV Großbardorf - SpVgg Beiere Hof -FC Ingolstadt 04 II - FC Ismaning - SV Memmelsdorf - FC Memmingen - TSV 1896 Rain - TSV 1860 Rosenheim – SV Schalding-Heining - SV Seligenporten - TSG Thannhausen - SpVgg Unterhaching II

Rain