duimnael|regs|320px|Video 1): Uli Aschenborn met een van sy skilderye wat verander: Meisie-Olifant, Kinetiese Kuns duimnael|regs|320px|Video 2): 'Morfo-Skulptuur': Manlike Lewenssiklus, Kinetiese Kuns, 2003, 40 x 40 x 40 cm duimnael|regs|320px|Video 3): Lewendige Tekening, Kinetiese Kuns, die oë van die getekende Ovahimba vrou draai altyd na die kyker regs|duimnael|360px|Video 4): Kinetiese Kuns, Ets wat op die kop gedraai kan word. Dit wys talle persone en gesigte by noukeurige bekyking, 2005, 12 x 12 cm duimnael|regs|380px|Video 5) Kinetiese Kuns, Glassteen met vis, wat verander as 'n mens beweeg, Kinetiese Kuns, 2005, 21 x 21 x 21 cm regs|duimnael|360px|Video 6): Kinetiese Kuns, Krater of Berg, (tekening kan op die kop gedraai word) – vertoon in die Suermondt-Ludwig-Museum tydens die 'Winteruitstalling' in 1975 regs|duimnael|320px|7) Buffel wat leeu bestorm, 2006, 80 x 100 cm duimnael|regs|320px|8) Pontokberge – Namibië, 2007, 100 x 150 cm duimnael|regs|360px|Video 9): Renoster wat storm, Kinetiese Kuns die kleure verander as 'n mens verby loop – gedoen in die 'verkleurmannetjie-tegniek' van Uli Aschenborn), 2007, 100 x 100 x 4 cm duimnael|regs|360px|Video 10): Leeu wat storm, Kinetiese Kuns die kleure verander as 'n mens verby loop – gedoen in die eie 'verkleurmannetjie-tegniek' van Uli Aschenborn net met sand en verf), 2007, 100 x 80 cm duimnael|regs|320px|Video 11): Kinetiese Kuns, Magiese Dobbelsteen, wat 1, 2 of 3 kolle wys en sy kleur verander – afhanklik, van waar 'n mens hierdie skildery bekyk – gedoen in die eie 'verkleurmannetjie-tegniek' van Uli Aschenborn net met sand en verf, 2007, 40 x 30 cm Die kunstenaar Uli Aschenborn (volle naam: Hans Ulrich Aschenborn) is in 1947 in Johannesburg, Suid-Afrika gebore. Sy pa Dieter Aschenborn en sy oupa Hans Anton Aschenborn (of Hans Aschenborn) is bekende kunstenaars in Suider-Afrika.Namibiese Lewensbeskrywings Hans-Ulrich Aschenborn, Lewensbeskrywings – Namibiana Buchdepot Al drie Aschenborns behoort tot die grootste kunstenaars ter wêreld en hul kuns tot die wêrelderfenis volgens United Artists Rating.Uli Aschenborn is gekose as een van die "Top 15 South African artists" deur James Ceves, 12.03.2020 van briefly.co.za (onafhanklike toonaangewende Suid-Afrikaanse webwerf vir digitale nuus en media)

In 2018 het die kunstenaarsvereniging "L'Ensad Alumni Paris, l'Association des anciens élèves die l'Ecole nasionale supérieure des art decorates" in Parys Uli Aschenborn as erelid aanvaar.Duitse lewensbeskrywing, uitstallings (BBK - die grootste kunstenaarsvereniging in Duitsland)Engelse Lewensbeskrywing Uli is veral bekend vir sy dinamiese diereskilderye en landskappe van Afrika (vergelyk foto's en video's 7 tot 10 ). In Namibië vertoon die museums in Swakopmund en Windhoek en die Nasionale Kunsgalery van Namibië kunswerke van Uli.Uli, wat in Aken Duitsland lewe, begin ook al hoe bekender raak in Europa.Uli Aschenborn Stolberg, deur admin, Kunstportal Eifel, Julie 2008Schreiber, Irmgard, (2006-07-21) Wandelbar wie ein Chamäleon – Uli Aschenborn malt "bewegliche Bilder" (Veranderlik soos 'n verkleurmannetjie – Uli Aschenborn skilder kunswerke wat van self beweeg), Namibiese Duitse tydskrif Allgemeine Zeitung Daar is in Windhoek ook ’n Aschenbornstraat en 'n Hans Aschenborn Road in Mitchells Plein (Kaapstad).

