Die Radio Rats is 'n Suid-Afrikaanse post punk musiekgroep wat in 1978 deur Jonathan Handley gestig is toe Dave Davies by sy groep Slither aangesluit het. Die Radio Rats se eerste album is in Augustus en September 1978 by Satbel Studios in Johannesburg opgeneem en in Oktober 1978 as 'Into The Night We Slide' deur Jo'Burg Records uitgegee.
Die South African Rock Lists webtuiste gee 'Into The Night We Slide' aan as een van die top tien Rock Albums van die 1970's.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe