Danwel Demas (gebore in Paarl, 15 Oktober 1981) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat sy land verteenwoordig het in die kleiner en korter weergawe van die spel (Sewesrugby). Hy het ook al uitgedraf vir die Pumas, Blou Bulle en Boland Kavaliers in die Vodacombeker en die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker. Verder het hy 25 wedstryde in die Super 14-reeks gespeel, meestal vir die Cheetahs in 2009-2010.

Eksterne skakels Spelersprofiel op ESPN Scrum SA Rugbyprofiel Spelersprofiel op itsrugby.co.uk

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense