Sanaaصنعاء 280px Kaart Wapen 180px|center 90px|center|border Vlag 75px|center Land  Provinsie San‘a’ Governorate Koördinate  Gestig op 6de Eeu v.C. Oppervlakte:    - Totaal vk km  Hoogte bo seevlak  Bevolking:    - Totaal (2004) 1 747 627  - Bevolkingsdigtheid /vk km  - Metropolitaanse gebied 2 167 961 Tydsone UTC +03:00 Burgemeester Ahmed Al-Douaid

Sanaa (Arabies: صنعاء - ook gespel Sanaʽa of Sana) is die amptelike hoofstad en grootste stad van Jemen. Die stad het in 2004 'n bevolking van 1 747 627 gehad. Die historiese stadskern van Sanaa is in 1986 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Onder die Jemenitiese grondwet is Sanaa die hoofstad van die land, hoewel die setel van die internasionaal erkende regering na Aden verhuis het na die 21 September-rewolusie. Aden is in Maart 2015 deur president Abdrabbuh Mansur Hadi tot die tydelike hoofstad verklaar.

Demografie

Jaar Bevolking 1911 18,000Wavell, bl.245. 1921 25,000Statesman's Year Book, 1922, bl.1367. 1931 25,000 1940 80,000 1963 100,000 1965 110,000 1975 134,600Hestler, bl.56. 1981 280,000 1986 427,505 1994 954,448 2001 1,590,624 2004 1,748,000 (Metro-SensusAldosari, bl.134.) 2005 1,937,451Bosworth, bl.463. Die bevolkingsgroei van die stad het vanaf die 1960's verder gestyg as gevolg van massale landelike migrasie na die stad op soek na werk en 'n verbeterde lewenstandaard.Ring and Salkin, bl.631. Sanaʽa was in 2010 die vinnigste groeiende hoofstad ter wêreld met 'n groeikoers van 7%, terwyl die groeikoers van die land as geheel 3,2% was. Ongeveer 10% van die bevolking woon in die Ou Stad, terwyl die res in die buite distrikte woon.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike Unesco-bladsy

Kategorie:Nedersettings in Jemen Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Asië