Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1977 het op 30 November 1977 plaasgevind. Die regerende Nasionale Party onder die leierskap van Eerste Minister John Vorster het weer sy meerderheid verbeter. Die party het 134 setels behaal, 11 meer as 1974, en meer as enige party vantevore.

Die belangrikste opposisieparty was die Progressiewe Federale Party (PFP), opvolger van die Progressiewe Reformisteparty (en vroeër Progressiewe Party), wat 16,7% van die stemme, en 17 setels, behaal het. Die Nuwe Republiekparty (NRP), die opvolger van die Verenigde Party en voorheen die amptelike opposisie, het net 6,1% van die stemme behaal, 31 setels verloor en met net 10 setels beëindig.

De verregse Herstigte Nasionale Party van Jaap Marais het weer geen setels behaal.

Uitslag duimnael|links|Setels in die Volksraad van Suid-Afrika na die 1977-verkiesing Party Leier % Setels Verandering Nasionale Party John Vorster 64,8% 135 +15 Progressiewe Federale Party Colin Eglin 16,7% 17 +11 Nuwe RepubliekpartyVoorheen die Verenigde Party Vause Raw 12,1% 10 -31 Herstigte Nasionale Party Jaap Marais 3,2% 0 - Suid-Afrikaanse Party Myburgh Streicher 1,7% 3 +3 Ander 0,6% 1 +1 Totaal 100% 166 -1

Nasleep Minder as 'n jaar na die verkiesing het adv. Vorster op 20 September 1978 om gesondheidsredes bedank. Hy is deur sy partygenoot Pieter Willem Botha opgevolg. Vorster het staatspresident geword, maar in 1979 moes hy as gevolg van sy aandeel in die Inligtingsdebakel bedank.

Verwysings

Kategorie:1977 Kategorie:Verkiesings in Suid-Afrika