Habenhauser FV is 'n sportklub uit Bremen in die deelstaat Vrye Hansestad Bremen in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook 'n dames-gimnastiekafdeling. Habenhausen is 'n stadsdeel van Bremen wat tot in 1946 'n onafhanklike dorp was.
Die klub is op 2 Maart 1952 gestig as 'n suiwer sokkerklub en het een gebly totdat die gimnastiek-afdeling vir dames in 1983 gevestig is. Tot op daardie stadium was daar nog nooit 'n sokkerklub in Habenhausen nie en was die belangrikste sport in die area handbal.
Die klub het deur die jare 'n lae profiel in die Bremen-stadsligas gehandhaaf en het eers op die Duitse sokkerradar verskyn toe daar drie keer in drie seisoene gepromoveer is tussen 1996 en 1998. Die promosie in 1998 na die Verbandsliga op die 5de vlak van die sokkerstruktuur was ook die klub se grootste prestasie tot op hede.
Onlangse ligaposisionering
1995-96 (VIII)Kreisliga A 1ste 1996-97 (VII) Bezirksliga 1ste 1997-98 (VI) Landesliga Bremen 1ste 1998-99 (V) Verbandsliga Bremen 3de 1999-00 (V) Verbandsliga Bremen 15de 2000-01 (VI) Landesliga Bremen 1ste 2001-02 (V) Verbandsliga Bremen 12de 2002-03 (V) Verbandsliga Bremen 8ste 2003-04 (V) Verbandsliga Bremen 7de 2004-05 (V) Verbandsliga Bremen 8ste 2005-06 (V) Verbandsliga Bremen 4de 2006-07 (V) Verbandsliga Bremen 7de 2007-08 (V) Verbandsliga Bremen 10de 2008-09 (V) Oberliga Bremen 8ste 2009-10 (V) Oberliga Bremen
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Bremen 2009/10-seisoen Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – FC Bremerhaven – OSC Bremerhaven – Brinkumer SV – SV Grohn - Habenhauser FV – TSV Blouwit Melchiorshausen – FC Oberneuland II – TSV Osterholz-Tenever - TuS Schwachhausen – SG Aumund Vegesack – TSV Wulsdorf
Kategorie:Bremen Habenhauser