duimnael|regs|300px|'n Skool se gimnasium.
'n Gimnasium is 'n plek waar liggaamsoefeninge en -opvoeding plaasvind. Daarnaas word die woord in Europa ook gebruik om te verwys na instellings wat sekondêre opleiding bied ("hoërskole" in Afrikaans). 'n Aantal Suid-Afrikaanse hoërskole dra ook hierdie naam.
Toerusting
Standaardtoerusting wat in 'n gimnasium gevind kan word sluit in:
een of meer klimraamwerke teen die muur monteer hakies vir balansbalk en klimtoue 'n Sweedse bank, perd, bok trampolien en matte, hoepels, balle en springtoue Die meeste gimnasiums het ook 'n klankstelsel vir ritmiese gimnastiek
As die gimnasium groot genoeg is, is daar dikwels lyne op die vloer (in verskillende kleure) geplot vir sportsoorte soos vlugbal, handbal, ens.
Verwysings
Kategorie:Sportterminologie