FC Hansa Lüneburg is 'n sokkerklub uit Lüneburg in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland.
Geskiedenis Die klub het op 1 Maart 2008 ontstaan met die samesmelting van die sokkerafdelings van Lüneburger SK en Lüneburger SV. Luneburger SK was die meer prominente van die twee klubs wat sokker aanbetref. Beide klubs bestaan steeds afsonderlik voort as algemene sportklubs. Na die samesmelting het die nuwe klub Lüneburger SK se posisie in die nuwe Oberliga Nedersakse-Oos oorgeneem. Die klub se naam is gekies nadat die lesers van 'n plaaslike koerant, die Landeszeitung für die Lüneburger Heide 'n naam kon kies deur te stem. Die "Hansa" verwys na Lüneburg as lid van die Hanse.
Lüneburger SK Die klub is in 1901 gestig as Lüneburger Fussball-Klub. In 1912 is die naam verander na Lüneburger Sport-Klub von 1901. Die klub se grootste sukses was om die Oberliga Noord te haal vir een seisoen (1950/51), destyds die hoogste vlak. Ten tyde van die samesmelting het die klub in die Verbandsliga op die vyfde vlak van die sokkerstruktuur meegeding.
Lüneburger SV Die klub se oudste voorganger was Freien Sportvereinigung Lüneburg, wat in 1913 gestig is. In 1971 het die klub met Hagener Sportvereins saamgesmelt, gestig in 1926, om Lüneburger Sportvereinigung von 1913 te vorm. Ten tyde van die samesmelting het die klub in die Bezirksliga op die sewende vlak van die sokkerstruktuur meegeding.
Onlangse ligaposisionering (Lüneburger SK) 1978-79 (IV) Landesliga Neder-Sakse 2de 1979-80 (IV) Landesliga Neder-Sakse 1ste 1980-81 (III) Am.Oberliga Noord 8ste 1981-82 (III) Am.Oberliga Noord 12de 1982-83 (III) Am.Oberliga Noord 14de 1983-84 (III) Am.Oberliga Noord 16de 1984-85 (III) Am.Oberliga Noord 13de 1985-86 (III) Am.Oberliga Noord 14de 1986-87 (III) Am.Oberliga Noord 13de 1987-88 (III) Am.Oberliga Noord 14de 1988-89 (III) Am.Oberliga Noord 18de 1989-90 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 7de 1990-91 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 4de 1991-92 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 3de 1992-93 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 4de 1993-94 (IV) Verbandsliga Neder-Sakse 3de 1994-95 (III) Regionalliga Noord 8ste1995-96 (III) Regionalliga Noord 8ste 1996-97 (III) Regionalliga Noord 17de 1997-98 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 1ste 1998-99 (III) Regionalliga Noord 8ste 1999-00 (III) Regionalliga Noord 6de 2000-01 (III) Regionalliga Noord 17de 2001-02 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 15de 2002-03 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 15de 2003-04 (IV) Oberliga Neder-Sakse/Bremen 17de 2004-05 (V) Neder-Sakseliga-Oos 10de 2005-06 (V) Neder-Sakseliga-Oos 2de 2006-07 (V) Neder-Sakseliga-Oos 2de 2007-08 (V) Neder-Sakseliga-Oos 4de 2008-09 (V) Neder-Sakseliga-Oos 4de 2009-10 (V) Neder-Sakseliga-Oos
Eksterne skakels Amptelike klubwerf Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Neder-Sakse Oos 2009/10-seisoen SV Ahlerstedt-Ottendorf - SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Brunswyk II – FT Brunswyk – Rooiwit Cuxhaven – SV Drochtersen-Assel – MTV Gifhorn – SVG Göttingen 07 – TuS Güldenstern-Stade – TuS Heeslingen – VfV Borussia 06 Hildesheim - FC Hansa Lüneburg – FC Eintracht Northeim – BSV Ölper 2000 – VSK Osterholz-Scharmbeck – TSV Ottersberg – USI Lupo-Martini Wolfsburg
Lüneburg