Die 2009-Drienasiesreeks was die 14de keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 18 Julie tot 19 September oor nege wedstryde beslis met elke span wat ses wedstryde gespeel het. Suid-Afrika het die toernooi vir die derde keer gewen. Buitendien het hulle sowel die Mandela Uitdaagplaat as die Vryheidsbeker gewen, terwyl Nieu-Seeland met die Bledisloebeker weggestap het. Morné Steyn van Suid-Afrika het die meeste punte (met die stewel) aangeteken. Matt Giteau van Australië het die meeste drieë gedruk.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.
Formaat Die formaat vir die 2009-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en nege in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 6 5 0 1 158 130 28 1 212 6 3 0 3 141 131 +10 1 133 6 1 0 5 103 141 –38 3 7
Wedstryddatums DatumDatumDatumWeek 118 JulieWeek 48 AugustusWeek 75 SeptemberWeek 225 JulieWeek 522 AugustusWeek 812 SeptemberWeek 31 AugustusWeek 629 AugustusWeek 919 September
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Week 7
Week 8
Week 9
Drienasiesreekskampioen 2009
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Morné Steyn 95 2 Matt Giteau 72 3 Dan Carter 51 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Matt Giteau 3 2 Adam Ashley-Cooper 3 Bryan Habana Jaque Fourie Richie McCaw Ma’a Nonu Fourie du Preez
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
2009-Drienasiesreeks op ESPNscrum
Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 2009