Die Antwoord is 'n musiekgroep wat in 2009 deur Watkin Tudor (Waddy) Jones (in Die Antwoord bekend as Ninja), Anri du Toit (Yo-Landi Vi$$er) en Justin de Nobrega (DJ Hi-Tek) in Kaapstad, Suid-Afrika, gestig is. Hul debuutalbum, $O$, is vir 'n kort rukkie gratis op die internet uitgereik. Die groep was in 2010 op 'n musiektoer deur Europa (insl.Skandinawië) en later in dieselfde jaar deur die VSA.

Wêreldwye deurbraak links|duimnael|Die Antwoord tree in 2019 by Rock im Park op. Met behulp van die internet het Die Antwoord binne 'n week 'n massiewe ondersteunersbasis gekry. Op 1 Februarie het Boing Boing die musiekvideo vir "Enter the Ninja" en 'n quasidokumentêr genaamd "Zef Side" gepubliseer. Soekenjinstatistieke toon dat Die Antwoord in Februarie 2010 op grond van internetsoeke selfs bekende musiekgroepe soos Animal Collective, Pavement en Wilco oortref het.Sien die Google-neiging by http://www.google.com/trends?q=die+antwoord,+animal+collective,+wilco,+pavement&ctab=0&geo=all&date=2010-2&sort=0 Tweets deur bekende musikante soos Fred Durst en Katy Perry het bygedra tot Die Antwoord se vinnige roem.Fred Durst tweet oor Die AntwoordKaty Perry resiteer 'n Die Antwoord-liedjie oor Twitter In 2022 het Ninja en Yolandi se aangenome seun, Gabriel "Tokkie" du Preez, hulle beskuldig van mishandeling, seksuele aanranding en slawerny op hom en sy suster Meisie in 'n video wat op Youtube geplaas is.Die Antwoord, des stars du rap-électro sud-africain accusés de maltraitance et manipulation par leur fils adoptif

Diskografie $0$ (Album, 2010) 5 (EP, 2010) Ekstra (EP, 2010) Ten$ion (Album, 2012) XPАN$IV $H1T (Single, 2012) Donker Mag (Album, 2014) Mount Ninji and da Nice Time Kid (Album, 2016) House of Zef (Album, 2020)

Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Verwysings

Verdere leesstof Onderhoud met News24.com (video) Onderhoud met Vice-tydskrif Boingboing.com-inskrywing "Die Antwoord is 'n klug", videogum.com Pitchfork.com-inskrywing NME.com-inskrywing

Eksterne skakels

Amptelike webwerf MySpace-profiel Watkykjy.co.za-profiel

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe Kategorie:Kletsrymers