Ernesto "Che" Guevara (14 JunieDie geboortedatum aangeteken op sy geboortesertifikaat was 14 Junie 1928 alhoewel een tersiêre bron (Julia Constenla, aangehaal deur Jon Lee Anderson) meen dat hy eintlik op 14 Mei van daardie jaar gebore is. Constenla voer aan dat sy deur 'n onbekende astroloog meegedeel is dat Che se moeder, Celia de la Serna, reeds swanger was toe sy en Ernesto Guevara Lynch getroud is en dat die datum op die geboortesertifikaat aangepas is, om dit te laat voorkom of Che 'n maand later gebore is en dat hy hulle seun was, om 'n skandaal te vermy. (Anderson 1997, pp. 3, 769.) 1928 – 9 Oktober 1967) algemeen bekend as Che Guevara, El Che of net Che, was 'n Argentynse Marxistiese revolusionêr, dokter, skrywer, intellektueel, guerilla-leier, militêre teoretikus en 'n groot figuur in die Kubaanse Revolusie.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Sedert sy dood het sy gestileerde gelaat 'n alomteenwoordige kontrakultuursimbool geword asook globale ordeteken in volkskultuur.Casey 2009, p. 128.
As 'n mediese student het Guevara Latyns-Amerika deurkruis en is hy omvorm deur die grootskaalse armoede wat hy aanskou het.Oor Revolusionêre Medisyne Toespraak deur Che Guevara aan die Kubaanse Burgermag op 19 Augustus 1960 Sy ervarings en waarnemings op hierdie reise het hom maak besluit dat die gebied se ingewortelde ekonomiese ongelykhede die inherente gevolg van monopolistiese kapitalisme, neokolonialisme en imperialisme was, met 'n wêreldrevolusie as die enigste oplossing hiervoor.By die Afro-Asiatiese in Algerië Toespraak deur Guevara aan die Tweede Ekonomiese Seminaar van Afro-Asiatiese Solidariteit in Algiers, Algerië op 24 Februarie 1965 Hierdie oortuiging het tot sy betrokkenheid in die sosiale hervorming van Guatemala onder president Jacobo Arbenz Guzmán, wie se uiteindelike val (met behulp van die Amerikaanse CIA) Guevara se radikale ideologie verstewig het. Later, terwyl hy in Meksikostad gewoon het, het hy Raul en Fidel Castro ontmoet, aangesluit by hulle Beweging van die 26ste Julie en Kuba ingeneem aanboord van die Granma seiljag met die bedoeling om die Amerikaans-gesteunde Kubaanse diktator Fulgencio Batista omver te werp.Beaubien, NPR Audio Report, 2009, 00:09-00:13 Guevara het gou aansien verwerf onder insurgente, is bevorder tot tweede in bevel, en het 'n deurslaggewende rol gespeel in die suksesvolle guerrilla-veldtog wat uiteindelik ontslae geraak het van die Batista-bewind."Castro's Brain" 1960.
Na die Kubaanse revolusie het Guevara 'n aantal sleutelrolle in die nuwe regering gehad. Dit het o.m. die oorsig van appèlle en die teregstelling deur vuurpeloton van diegene wat skuldig bevind is aan oorlogsmisdade gedurende die revolusionêre tribunale,Taibo 1999, p. 267. ingesluit asook die instelling van landelike hervorming as minister van industrieë. Verder het hy ook gedien as president van die nasionale bank van Kuba asook die raadgewende direkteur vir Kubaanse weermag en het hy die wêreld platgereis as 'n diplomaat ten behoewe van Kubaanse sosialisme. Sulke ampte het hom in staat gestel om 'n sentrale rol te speel in die opleiding van die weermag wat die inval in die Varkensbaai (Bay of Pigs) afgeweer het,Kellner 1989, p. 69-70. asook om die kerngelaaide ballistiese vuurpyle van die Sowjetunie na Kuba te bring, wat aanleiding gegee het tot die Kubaanse missielkrisis.Anderson 1997, p. 526-530. Hiermee saam was hy ook 'n vrugbare skrywer en dagboekskrywer en het hy 'n gedagteryke gids oor guerrilla-oorlogvoering saamgestel, tesame met 'n topverkopende memoire oor sy jong dae waar hy op 'n motorfiets Suid-Amerika deurkruis het. Guevara het Kuba in 1965 verlaat om onsuksesvolle revolusies aan te wakker, eers in Kongo-Kinshasa en later in Bolivia, waar hy gevange geneem is deur CIA-gesteunde Boliviaanse magte en tereg gestel is.Ryan 1998, p. 4