Uli geniet aansien as 'n restoureerder van Afrikaanse en Europese skilderye, en het ook 'n paar merkwaardige muurskilderye in Namibië gedoen (soos by Düsternbrook, Okapuka, die Cañon Lodge, Kings Den en meer). Hy het ook al verskeie hekke ontwerp. Uli kyk terug op suksesvolle loopbaan, Oktober 2007, Namibiese tydskrif Republikein

Lewe Uli het as kind deur sy pa geleer skilder en deurdat hy die werk van sy oupa bekyk het. Hy het as kind al begin skilderye te verkoop. Feitlik het al drie Aschenborns self geleer om te skilder. In 1965 het Uli die eerste keer (nog as skolier) uitgestal saam met sy pa en oupa in 'n meerkwaardige uitstalling in Windhoek.

As gevolg van hierdie uitstalling het Uli 'n beurs gekry om kuns in die buiteland te studeer, maar in plaas daarvan het hy siviele ingenieurswese in Aken (Duitsland) gestudeer en sy doktorsgraad met lof ontvang en is ook 'n professor (eers in Kaiserslautern daarna in KeulenInternet webwerf van die TH Köln (University of Applied Sciences) in Keulen in Duitsland) in rekenaargesteunde ontwerp, elektroniese dataverwerking, wiskunde en meganika (sien ook die uitstalling van 1993). Mockler, Matthias, 2011-08-26, Maler Uli Aschenborn eröffnet Dauerausstellungen auf Gästefarmen in Namibia (Die Skildenaar Uli Aschenborn open permanente uitstallings op gasteplase in Namibië), argief van die Namibiana Boek Depot (oorspronklik verskyn in Allgemeine Zeitung Windhoek)

Uli se tegniese loopbaan het groot invloed op sy veranderlike kuns.

Uli Aschenborn se "Amazing Changing Art" Uli kyk terug op 'n suksesvolle loopbaan as kunstenaar en die feit dat hy talle nuwe, interessante tegnieke ontwikkel het om 'n verskeidenheid skilderye, beelde en voorwerpe te skep wat voor jou oë van voorkoms kan verander. Die media beskryf dié innovering as "Uli Aschenborn's Amazing Changing Art". Al die kunswerke wat hier gewys word is veranderlik behalwe die op foto's 7 en 8.Video van 2012 oor sommige van Uli Aschenborn se werke wat verander (Kinetiese Kuns)Video van 2015 oor sommige van Uli Aschenborn se werke wat verander (Kinetiese Kuns)

Uli se nuwe werk – wat 2006 in die Nasionale Kunsgalery van Namibië in Windhoek uitgestal is – bestaan onder meer uit sy innoverende beelde wat om 'n aslyn draai. Die silhoeët vertoon dus 'n verandering. 'n Sprekende voorbeeld hiervan is 'n roterende beeld in silhoeëtvorm wat die voortdurende verandering van 'n jong dame na 'n ou vrou uitbeeld, of 'n aap wat in 'n mens omskep word. Dit word selfs duideliker uitgebeeld wanneer hierdie sogenaamde 'Morfo-Skulpture' verlig word sodat die skaduwees op 'n muur val (video's Video oor Uli Aschenborn se Morfo-Skulpture en video 2).

In Uli se Lewendige Tekeninge draai die oë van portrette draai altyd na die kyker (video 3).

Tot Uli se nuwe werk behoort ook poli-aspek skilderye. Van hierdie werke roteer om 'n aslyn en kan van verskillende kante bekyk word. Elke kant beeld 'n verskillende tema uit (sien video's 4 en 6). Sommige vertoon kleiner voorwerpe in verskillende lae uit wat soos 'n legkaart saamgestel is. Dit kan baie ingewikkeld wees, soos die been van 'n vrou wat terselfdertyd die voorkop van 'n man kan wees, of dalk die neus van iets anders, en so voorts (vergelyk video 4).

Sommige veranderlike skilderye van Uli verander van kleur (video 9 en 10) en selfs ook nog van inhoud (video 1 en 11) as 'n mens homself voor die kunstwerk beweeg of as die skildery beweeg word. Soms is hierdie kunswerke op sand geskilder.

