FSV 63 Luckenwalde is 'n sportklub uit Luckenwalde in die deelstaat Brandenburg in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook 'n afdeling vir tafeltennis.
Geskiedenis Die klub is in 1963 gestig as 'n samesmelting van die sokkerafdelings van die klubs BSG Motor Luckenwalde en BSG Fortschritt Luckenwalde onder die naam TSV Luckenwalde. Die klub het in 1990 die huidige benaming aangeneem.
BSG Motor Luckenwalde Die klub is in 1906 gestig as BV 06 Luckenwalde. Die klub se grootste prestasie was om na 1933 in die Gauliga Berlyn-Brandenburg mee te ding op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur. Die klub het ook in 1924 en 1928 die eindstryd van die Berlynse uitklopbeker gehaal, maar elke slag teen Hertha BSC Berlyn vasgeval.
In 1945 is die klub deur die Geallieerdes ontbind en later herstig as SG Luckenwalde-Süd. Hierna is die klub by ZSG Luckenwalde ingelyf, maar het later weer onafhanklik geraak as TEWA Luckenwalde. Die naam het later verander na BSG Motor Luckenwalde.
BSG Fortschritt Luckenwalde Die klub is in 1906 as Luckenwalder TS gestig. As 'n arbeidersklub het die klub voor 1933 in die ATSB se ligas meegeding en groot sukses behaal. In 1933 is die klub, tesame met alle ander arbeidersorganisasies in die Derde Ryk, deur die Nazi‘s ontbind en in 1934 as 1. Luckenwalder SV herstig. In 1945 is die klub weer deur die Geallieerdes ontbind en later herstig as SG Luckenwalde-Nord. Hierna is die naam verskeie kere verander, eers na Konsum Luckenwalde, daarna na Industrie Luckenwalde en eindelik na BSG Fortschritt Luckenwalde.
Onlangse ligaposisionering 1992-93 (VII) Landesklasse Wes 3de 1993-94 (VII) Landesklasse Oos 1ste 1994-95 (VI) Landesliga Suid 3de 1995-96 (VI) Landesliga Suid 2de 1996-97 (VI) Landesliga Suid 4de 1997-98 (VI) Landesliga Suid 2de 1998-99 (VI) Landesliga Suid 2de 1999-00 (VI) Landesliga Suid 1ste 2000-01 (V) Verbandsliga Brandenburg 13de 2001-02 (V) Verbandsliga Brandenburg 12de 2002-03 (V) Verbandsliga Brandenburg 7de 2003-04 (V) Verbandsliga Brandenburg 8ste 2004-05 (V) Verbandsliga Brandenburg 14de 2005-06 (V) Verbandsliga Brandenburg 13de 2006-07 (V) Verbandsliga Brandenburg 5de 2007-08 (V) Verbandsliga Brandenburg 6de 2008-09 (VI) Verbandsliga Brandenburg 1ste 2009-10 (V) Oberliga NOFV-N 4de 2010-11 (V) Oberliga NOFV-N 6de 2011-12 (V) Oberliga NOFV-N 11de
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Noordoos-Noord 2009/10-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Brandenburger SC Suid 05 | Energie Cottbus II | SV Falkensee-Finkenkrug | Greifswalder SV 04 | Lichtenrader BC 25 | Lichterfelder FC | FSV 63 Luckenwalde | Ludwigsfelder FC | Malchower SV 90 | TSG Neustrelitz | FSV Optik Rathenow | Reinickendorfer Vosse | Germania Schöneiche | | Torgelower SV Greif |
Luckenwalde