Vroeë lewe duimnael|links|Ernesto (links) as tiener saam met sy ouers en broers en susters, ca. 1944. Langs hom, v.l.n.r.: Celia (moeder), Celia (suster), Roberto, Juan Martín, Ernesto (vader) en Ana María. Ernesto Guevara is gebore as die kind van Celia de la Serna y Llosa en ernesto Guevara Lynch op 14 Junie 1928 in Rosario, Argentinië en was die oudste van vyf kinders in 'n familie van Spaans-Argentynse, Baskiese en Iers-Argentynse afkoms.Che se van "Guevara" is afgelei van die Kastiliaanse vorm van die Baskiese Gebara in Spanje, 'n bewoningsnaam in die Álava-provinsie. Sy ouma, Ana Lynch, was 'n afstammeling van Patrick Lynch, 'n emigrant van Galway, Ierland in die 1740's. In plaas van sy ouers se vanne, sal sy wetlike naam (Ernesto Guevara) soms saam met de la Serna of Lynch verskyn. Met verwysing na Che se rustelose aard het sy vader verklaar dat "die eerste opmerklikheid is dat my seun se are vol is van die bloed van die Ierse rebelle."Lavretsky 1976 Baie vroeg in Ernestito (soos hy toe bekend gestaan het) se lewe het hy 'n "aantrekking tot die armes" ontwikkel.Kellner 1989, p. 23. Hy het grootgeword in 'n gesin met linkse politiese neigings wat tot gevolg gehad het dat Guevara as seun aan 'n wye spektrum van politiese perspektiewe blootgestel is.Argentina: Che's Red Mother Time Magazine, July 14, 1961 Sy vader, 'n stoere ondersteuner van die Republikeine van die Spaanse Burgeroorlog, het dikwels veterane van die konflik aan huis gehad.Anderson 1997, p. 22-23.
Che was 'n uitstaande atleet al het hy aan 'n ernstige geval van akute asma gelei, wat hom sy hele lewe sou pla. Hy het baie gehou van swem, voetbal (sokker), gholf en skiet en hy was ook 'n kranige fietsryer.Sandison 1996, p. 8.Kellner 1989, p. 24. Hy was 'n ywerige rugbyspeler en het as losskakel vir die eerste span van die Universiteit van Buenos Aires uitgedraf.Cain, Nick & Growden, Greg "Chapter 21: Ten Peculiar Facts about Rugby" in Rugby Union for Dummies (2nd Edition), John Wiley and Sons, , p. 293. By die rugby het hy die bynaam "Fuser" — 'n mengsel van El Furibundo (onkeerbaar) en sy moeder se van, de la Serna — gekry weens sy aggressiewe spelpatroon.Anderson 1997, p. 28. Sy skoolmaats het hom ook die bynaam "Chancho" (vark) gegee omdat hy nie baie gewas het nie en met trots 'n "weeklikse hemp" gedra het.
Guevara het by sy vader leer skaak speel en het op 12-jarige ouderdom aan plaaslike toernooie begin deelneem. Gedurende sy puberteitsjare maar ook regdeur sy lewe was hy passievol oor poësie, veral oor werke van Pablo Neruda, John Keats, Antonio Machaco, Federico García Lorca, Gabriella Mistral, César Vallejo en Walt Whitman.Hart 2004, pg 98. Hy kon ook Rudyard Kipling se "If" en José Hernández se "Martín Fierro" voordra. Daar was oor die 3 000 boeke in die Guevara-huis, wat Che in staat gestel het om 'n entoesiastiese en eklektiese leser te word, met belangstelling in Karl Marx, William Faulkner, André Gide, Emilio Salgari en Jules Verne.Haney 2005, p. 164. Hy het verder ook van die werke van Jawaharlal Nehru, Franz Kafka, Albert Camus, Vladimir Lenin, en Jean-Paul Sartre gehou; asook dié van Anatole France, Friedrich Engels, H.G. Wells en Robert Frost.(Anderson 1997, p. 37–38)
Soos hy ouer geword het, het hy 'n belangstelling in die Latyns-Amerikaanse skrywers Horacio Quiroga, Ciro Alegría, Jorge Icaza, Rubén Darío en Miguel Asturias begin ontwikkel. Hy het baie van hierdie skrywers se idees in sy eie handgeskrewe notaboekies gelys van konsepte, definisies en filosofieë van invloedryke intellektuele. Dit het analitiese sketse van Boeddha en Aristoteles ingesluit, saam met 'n ontleding van Bertrand Russell oor liefde en patriotisme, Jack London oor gemeenskap en Nietzsche oor die idee van dood. Sigmund Freud se idees het hom gefassineer en Che het hom oor 'n hele paar onderwerpe aangehaal, van die interpretasie van drome en libido tot narcisme en die oedipuskompleks. Sy gunsteling vakke op universiteit was filosofie, wiskunde, ingenieurswese, politieke wetenskap, sosiologie, geskiedenis en argeologie.Sandison 1996, p. 10.Kellner 1989, p. 26.
