Kalulushi is 'n dorp in Zambië se Koperstreek-provinsie. Sy bevolking het sedert die 1990-sensus byna drievoudig toegeneem tot 'n geskatte 95 000 in 2009.

Die dorp het sy beslag in 1953 gekry as maatskappydorp vir werkers van die nabygeleë koper-en-kobalt-myn Chibuluma. In 1958 kry dit dorpstatus. Dit is 14 km wes van Kitwe geleë, wat ook die naaste spoorwegstasie is, en 1 260 m bo seespieël. Die meeste inwoners is werksaam by die ZCCM (Zambia Consolidated Copper Mines). Die Chati-woudreservaat wes van die dorp bestuur groot plantasies bloekombome, tropiese dennebome en ander uitheemse bome wat hout aan die mynbou lewer.

Kategorie:Nedersettings in Zambië