Slough (Engels: [ˈslaʊ]) is 'n stad geleë naby die grens van Londen, in die Engelse graafskap Berkshire. Volgens die 2011-sensus het die stad 'n bevolking van 140 700 gehad. Die stad is een van die etnies mees diverse plekke in die Verenigde Koninkryk en sowat 9,1% van die inwoners is aanhangers van Sikhisme. Slough het in 1984 ook die eerste swart vroulike burgemeester, Lydia Simmons, gehad. Dit was een van die Engelse gasheerstede tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1993.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Berkshire