Jare later, op 13 Februarie 1958, het 'n geheime 'biografiese en persoonlikheidsverslag' van die CIA aangeteken van Guevara se breë akademiese belangstellinge en intellek, en hy is daarin beskryf as "goed belese" en daar is opgemerk dat "Che redelik intelligent is vir 'n Latyns-Amerikaner".Ratner 1997, p. 25.
Motorfietsreis duimnael|links|Guevara (regs) saam met Alberto Granado (links) in Junie 1952 op die Amasonerivier aan boord van hul "Mambo-Tango"-houtvlot, wat 'n geskenk was van die melaatses wat hulle behandel het duimnael|'n Kaart van Guevara se 1952-reis saam met Alberto Granado (die rooi pyle dui op lugreise) In 1948 het Guevara by die Universiteit van Buenos Aires in geskryf om 'n dokter te word. In 1951 het hy sy studie onderbreek om 'n reis te onderneem waar hy en 'n vriend, Alberto Granado Suid-Amerika sou deurkruis, met die finale doel om vir 'n paar weke as vrywilligers te werk by die melaatsekolonie by San Pablo in Peru, aan die oewers van die Amasonerivier. Op pad na Machu Picchu, hoog op in die Andesgebergte, is hy geskok deur die verdrukkende armoede van die afgeleë landelike gebiede, waar plattelandse boere klein lappies land bewerk het wat aan die ryk landhere behoort het.Kellner 1989, p. 27. Later in sy reis is Guevara veral beïndruk deur die kameraderie van die mense wat in die melaatsekolonie gewoon het waaroor hy gesê het: "Die hoogste vorm van menslike solidariteit en lojaliteit is te vind by so 'n eensame en desperate volk." Guevara het, van die notas wat hy tydens die reis gemaak het, 'n verslag geskryf met die titel The Motorcycle Diaries, wat later 'n topverkoper van die New York Times geword het,NYT Topverkoperlys: #38 Paperback Nonfiction on 2005-02-20, #9 Nonfiction on 2004-10-07 en by ander geleenthede. en is in 2004 aangepas om 'n bekroonde rolprent met dieselfde naam te word.
Aan die einde van die reis het Guevara na nie na Latyns-Amerika gekyk as 'n groepering van afsonderlike nasies nie, maar as 'n eenheid wat 'n kontinentwye bevrydingstrategie nodig gehad het. Sy idee van 'n grenslose, verenigde Spaans-Amerika met 'n gedeelde Latino erfenis was 'n tema wat sy verskyning telkemale prominent gemaak het gedurende sy latere revolusionêre aktiwiteite. Met sy terugkeer na Argentinië het hy sy studies voltooi en sy mediese graad in Junie 1953 gekry, wat hom amptelik "dr. Ernesto Guevara" gemaak het.Anderson 1997, pp. 98. 'n Afskrif van Guevara se universiteitstranskripsies wat die toekening van sy mediese graad aantoon kan gevind word op bl. 75 van Becoming Che: Guevara's Second and Final Trip through Latin America, deur Carlos 'Calica' Ferrer (uit die Spaans vertaal deur Sarah L. Smith), Marea Editorial, 2006, . Ferrer was 'n lewenslange vriend van Che se kinderdae af en toe Guevara die laaste van sy 12 eksamens geslaag het in 1953, het hy 'n afskrif aan Ferrer gegee wat gereeld vir Guevara gesê het hy sal nooit sy graad kry nie, om te wys dat hy uiteindelik sy studies klaargemaak het. Guevara het later opgemerk dat hy gedurende sy reis deur Latyns-Amerika, "in noue aanraking gekom het met armoede, hongersnood en siekte" saam met die "onbevoegdheid om 'n kind te behandel weens 'n tekort aan geld" en "verdowing wat aangehits is deur hongersnood en straf" wat 'n vader noop om die "verlies van 'n seun in 'n onbelangrike ongeluk te aanvaar". Guevara het aangevoer dat dit hierdie ervaringe was wat hom oortuig het om "hierdie mense te help", en dat hy die area van medisyne moes verlaat om die politiese arena van gewapende verset te betree.
Guatemala, Arbenz en United Fruit duimnael|Guevara se reise tussen 1953 en 1956. Dit sluit sy noordwaartse reis na Guatemala, sy verblyf in Meksiko en sy ooswaartse bootreis na Kuba met Fidel Castro en ander opstandelinge in