Katharine Houghton Hepburn (12 Mei 1907 - 29 Junie 2003) was 'n Amerikaanse aktrise van films, televisie en die verhoog. Tot dusver is sy die persoon met die meeste Oscar benoemings van enige akteur of aktrise, 'n rekord 4 toekennings uit 'n totaal van 12 nominasies. In 1999 is sy deur die American Film Institute as die grootste aktrise in die geskiedenis van die Amerikaanse filmbedryf bestempel. Sy is veral bekend vir haar verhouding met die akteur Spencer Tracy.

Jeugjare

Katharine Hepburn is in Hartford, Connecticut in die Verenigde State van Amerika gebore. Daar is soms verwarring oor haar geboortedatum; die aktrise het vir 'n lang tyd die waarheid oor haar ouderdom verduister deur voor te gee dat sy op 8 November 1909 gebore is, maar sy het uiteindelik in haar outobiografie erken dat sy twee jaar ouer is.K. Hepburn, Me: Stories of My Life, 1991, bl.31

Haar pa Thomas Norval Hepburn was 'n uroloog en haar ma Katharine Martha Houghton was 'n voorstaander van vroueregte.K. Hepburn, Me: Stories of My Life, 1991, bl.16 en 18 Altwee ouers is voorstaanders van Margaret Sanger se beweging vir geboortebeplanning, wat dit net ironies maak dat Hepburn die tweede kind van ses is. Sy neem wel die rol van 'n ouer aan teenoor haar jonger broers en susters in 1921 nadat haar oudste broer Tom sterf in 1921, heel waarskynlik weens selfmoord.K. Hepburn, Me: Stories of My Life, 1991, bl. 30 en 46 Daar is wye spekulasie dat Kate na Tom se dood begin het om sommige van sy karaktereienskappe as haar eie aan te neem.W.J. Mann, Kate: The Woman Who Was Katharine Hepburn, 2006, bl.67

In Hartford het sy skoolgegaan by die Oxford School en toe ingeskryf by Bryn Mawr, 'n bekende Ivy League-universiteit vir dames.K. Hepburn, Me: Stories of My Life, 1991, bl.69 Daar het sy gegradueer in 1928; in dieselfde jaar is sy ook getroud met 'n man wie sy in haar laaste studentejaar ontmoet het, Ludlow Ogden Smith. Hulle huwelik was nie van lange duur nie, maar hulle vriendskap was.

Loopbaan Jong aktrise Hepburn se loopbaan as aktrise het begin op die verhoë van New York in toneelstukke soos Night Hostess, Death Takes a Holiday, These Days en Art and Mrs. Bottle. Haar rol in The Warrior's Husband was 'n deurbraak vir die jong aktrise; in die toneelstuk speel sy Antiope, 'n prinses uit die Amasone. Die rol het vir 'n baie fisiese vertolking gevra, een wat Hepburn met atletiese presiesheid kon oordra.

RKO In Julie van 1932 is Hepburn na Hollywood toe waar sy onder kontrak met RKO begin werk het in Hollywood se filmbedryf.W.J. Mann, Kate: The Woman Who Was Katharine Hepburn, 2006, bl.160 Haar agent, Leland Hayward, kry dit reg om te onderhandel dat Hepburn alreeds $1500 per week betaal word deur die studio.W.J. Mann, Kate: The Woman Who Was Katharine Hepburn, 2006, bl.169 en 170 Haar eerste rolprent is teenoor John Barrymore in A Bill of Divorcement. Die regisseur van hierdie rolprent, George Cukor, het 'n lewenslange vriend van Hepburn geword en was ook later betrokke by die regie van menige van haar rolprente. In 1933 het sy reeds haar eerste Oscar gewen vir Morning Glory. Ander van haar rolprente uit hierdie vroeë dae is Little Women, Alice Adams, Spitfire, The Little Minister, Bringing Up Baby, Holiday, Mary of Scotland, en Sylvia Scarlett waarin haar eie androgene voorkoms ten volle ontbloot was vir die titelrol. Terwyl sy hierdie rolprent verfilm het, ontmoet sy vir Howard Hughes.K. Hepburn, Me: Stories of My Life, 1991, bl.193

Box Office Poison Teen die einde van die 1930's lyk die sukses van Hepburn se loopbaan nie meer belowend nie, dit nadat sy klaarblyklik as Box Office Poison verklaar is<ref>W.J. Mann, Kate: The Woman Who Was Katharine Hepburn", 2006, bl. 283</ref> Die jong Shirley Temple is skielik die mees gesogte aktrise van die dertigerjare, teenoor wie Hepburn, met haar rykmansagtergrond en haar gesofistikeerde androgene voorkoms, sukkel om te kompeteer in 'n vermaaklikheidsmark waarin 'n globale depressie die oorhand het.

Rolle vertolk

Gedurende haar loopbaan van 66 jaar het Hepburn in 44 rolprente, 8 televisiefilms en 33 toneelstukke verskyn. Haar rolprentloopbaan het 'n reeks genres gedek, insluitend "screwball"-komedies, periodedramas en verwerkings van werke deur top Amerikaanse dramaturge. Sy het in elke dekade vanaf die 1920's tot die 1980's op die verhoog verskyn en in toneelstukke deur Shakespeare en Shaw gespeel, sowel as 'n Broadway-musiekblyspel. Nota: Die nommer van 44 rolprente word hier verskaf omrede Stage Door Canteen bygevoeg is, terwyl die Internet Movie Database dié rolprent insluit onder die "Self"-afdeling.

Verwysings

Bronnelys Katharine Hepburn Me — Stories of My Life''. Viking 1991.

Kategorie:Geboortes in 1907 Kategorie:Sterftes in 2003 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu