San Antonio 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Staat 22px Texas Koördinate Gestig op 1 Mei 1718 Oppervlakte: - Totaal 1 205,4 vk km Hoogte bo seevlak 198 m Bevolking: - Totaal (2012) 1 436 697 https://www.census.gov/content/dam/Census/newsroom/releases/2015/cb15-89_graphic.jpg - Bevolkingsdigtheid 3 000,35/vk km Tydsone UTC -6 - Somertyd UTC -5 Burgemeester Ron Nirenberg (I) Amptelike webwerf sanantonio.gov San Antonio (uitgespreek /ˌsænænˈtoʊnioʊ/) is die tweede grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Texas naas Houston en voor Dallas (en die sewende grootste in die VSA) met 'n bevolking van sowat 1,5 miljoen in 2017 en 'n oppervlakte van 1 205,4 km². Die stad het sy naam aan 'n Spaanse ekspedisie te danke wat dit in 1691 ter ere van Sint Antonius van Padua, wie se fees op 13 Junie gevier word, San Antonio genoem het. San Antonio se vyf 18de eeuse Spaanse sendingstasies, insluitende The Alamo and San Antonio Missions National Historical Park, is in 2015 deur Unesco as wêrelderfenis gelys – tot dusver die enigste in die deelstaat.
Die argitek Sir David Adjaye, OBE, se modernistiese kunssentrum Ruby City is deur die American Institute of Architects (AIA) aangewys as een van die opspraakwekkendste nuwe geboue van 2019. San Antonio is in 2019 ook ingesluit by die lys van bestemmings vir die AIA Architectural Adventures. Ruby City is ontwerp volgens 'n idee en visie van die kunsversamelaar Linda Pace (1945−2007).rubycity.org: Ruby City. Besoek op 11 Junie 2019
Geografie duimnael|links|Die Rooms-Katolieke San Fernando-katedraal is deur setlaars van die Kanariese Eilande opgerig duimnael|links|The Alamo duimnael|links|San Antonio River Walk met watertaxi San Antonio is geleë in die middel van Texas.
Demografie In 2007 was die rasse-samestelling van die stad: 64,3% wit (waarvan 29,3% nie-hispaans wit is), 6,6% swart of Afro-Amerikaans (waarvan 6,3% nie-hispaans is), 0,6% Amerikaanse inboorlinge (waarvan 0,3% nie-hispaans is), 2,0% Asiaties (waarvan 1,9% nie-hispaans is), 0,1% Pasifiese eilanders, 23,9% van ander rasse (waarvan 0,3% nie-hispaans is) en 2,9% van twee of meer rasse (waarvan 0,9% nie-hispaans is). Spaans-Amerikaners of Latyns-Amerikaners van enige ras het 61,0% van die bevolking uitgemaak.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike Unesco bladsy
Kategorie:Nedersettings in Texas Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in die Verenigde State van Amerika