Jimmy Dludlu (gebore 17 November 1966) is 'n bekende Suid-Afrikaanse jazzmusikant. Dludlu se styl sluit wyd strekkende invloede in en kombineer beide tradisionele en moderne elemente van jazz wat deur Wes Montgomery, George Benson en Pat Metheny tot Suid-Afrikaanse helde soos Miriam Makeba, Letta Mbulu, Hugh Masekela, Themba Mokwena en Allen Kwela, onder andere, geïnspireer is. Dludlu is veral lief vir die klanke van wes- en sentraal-Afrika, asook van Latyns-Amerika, maar meld dat jazz steeds sy gunsteling is. Sy vele oorspronklike komposisies val in die tradisie wat losweg as afro-jazz geklassifiseer kan word.
Jimmy Dludlu se debuutalbum, Echoes from the Past (PolyGram, 1997) is in September 1997 uitgereik en is wyd positief ontvang. Die album het Jimmy twee FNB SAMA-toekennings vir "Best Newcomer" en "Best Contemporary Jazz Album" in 1998 besorg en verkoopsyfers in Januarie 1999 het verkope van meer as 250 000 plate aangedui. Die album is sedertdien deur die Verve-plateëtiket in nege lande uitgereik, insluitende die Verenigde State, Italië, Switserland, Swede en Hongarye.
Diskografie Albums Echoes from the Past (1997) Essence of Rhythm (2000) Afrocentric (11 Maart 2002) Corners of my Soul (2005) Portrait (17 September 2007) Sound And Vision (29 Augustus 2008) In The Groove (2 March 2016)
Enkelspelers Winds of Change
Verwysings
Eksterne skakels Music.org.za-profiel Last.fm-profiel MusicBrainz-profiel Foto's van Jazzfestival Lugano 2004
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1966 Kategorie:Lewende mense