PSV Union Neumünster is 'n sportklub uit Neumünster in die deelstaat Sleeswyk-Holstein in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir tafeltennis, taekwondo, swem, karate, gimnastiek en vlugbal.
Die klub is op 28 Mei 1973 gestig toe die polisie-sportklub van die stad met die sportklub Union Neumünster saamgesmelt het. Alhoewel die klub oop is vir enige iemand, bepaal die konstitusie dat die streeksdirekteur van die polisie een van die kandidate moet wees wanneer 'n uitvoerende komitee verkies word.
Union Neumünster het in 1954/55 die Amateurliga Sleeswyk-Holstein gehaal, destyds op die tweede hoogste vlak, maar het 153 doel afgestaan, tot vandag toe die tweede meeste doele wat 'n klub in die Sleeswyk-Holstein-topliga in een seisoen afgestaan het.
Die klub se grootste prestasie was om in 1979 die hoofrondte van die DFB-Pokal te haal, waar die klub in die eerste rondte uitgeskakel is.
Onlangse ligaposisionering
1997-98 (VI) Landesliga Noord 8ste 1998-99 (VI) Landesliga Noord 7de 1999-00 (VI) Bezirksoberliga Oos 7de 2000-01 (VI) Bezirksoberliga Oos 2de 2001-02 (V) Verbandsliga S-H 12de 2002-03 (V) Verbandsliga S-H 7de 2003-04 (V) Verbandsliga S-H 9de 2004-05 (V) Verbandsliga S-H 16de 2005-06 (VI) Bezirksoberliga Oos 9de 2006-07 (VI) Bezirksoberliga Oos 3de 2007-08 (VI) Bezirksoberliga Oos 7de 2008-09 (VI) Verbandsliga S-H Suid-wes 1ste 2009-10 (V) Oberliga S-H
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Sleeswyk-Holstein 2009/10-seisoen TSV Altenholz – FT Eider Büdelsdorf – Eckernförder SV – SV Eichede - Flensburg 08 – ETSV Weiche Flensburg - Heider SV – Heikendorfer SV – SV Henstedt-Ulzburg – Itzehoer SV - SC Comet Kiel – Holstein Kiel II – TSV Klausdorf – TSV Kropp – VfB Lübeck II – PSV Union Neumünster - VfR Neumünster – 1. SV Sleeswyk 06
Neumünster