Colomboකොළඹகொழும்பு 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Provinsie Westelike Provinsie Koördinate  Stigting 5de eeu n.C. Oppervlakte:    - Totaal 37,31 vk km  Hoogte bo seevlak Bevolking:    - Totaal (2011) 752 993  - Bevolkingsdigtheid 20 182/vk km  - Metropolitaanse gebied 5 648 000 Tydsone UTC +05:30 Burgemeester Uvais Mohamed Imitiyas Amptelike webwerf colombo.mc.gov.lk

Colombo, of somtyds in Afrikaans: Kolombo, (Singalees: කොළඹ, Kolamba, [ˈkəlɐmbɞ]; Tamil: கொழும்பு, Kozhumpu, [koɻumbu]) is die kommersiële hoofstad en grootste stad van Sri Lanka. Die stad het 'n bevolking van 752 993 in 2011 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 37,31 km². Dit is noordwes van die administratiewe hoofstad Sri Jayawardenepura Kotte langs die weskus aan die Indiese Oseaan geleë.

Sport Colombo beskik met Colombo Krieketklubveld, Paikiasothy Saravanamuttu-stadion, R. Premadasa-stadion en Sinhalese Sportklubveld oor vier belangrike toetskrieketstadions. In die stad speel beide die Sri Lankaanse nasionale krieketspan en die Sri Lankaanse nasionale vrouekrieketspan van hulle tuiswedstryde. Op die R. Premadasa-stadion is onder andere wedstryde tydens die Krieketwêreldbeker 1996, die Krieketwêreldbeker 2011, die Kampioenetrofee 2002, die T20I-wêreldbeker 2012 en die gelyktydige T20I-vrouewêreldbeker 2012, asook die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 aangebied, terwyl die Sinhalese Sportklubveld vir wedstryde tydens die Krieketwêreldbeker 1996 en die Kampioenetrofee 2002 gebruik is. Albei stadions is ook tydens die T20I-wêreldbeker 2026 gebruik.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Sri Lanka