Algiersمدينة الجزائردزايرAlger 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Voormalige wapen 75px|senter Land  Provinsie Algiers Koördinate  Stigting 944 Oppervlakte:    - Totaal 212,63 vk km  Hoogte bo seevlak 10 m Bevolking:    - Totaal (2011) 3 915 811  - Bevolkingsdigtheid 11 000/vk km  - Metropolitaanse gebied 7 896 923 Tydsone UTC+1 (MEST) Goewerneur Abdelkader Seyouda Burgemeester Mohamed Kebir Addou

Algiers (Arabies: مدينة الجزائر, Berbers: دزاير, Frans: Alger) is die hoofstad en grootste stad van Algerië, 'n land in Noord-Afrika. Die stad beslaan 'n oppervlakte van 212,63 km² en het 'n bevolking van 2 195 051 in 2008 gehad. Dit lê in die noorde van die land, langs die kus van die Middellandse See.

Die stad het 'n seehawe en 'n belangrike tekstiel- en leerindustrie. Daarnaas is dit veral 'n universiteitstad. Algiers bestaan uit twee dele: 'n moderne deel, wat aan die seekus gebou is, en die ou stad teen die steil heuwels.

Algiers is in 944 deur Buluggin ibn Ziri gestig. Hy was die seun van die stigter van die Ziriden-dinastie.

Etimologie duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Algiers Die stadnaam is afgelei van Frans en Katalaans Alger, Origins of Algiers by Louis Leschi, toespraak gelewer op 16 Junie 16 1941, uitgegee in El Djezair Sheets, Julie 1941 History of Algeria vanaf die Arabiese naam al-Jazāʾir (الجزائر), "die eilande". Dié naam verwys na die vier voormalige eilande wat voor die kus geleë was, voordat hulle in 1525 deel van die vasteland geword het. Al-Jazāʾir is op sy beurt afgelei van die stad se ouer naam Jazaʾir Banī Mazghanna (جزائر بني مزغانة), "die eilande van die seuns van Mazghana", gebruik deur vroeë Middeleeuse geograwe soos al-Idrisi en Yaqut al-Hamawi.

Die Antieke Grieke het na die stad verwys as Ikósion (Ἰκόσιον), wat onder Romeinse heerskappy as Icosium bekend was. Volgens die Grieke is dié naam afgelei van hul woord vir "twintig" (εἴκοσι, eíkosi), omdat die stad glo deur 20 metgeselle van Hercules gestig is, terwyl hy in die Atlasgebergte sy take verrig het. .

Algiers staan ook bekend as el-Behdja (البهجة, "Die vreugdevolle") of "Algiers die witte" (Alger la Blanche) weens sy witgekalkte geboue, wat vanaf die meer opstyg.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geografie van Algerië Kategorie:Nedersettings langs die Middellandse See Kategorie:Voormalige Spaanse kolonies