duimnael|Semenya tydens die Olimpiese Spele van 2012 in Londen
Mokgadi Caster SemenyaGeboortecertificaat op BBC News OIB (* Ga-Masehlong, naby Polokwane, 7 Januarie 1991) is 'n Suid-Afrikaanse middelafstandatleet wat in die 800 m-item spesialiseer. Sy het in hierdie baanitem Suid-Afrikaanse en wêreldkampioen geword.
Op 6 Julie 2010 het die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) toestemming verleen dat sy weer teen vroueatlete mag deelneem, na uitgerekte spekulasie oor haar geslag.IAAF: Semenya mág as vrou deelneem , Nuus24, besoek op 13 Julie 2010. Sy wen haar eerste wedloop na haar hertoetrede toe sy op 15 Julie 2010 gemaklik met 'n tyd van 2:04.22 by die Lappeenranta-spele in Finland wen.Semenya wen eerste wedloop , Nuus24, besoek op 15 Julie 2010.
Tydens die Olimpiese Somerspele van 2012 wen sy 'n silwermedalje in die 800 m-wedloop, wat later deur die IOK opgegradeer is na goud. Semenya het by die openingseremonie die Suid-Afrikaanse vlag gedra.
Op 20 Augustus 2016 wen sy 'n goue medalje in die 800 m-wedloop by die Olimpiese Spele van 2016 in Rio de Janeiro, in 'n tyd van 1:55.28.
Titels Olimpiese kampioen 800 m – 2016 Afrikakampioen 800 m – 2015 Wêreldkampioen 800 m – 2009 Suid-Afrikaanse kampioen 800 m – 2009 Afrika Jeugkampioen 800 m – 2009 Afrika Jeugkampioen 1500 m – 2009
Medaljes +Internasionale medaljes Datum Kompetisie Plek Uitslag Item2009WêreldatletiekkampioenskapBerlyn 1ste800 m2011WêreldatletiekkampioenskapDaegu 2de800 m2012Olimpiese Somerspele 2012Londen Goud800 m2015Afrika-atletiekkampioenskapBrazzaville 1ste800 m2016Olimpiese Somerspele 2016Rio de Janeiro Goud800 m
Persoonlike rekords ItemPrestasieDatumPlek400 m52,54 s26 Maart 2011Germiston600 m1.25,5613 Junie 2012Turku800 m1.55,28 (nasionale rekord)20 Augustus 2016Rio de Janeiro1500 m4.08,012 Augustus 2009Bambous
Eerbetonings Semenya het tydens Vryheidsdag op 27 April 2014 die Orde van Ikhamanga in brons van die president ontvang.
Verwysings
Eksterne skakels
Caster Semenya se IAAF-profiel
Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Interseks Kategorie:Olimpiese deelnemers Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Suid-Afrikaanse sportvroue