Nog 'n rits werke is helder tekeninge wat onder glasstene monteer is. Uit elke oogpunt verander die enkele beeld in iets heeltemal anders. Een daarvan is 'n vis wat lyk asof hy onder water swem. Afhangend van hoe dit gedraai word, lyk dié vis eers vriendelik, dan kwaad, dan skrik hy, op 'n stadium gaap hy selfs oopmond (vergelyk video 5).

Toekennings 1964 Wenner van die "Kunswedstryd Suidwes-Afrika" 1978 Borchers-toekenning

Uitstallings Uli Aschenborn het meer as 60 uitstallings gehou sedert 2009. Solo uitstallings (seleksie) 1993 "Afrika & 'Komper-Kuns'" Galery Artelier Windhoek (Namibië) 1999 "Afrika" Port Andrat’s (Mallorca) 2003 "Morfo-Skulpture", Hexagone Galery in Aken (Duitsland) 2005 "Morphs" gelyktydig in die twee galerye FAH en HAF in Maastricht (Nederland) 2006 "Morphs" Nasionale Kunsgalery van Namibië in Windhoek (Namibië) 2007 "Aschenborn – Retrospektive Kendzia Galery", Windhoek (Namibië) 2007 "Retrospektive" in die Hexagone Galery in Aken (Duitsland) 2008 "Afrika" Kendzia Galery, Windhoek (Namibië) 2009 "Out of Africa" - Uli Aschenborn – Malmedé Galery, Keulen (Duitsland) 2009 "Afrika – Uli Aschenborn" - Artedomus, Parys (Frankryk) 2010 "Diereskilderye" – Dieretuin Berlyn (Duitsland) 2010 "Afrika – Uli Aschenborn" - Artedomus, Parys (Frankryk) 2011 "Aschenborn's African Animals", BBK-Galery, Aken (Duitsland) 2011 "Uli Aschenborn", Düsternbrook, NamibiaMatthias Mockler: [http://www.namibiana.de/namibia-information/pressemeldungen/artikel/maler-uli-aschenborn-eroeffnet-dauerausstellungen-auf-gaestefarmen-in-namibia.html Uli Aschenborn hou permanente uitstallings op gasteplase in Namibia,] 26.08.2011, oorspronklik: Allgemeine Zeitung – argiewe van die Namibiana Buchdepot'' 2011 - 2012 "Uli Aschenborn", Schenckswerder, Namibia 2012 "Chameleon Art", Hexagone Galery in Aken (Duitsland) 2013 "Chameleon Art", Tierheim Aken (Duitsland) 2015 "Changing Art", Art Hotel Superior Aken (Duitsland)Uli Aschenborn: Kuns uit Namibia, Galery Hexagone - Art Hotel Superior Aachen, 2015 – argiewe van die Namibiana Buchdepot 2017 "Amazing Changing Art", Barmuseo Suermondt-Ludwig-Museum Aken (Duitsland)

Groepuitstallings (seleksie) 1965 "3 Generasies Aschenborn" Kendzia Galery Windhoek (Namibië) 1975 en 1976 gekies deur 'n jurie vir die "Winter Uitstalling" Suermondt-Ludwig-Museum Aken (Duitsland) 1975 Uitstalling van Dieter en Uli Aschenborn Windhoek (Namibië) 1979 "Fotos vanuit drie Perspektiewe”, Atrium Aken (Duitsland) (sien Boeke [a]) 2004 "Die drie Aschenborns" Kendzia Galery Windhoek (Namibië) (sien Boeke [a]) 2007 "Teëls" Ludwig Forum vir Internasionale Kuns in Aken (Duitsland) 2009 "20 Jare Galery Hexagone" Aken (Duitsland) 2010 "3 Generasies Aschenborn" Kendzia Galery Windhoek (Namibië) 2014 "Die Beste van Karel die Grote", Aula Carolina Aken (Duitsland) 2015 "25 Jare Galery Hexagone" Ludwig Forum vir Internasionale Kuns in Aken (Duitsland) 2015 "Afrika-diere en karikature" - Artedomus, Parys (Frankryk)

Verwysings

Boeke [a] Directory of Namibian Artists, Sas Kloppers, Dream Africa Productions and Publishing, Künstler: Helmut Lewin, Giselher W. Hoffmann, Uli Aschenborn, …, General Books LLC 2010, / Namibier, Kitabı Hakkında, Books LLC, / Wildlife artists, Books LLC 2011, , , order number: 30237263

Kategorie:Suid-Afrikaanse skilders Kategorie:Duitse skilders Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense